SuperSport Schools Plus

Fichies skop 40ste bestaansjaar met krieketfees af

By Hannes Nienaber , in Cricket | News , at 2024-01-03 Tags:

FOTO: Dirkie Groenewald

Die Hoërskool Fichardtpark vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar en dié feesvieringe skop volgende week in Bloemfontein af met die Kovsies Smash-krieketfees. Die toernooi beskik boonop oor die moontlikheid om ‘n jaarlikse instelling te word.

Dié toernooi kan ‘n belangrike rol vertolk om te verseker dat die spel groei in minder tradisionele krieketskole. In totaal sal 16 skole aan die T20-toernooi vanaf 7 tot 11 Januarie in die Rosestad sake uitspook.

Boonop is daar sprake dat die nasionale T20-reeks deur Krieket Suid-Afrika weer in die nabye toekoms geloots sal word. Vir die groei van die spel is toernooie soos hierdie uiters belangrik.

Sedert hertoelating in 1991 het daar minder as ‘n handvol kolwers die Proteas verteenwoordig wat nie hul skoolloopbane aan tradisionele krieketskole voltooi het nie.

Die uittredende Dean Elgar wat die Proteas in sy laaste toets van sy loopbaan teen Indië in Kaapstad aanvoer is een só kolwer. Elgar is ‘n produk van St Dominic’s College in Welkom.

Nog ‘n Protea-kolwer sedert 1991 wie se roete nie vanuit ‘n tradisionele krieketskool was nie, is Jimmy Cook (Hyde Park).

Die organiseerders het ook ‘n belangrike uitnodiging aan die Hoërskool Despatch gestuur. En nie omdat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, daar op skool was nie, maar die skool se skoolhoof, Colin Bartle, is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolekrieket-vereniging.

Die gasheer sal teen Overvaal van Vereeniging in sy eerste kragmeting van die toernooi te staan kom. HTS Middelburg en Goudveld-Hoërskool van Welkom is ook saam met Fichies in Groep A geloot.

Jim Fouché sal meeste van sy kragmetings op sy tuisveld, Joe Malherbe-veld, speel en is saam met Hoërskool Middelburg, Voortrekker van Bethlehem en Wesvalia van Klerksdorp geloot. Hierdie is waarskynlik die moeilikste groep van die toernooi.

Groepe: 

Groep A: Fichardtpark, HTS Middelburg, Goudveld-Hoërskool, Overvaal.
Groep B: Jim Fouché, Hoërskool Middelburg, Voortrekker (Bethlehem), Wesvalia.
Groep C: Sentraal, Oos-Moot, Hoërskool Sasolburg, Despatch.
Groep D: Hoërskool Pietersburg, Kalahari (Kuruman), Witteberg, Hoërskool Trio.

Bepalings: 

Dag 1 | 8 Januarie 2024 | 10:00 

Hoërskool Sasolburg vs Oos-Moot (Fichardtpark)
Sentraal vs Despatch (Bobbies)
Kalahari vs Trio (Kovsies I)
Witteberg vs Hoërskool Pietersburg (Kovsies II)
HTS Middelburg vs Goudveld-Hoërskool (Kovsies III)
Fichardtpark vs Overvaal (Kovsies IV)
Jim Fouché vs Wesvalia (Joe Malherbe)
Voortrekker vs Hoërskool Middelburg (Kovsies Oval)

Dag 1 | 8 Januarie 2024 | 15:00 

Hoërskool Sasolburg vs Despatch (Fichardtpark)
Sentraal vs Oos-Moot (Bobbies)
Witteberg vs Kalahari (Kovsies I)
Hoërskool Pietersburg vs Hoërskool Trio (Kovsies II)
Goudveld-Hoërskool vs Overvaal (Kovsies III)
Fichardtpark vs HTS Middelburg (Kovsies IV)
Jim Fouché vs Hoërskool Middelburg (Joe Malherbe)
Voortrekker vs Wesvalia (Kovsies Oval)

Dag 2 | 9 Januarie 2024 | 10:00 

Fichardtpark vs Goudveld-Hoërskool (Fichardtpark)
Overvaal vs HTS Middelburg (Bobbies)
Jim Fouché vs Voortrekker (Kovsies I)
Wesvalia vs Hoërskool Middelburg (Kovsies II)
Witteberg vs Hoërskool Trio (Kovsies III)
Hoërskool Pietersburg vs Kalahari (Kovsies IV)
Sentraal vs Hoërskool Sasolburg (Joe Malherbe)
Despatch vs Oos-Moot (Kovsies Oval)

 

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.