Fichies wil weer Rooiskool met die kous oor die kop huis toe stuur
Die Hoërskool Fichardtpark sal in die hoofwedstryd van sy jaarlikse McDonalds Sportdag in Bloemfontein poog om die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad vir die tweede agtereenvolgende jaar met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Fichies het verlede jaar naelskraaps met 25-23 met die Rooies afgereken. Die tuisspan se kaptein en haker, Nicolas du Buisson, sal sy span se aanslag lei. Du Buisson het verlede jaar in die hoofwedstryd op agtsteman uigedraf so weet wat van sy span verwag word indien hy Saterdag die pyp wil rook.
Al die rugbywedstryde op die A-veld sal regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend word. Van die netbal- en hokkiewedstryde sal ook regstreeks op FichieTV op dié platform gestream word.
Dit sal Saterdag die vierde keer wees dat die twee spanne mekaar in die hoofwedstryd van dié dag pak. Die span van Kroonstad het in 2013 vir Fichies sy grootste drag slae nog toegedien op sy sportdag toe die Rooiskool met 48-8 as oorwinnaars van die veld gestap het.
In 2009 was die Rooies met 26-8 baas. Die Sportdag het in 2002 ontstaan en is sonder twyfel die grootste in Suid-Afrika. Buiten op die rugbyveld sal skolespanne van regoor Suid-Afrika mekaar ook op die netbalbane, hokkievelde, gholfbaan, tennisbane en skaakborde die stryd aansê.
In die vernaamste voorwedstryd gaan die hare behoorlik waai. Goudveld-Hoërskool en Diamantveld pak mekaar in die eerste wedstryd in vanjaar se Wesgrow-reeks.
Die twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd van die reeks ook die stryd aangesê met Diamonds wat op die ou einde met 29-26 as kampioene van die veld gestap het. Diamantveld het Maandag in ‘n voorwedstryd van die FNB Varsitybeker-wedstryd tussen die Shimlas en Pukke litte teen Louis Botha losgemaak en naelskraaps met 23-22 gewen.
Die spanne is:
Fichardtpark vs AHS Kroonstad om 16:20
McDonalds Fichardtpark: 15 Vincent Thile, 14 Lowhann van Wyk, 13 Reagan Maartens, 12 Reno Kok, 11 Christiaan Jonker, 10 Davin Groenewald, 9 Morkel Terblanché, 8 Francois Bester, 7 JT van der Walt, 6 Jeff Parota, 5 JJ Coetzer, 4 Justin Coetzer, 3 Janco van Zyl, 2 Nicolas du Buisson (kaptein), 1 Clement Roodt.
AHS Kroonstad: 15 Diaan Jordaan, 14 Jaque Small, 13 Zane Booysen, 12 Joos Theron, 11 Thato Matsabu, 10 Zander Smith, 9 Zander Pelser, 8 Morné du Plessis, 7 Franna van Niekerk, 6 Hendro Hattingh, 5 Jan-Hendrik Eloff, 4 Jamie van Wyk, 3 Jaco Pieters, 2 Tian Brits, 1 Reon Vosloo.
Goudveld-Hoërskool vs Diamantveld om 15:00:
Goudveld-Hoërskool: 15 Jacquin Bailey, 14 Marius Hechter, 13 Jaco Weideman, 12 Dylan Smith, 11 Charl Pietersen, 10 JC Allen, 9 Marco Weideman, 8 Jubaren Adriaan, 7 Handri Eloff, 6 Neil Harmse, 5 Rian Olivier, 4 Heinricht Cloete, 3 Eckhard Malan, 2 Alistair O’Brien, 1 JP Knoesen.
Diamantveld: 15 Keanen Beckett, 14 D Valentine, 13 C Burger, 12 M Matthewson, 11 D Botha, 10 B Greyling, 9 S Rosen, 8 S Swart, 7 R van Rensburg, 6 S Maketlo, 5 D Schoeman, 4 L Stadler, 3 R Steinmann, 2 L Vermeulen, 1 Jacques Malan.
Die Bepalings:
A-veld
| 08:00 | Hendrik Potgieter | vs | Riebeeckstad |
|---|---|---|---|
| 09:10 | Sand du Plessis | vs | Wilgerivier |
| 10:20 | Landboudal | vs | St Andrews |
| 11:30 | Louis Botha | vs | Noord-Kaap |
| 12:40 | Jim Fouché | vs | Potchefstroom Volkskool |
| 13:50 | Sentraal | vs | Welkom Gimnasium |
| 15:00 | Goudveld-Hoërskool | vs | Diamantveld |
| 16:20 | McDonalds Fichardtpark | vs | AHS Kroonstad |

[powr-comments id=”72f252b3_1551502191195″]




