Fochies mik vir sege in Vryburg
Hoërskool Fochville is van plan om Saterdag ‘n opskudding in Vryburg te veroorsaak, wanneer hulle teen Hoërskool Vryburg te staan kom.
Die Fochies se giftige losskakel, Petri Schutte, sal sy span vroeg op die voorvoet wil plaas. Schutte is bekend daarvoor dat hy spel goed kan dikteer en koelkop bly onder druk, iets wat handig te pas sal kom vir sy span.
Aan sy buitekant wag die binnesenter, Marchand de Villiers, op die Vryburgers se middeveld, terwyl die Fochies se agtsteman, Waynand Breytenbach, voorlangs behoort te baljaar in die los.
Breytenbach se stormlopies sal die Vryburg-verdedigers vir die volle 70 minute besig hou.
Keenan Joseph, Vryburg se kaptein en agtsteman, sal egter op Breytenbach en kie wag, en sal paraat genoeg op verdediging wees om enige bedreiging in sy kanaal die hoof te bied.
Die woelwater steelkantflank, Aidein Jonker, sak aan die kant van die skrum, met die loskopstut, Cobus van der Berg, wat in die voorry die vuur kan stook.
Agterlangs kan die Vryburgers se binnesenter, Jordan Rathebe, die lewe vir die Fochie-agterlyn moeilik maak, terwyl skrumskakel, Rikus Nieuwoudt, ook ‘n konstante gevaar inhou by die afbreekpunte . Nieuwoudt kan ook die bal effektief en vinnig versprei.
Hoërskool Schoonspruit durf die tog Wolmaransstad toe aan om met Hoërskool Wolmaransstad kragte te meet. Die tuisspan beskik oor ‘n giftige agterlyn, met Christopher Dennis wat spel vir die Wollies vanaf losskakel dikteer. Hy geniet heelwat vaart aan sy buitekant, met die buitesenter, Johan Erasmus, en regtervleuel, Gisto Mabitso, wat gretig sal wees om met die bal op loop te sit.
Voorlangs behoort die Wollies se bedrywige loskopstut, Jevano Hector, vuur te maak onder die pak en ook prominent te wees op die aanval.
Schoonspruit is egter nie te versmaai nie. Die besoekers beskik oor net so ‘n bedrewe agterlyn, met heelagter, Vuyo Khumalo, wat die Wollie-verdedigers behoorlik kan toets met sy teenaanvalle. Die buksie, Ruan Britz, hou ook groot gevaar vir die tuisspan se verdediging in op skrumskakel.
Onder die voorspelers sal dit die haker, Elmo Kruger, wees wat leiding neem. Kruger is altyd oral op die veld te sien en sal met sy verdediging en vermoë om omgekeerde balbesit te bewerkstellig ‘n sleutelrol vir die besoekers vervul.
Die spanne:
Vrydburg t. Fochville om 12:30 in Vryburg:
Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christopher Issacs, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Jospeh, 7 Aidein Jonker, 6 Dirk Visser, 5 Dehan du Toit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Jordan Haines, 1 Cobus van der Berg.
Hoërskool Fochville: 15 Athi Nggele, 14 Breiden Pretorius, 13 Tonny Sebola, 12 Junior Naude, 11 Christoff Nagel, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Xander Lottering, 5 AJ Scheepers, 4 Jenhardt Jansen van Vuuren, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Pieter Botha.
Wolmaransstad t. Schoonspruit om 12:20 in Wolmaransstad:
Hoërskool Wolmaransstad: 15 Handro Conradie, 14 Gisto Mabitso, 13 Johan Erasmus, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Abrie Oosthuizen, 7 Christiian Jonker, 6 Tumelo Senkwane, 5 Attie Becker, 4 Shuan Dobson, 3 Zak Knoetze, 2 Johan Steenkamp, 1 Jevano Hector.
Hoërskool Schoonspruit: 15 Vuyo Khumalo, 14 Thubuki Omolemo, 13 Henry Enslin, 12 Hano Stander, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Ruan Britz, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanrich van Antwerp, 6 Duan Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 CJ Evert, 2 Elmo Kruger, 1 George Badenhorst.