Framesby wil op hul momentum voortbou teen Diamantveld in Kimberley

Framesby kom Saterdag al die pad van Gqeberha om vir Diamantveld in Kimberley aan te vat vir die eerste van wat ‘n jaarlikse interskole kan word.
Kyk die wedstryd regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Hierdie bepaling is onlangs eers vasgemaak, en gee vir Diamantveld nog ‘n laaste tuis-wedstryd vir die seisoen.
Diamantveld en Framesby het mekaar laas in 2011 ontmoet. Die Diamonds het daardie wedstryd gemaklik met 47-10 gewen.
Alhoewel die twee spanne nie gereeld teenstanders deel nie het albei al hierdie jaar teen Noord-Kaap gespeel.
Die Diamonds het in ‘n epiese stryd teen hul bure met 18-17 verloor, en Framesby kon die Northerns met 14-7 wen toe hulle by die Kearsney Paas-Rugbytoernooi ontmoet.
Die besoekers het verlede naweek ‘n stelling gemaak deur om vir Grey High met 17-15 te wen en die Diamonds kan ‘n span vol selfvertroue verwag.
Diamantveld het verlede naweek gesukkel om hul vorm van voor die vakansie te vind toe hulle met 46-17 teen ‘n sterk Voortrekker span in Bethlehem verloor het.
Hulle was egter sterk op hul tuisveld en kon in hul vorige wedstryd in Kimberley ‘n omvattende 30-15 sege teen Duineveld behaal.
Die tuisspan se senterpaar van Valentino Lenge en Simon Liversage is ‘n gevaarpunt vir Framesby.
Lenge het uitgestaan vir die Griekwas by die Cravenweek in George gedurende die vakansie, en Liversage was sentraal tot die Griekwa Akademiespan se sukses in Johannesburg.
Framesby het drie spelers in die onoorwonne EP span by die Cravenweek gehad.
Sean Vermaak (stut), Hein Terblanche (haker) en Jaco Pretorius (slot) was het hul skool by die jeugweek verteenwoordig.
Hulle skrum egter teen drie Griekwa spelers wat ook daar deelgeneem het. Achiles de Jager (flank), JJ Fourie (flank) en Flip du Randt (stut) was Diamantveld se voorspelers in die provinsiale span die jaar.
Die kragmeting tussen die twee pakke behoort ‘n bepalende faktor in die uitkoms van die wedstryd te wees.
In Kathu is daar ook ‘n groot derby waneer die nommer een en twee skole in die Griekwaland-Wes medium en kleinskole liga, Curro Kathu en Hoërskool Kathu mekaar aanvat vir spogregte in die dorp.
Verlede jaar was daar niks om die twee spanne te skei nie, na Curro Kathu van 24-0 agter teen halftyd kon terugkom om daardie wedstryd op 32-elk gelykop te trek met ‘n strafdoel in die laaste oomblikke.
Hierdie jaar lyk Curro Kathu soos een van die sterkste spanne in die liga, maar hul buurskool is op hul hakke op die ranglys en hierdie wedstryd kan bepalend wees.
Die spanne is:
Diamantveld t. Framesby om 12:30:
Diamantveld: 15 Liam Ferris. 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Michael Prinsloo, 10 Marno Greef, 9 Marco Matthewson, 8 Stiaan van Loggenberg, 7 Ernie Kruger, 6 Achiles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.
Framesby: 15 Tristan Afrika, 14 Con-Zay Hendriks, 13 Regardt Viljoen, 12 Tony Williams, 11 Hugo Nothnagel, 10 Logan Muller, 9 Jhonny Antoniou, 8 Zander Minnie, 7 Johan van Zyl, 6 Gideon Barnard, 5 Jaco Pretorius, 4 Rayn Rousseau, 3 Zanco Els, 2 Hein Terblanche, 1 Sean Vermaak.
Curro Kathu t. Hoërskool Kathu om 13:00:
Curro Kathu: 15 Luis Cassumba, 14 Timothy Isaacs, 13 Julius Muzaza, 12 Rehaden van Wyk, 11 Ashley Sickles, 10 Leighton Hopshire, 9 Marcwin Nero, 8 Ruben Wessels, 7 Zavier Magerman, 6 Lindzae Peacock, 5 De-Anzo Eilerd, 4 Biochoko Thlopele, 3 Damian Maclean, 2 Wiaan Hatting, 1 Michael Viljoen.
Hoërskool Kathu: 15 Louis Marx, 14 Eagon Barry, 13 Ashrand van Rooi, 12 Stefan Brits, 11 Elrando Rooiland, 10 Mitchell Havenga, 9 Caylib Jacobs, 8 DP Kotze, 7 Meiring Grove, 6 Ockie Maritz, 5 Denzil von Broen, 4 Tinus Barnard, 3 Duan Janse van Rensburg, 2 Riaan Esterhuizen, 1 Kutlo Moyo.
Ander bepalings:
13:25 – Kalahari t. Hoërskool Upington; 13:50 – Duineveld t. Hoërskool Bellville; 14:20 – Hopetown vs Prieska.




