SuperSport Schools Plus

Fichies Leeus wil brul teen die Bere van Wesvalia

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-01 Tags: , , , , , ,

FOTO: Dirkie Groenewald

Fichardtpark se Leeus sal Saterdag tydens sy jaarlikse Standard Bank Fichardtpark Sportdag van die begin af op alle silinders moet vuur. Die Fichies kom in die hoofwedstryd van die dag om 16:10 teen Wesvalia van Klerksdorp te staan.

Al die aksie van die sportdag kan regstreek op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gebeeldsend word.

Dié sportdag is jaarliks een van die grootstes in Suid-Afrika en bied aan baie skole hulle eerste proesel rugby van die 2024-seisoen.

Fichies se Leeus het Wesvalia verlede jaar met 17-5 tydens die President Steyn Sportdag verslaan. Die besoekers het dus vanjaar ‘n appeltjie met Fichardtpark te skil.

Boonop het Wesvalia verlede week vir Potchefstroom Volkskool met 73-7 in hul eerste kragmeting van die seisoen afgeransel. Saterdag se hoofwedstryd sal die Leeus se eerste van die seisoen wees.

Fichies se Devanté Claasen het die Vrystaat verlede op die Cravenweek verteenwoordig en sal waarskynlik die vonk vir sy span moet verskaf.

Wesvalia se boetie-duo, Marno Dreyer (heelagter) en Eduard Dreyer (losskakel), het reeds vroeër vanjaar tydens die Kovsie Smash goeie herhinneringe op Fichies se sportgronde beleef. Die twee het Wesvalia tot die eerste titel van die kompetisie met blink vertonings gelei.

Hoërskool Sentraal se eerstespan sal nie heeltemal uit wees vir vergelding nie, hoewel dit soet sou smaak. ‘n Veel beter vertoning as verlede jaar met meer durf en konstruktiewe spel teen die Hoërskool Noord-Kaap sal vir die Tralies baie beteken.

Northerns het verlede jaar die Tralies met 43-0 ‘n rugbyles geleër. Die span van Kimberley het boonop weer die dienste van nege van sy beginspan-spelers van verlede jaar.

Die Tralies se Direkteur van Rugby, Braam van Straaten, het intussen die Rosestad vir Middelburg in Mpumalanga verruil. Hy sal voortaan by die Hoërskool Middelburg se rugbyprogram betrokke wees. Tralies se hoofafrigter, Hendré Fourie, sal sonder twyfel sy troepe voorberei het vir die aanslag wat vandag op hul wag.

Louis Botha sal vanjaar ook ‘n beter vertoning as verlede jaar wil opdis. Die span kom vanjaar teen Landboudal van Jacobsdal te staan.

Verlede jaar het Louis Botha met 5-12 teen Hentie Cilliers van Virginia die knie gebuig. Die span word deur die gewese SA Skole-flank, Moekoa Bolofo, gebrei. Bolofo was op sy dag een van Louis Botha se voorste skolespelers.

Die Lanties het verlede jaar vir Goudveld-Hoërskool met 25-22 geklop en is gewoonlik ‘n gedugte span.

Sand du Plessis kom om 09:10 teen die onbekende Cathcart High te staan. Dit sal Cathcart se eerstespan se eerste verskyning op Fichies se Sportdag wees.

Sannies se buitesenter, Oleboheng Salomane, kan die besoekers vanuit die Oos-Kaap probleme agterlangs besorg.

Die spanne is: 

Fichardtpark vs Wesvalia om 16:10:

Fichardtpark: 15 Bernard Kruger, 14 Devan Martens, 13 Martin Kalp, 12 Duan Viviers, 11 Ayanda Qinisa, 10 Junior Titoti, 9 Devanté Claasen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wouter Jonker, 6 Jannel du Plessis, 5 Adin Engelbrecht, 4 Marnus Henning, 3 Nathan Swanepoel, 2 Marno Smith, 1 Zaine van Zyl.

Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Ben Bierman, 13 Xander Smit, 12 Rickardt van Heerden, 11 Justin Adams, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanré Venter, 7 Francois Dumond, 6 Franco Dumond, 5 Wessel Sevenster, 4 Ulrigh du Preez, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Jonathan Botha.

Noord-Kaap vs Sentraal om 13:50: 

Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Aphiwe Siyona, 13 Jayden Potgieter, 12 Abdul Fischer, 11 Bjorn Olifinger, 10 Lwandle Maseko, 9 Dihan Janse van Rensburg, 8 Shaw Lourens (kaptein), 7 Ambijorn Vraagom, 6 Tyron China, 5 Prince Botha, 4 Bonsanio Fiks, 3 Alonzo Johnson, 2 JP Alexander, 1 Tebogo Motswenyane.

Sentraal: 15 Aiden Gottsch, 14 Ethan Hoffman, 13 Lee-Yagin Arendse, 12 SJ Coetzee, 11 CJ Hertzog, 10 Pat Cloete, 9 Hendrik Jonker, 8 Liam Pretorius, 7 Juandré Jardim, 6 AJ le Roux, 5 Hugo Coetzer, 4 Chris Kachelhoffer, 3 Daniël Kotze, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

Louis Botha vs Landboudal om 11:30: 

Louis Botha: 15 Kamohelo Mofokeng, 14 Refilwe Motelung, 13 Siya Nyosana, 12 Nkokheli November, 11 Lebohang Setai, 10 Phiwe Mkunjana, 9 Babongkile Mafantere, 8 Kwanda Tokwe, 7 Rapeo Mokoena, 6 Musa Motlolane, 5 Nomganga Themba, 4 Mogomutsi Mokunyane, 3 Daniel Tjimbundi, 2 Neo Mothibeli, 1 Tshireletso Shongwe.

Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Jannie de Waal, 13 Divan Vorster, 12 Simion de Klerk, 11 Jan-Louis Nel, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 Brink Bruwer, 6 Jaco Venter, 5 Renier Pieterse, 4 Franke Fourie (kaptein), 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.

Sand du Plessis vs Cathcart om 09:10: 

Sand du Plessis: 15 Shaun Maina, 14 Raseate Seleteng, 13 Oleboheng Salomane, 12 Keanu Rafferty, 11 Diesel Motsumi, 10 Zander du Toit, 9 Junior Morolons, 8 Siya Sebata, 7 Malebo Lebetsa, 6 McDonald Reid, 5 Shadreck Khoza, 4 Jermairon Pietersen, 3 Beast Lesenyeho, 2 Boitshepo Boom, 2 Ru-Ahl Meyer.

Catchcart: Nie beskikbaar.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.