SuperSport Schools Plus

Fichies Leeus voor groot toets teen Trio in Kroonstad

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-03-17 Tags: , ,

FOTO: Dirkie Groenewald

Na ‘n indrukwekkende begin van hul seisoen stel Fichardtpark hul visier volgende op Hoërskool Trio waneer die Bloemfonteiners in Kroonstad gaan besoek aflê.

Die Fichie Leeus lyk uiters kompeterend vanjaar en het reeds vir Wesvalia (17-5) afgestof voordat hulle in ‘n enorme stryd vir die eerste keer in hul geskiedenis daarin geslaag het om ‘n sege oor Hoërskool Diamantveld  (33-27) te behaal.

Die skakelpaar van Devanté Claassen (skrumskakel) en Dailen Geldenhuys (losskakel) beheer die Fichie aanval uitstekend en speel tot dusver ‘n belangrike rol in die Bloemfonteiners se sukses.

Alhoewel die seuns dit verdien om die wedstryd vol selfvertroue te benader, sal daar ook natuurlik ‘n vrees vir die onbekende wees.

Fichardtpark en Trio het nog nooit vantevore teen mekaar gespeel nie, hierdie wedstryd sal die eerste van vele kragmetings wees en die spelers sal Vrydag ‘n geleentheid sal kry om eerste hul skool se naam in die wenrekordboeke te skryf.

Trio se seisoen het nie so positief begin soos hul opponente s’n nie, maar dit sal hulle net aanvuur om ‘n groot vertoning teen die besoekers te lewer.

Trio het verlede jaar eers hul buiging in Suid-Afrikaanse skolerugby gemaak, maar hulle het van die begin af gewys dat hulle van plan is om op ‘n hoë-vlak te kometeer deur om in hul eerste jaar die Griffon-liga asook die Shimla-liga in die Kovsiestreekskompetisie te wen.

Die skool van Kroonstad het vir Hoërskool Noord-Kaap hierdie jaar in die Wesgrow reeks vervang.

Voortrekker van Bethlehem kom Saterdag teen Jim Fouché in hul kragmeting in die reeks te staan.

Hierdie twee spanne se geskiedenis teen mekaar strek baie langer terug as die Wesgrow-reeks.

JF se aanslag sal versterk word deur hul kaptein, Phillip Noëth, wat terugkeer na die agsteman posisie nadat hy weens besering nie vir hul vorige bepalings beskikbaar was nie. 

Stefan Venter (haker), wie die verantwoordelikhede oorgeneem het in Noëth se afwesigheid, is besig om ‘n uitstekende seisoen te beleef sover en is een om ‘n oog op te hou in hierdie wedstryd.

Diamantveld sal twee teleurstellende nederlae aan die begin van die seisoen moet afskud voordat hulle vir Witteberg in Kimberley verwelkom. 

Toe hierdie twee spanne verlede jaar in Bethlehem ontmoet het was dit Witteberg wat met ‘n naelskraap 22-19 sege weggekom het en die Diamante sal wil wraak neem op hul tuisgrond.

Diamantveld se losskakel, Simon Liversage, en vleuel Valentino Lenge kan vir die besoekers se verdediging probleme veroorsaak, maar hulle is sonder hul staatmaker slot, JJ Fourie wat verlede naweek teen Affies ‘n besering opgedoen het.

Witteberg het verlede naweek vir Sentraal met 25-12 gemaklik gewen, ondanks die feit dat die wedstryd binne die eerste 37 minute tot ‘n einde gebring is weens die gevaar van weerlig, en sal voel hulle het momentum aan hul kant oppad na die wedstryd toe.

Hul skrumskakel, Dries Stemmett, wat ook die verdoelingsverantwoordelikhede het, is nog ‘n opwindende speler om dop te hou hierdie naweek. 

Hy en sy spanmaats sal graag vir Diamantveld wil wys dat weerlig wel twee keer kan slaan deur om nog ‘n vertoning soos verlede naweek te lewer.

Die spanne is:

Hoërskool Trio vs Fichardtpark in Kroonstad om 13:30:

Trio: 15 Jaco Steyn, 14 Louis Boshoff, 13 Haaron Kabeya, 12 Charlton Basson, 11 Thuto Kekane, 10 Byron Biennas, 9 CJ Taljaart, 8 Mavheye Tapiwa, 7 Ewald Tolmay, 6 JD Kirstein, 5 Henco Kriek, 4 Maansie Crous, 3 Dandre Bloem, 2 Heinrich Loubscher, 1 Dandre Bloem.

Fichardtpark: 15 Pule Motsilili, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Jansen van Rensburg, 1 Luhan du Plessis.

Jim Fouché vs Voortrekker om 13:10: 

Jim Fouche: 15 IJ Jonker, 14 Dylan Calitz, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Ruben Jacobs, 10 Rechum de Bruyn, 9 Tristan van der Walt, 8 Phillip Noëth, 7 Stefan van Rooyen, 6 JW Stone, 5 SW van der Merwe, 4 Bernard Labuschagne, 3 Wianru van der Berg, 2 Stefan Venter, 1 Stean Marais.

Voortrekker: 15 Johan Whitehead, 14 Tinus Hefer, 13 Tumi Khoza, 12 Frederik Fourie, 11 Kaneng Komane, 10 Tiaan van Rooyen, 9 Alexander Maree, 8 Fano Linde, 7 Dawie Fourie, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Alberto Argentino, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Ruan Warden.

Diamantveld vs Witteberg in Kimberley om 13:30: 

Diamantveld: 15 Marno Greef, 14 Valentino Lenge, 13 Kaliq Jacobs, 12 Charl Swanepoel, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Simon Liversage, 9 Dirk van Heerden, 8 Juandre Stassen, 7 Stiaan van Loggenberg, 6 Achiles de Jager, 5 Daniël Kuhn, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Villiers Straus, 1 FJ de Fries.

Witteberg: 15 Ashton Diedericks, 14 Sethi Sydwell, 13 Janus Breytenbach, 12 Kenoyen Morat, 11 Xavier Lotter, 10 Curtley Smith, 9 Dries Stemmett, 8 Nico van Rensburg, 7 Daniel Meintjies, 6 Marco Grobler, 5 Gerard de Boer, 4 Pieter Nel, 3 Bongi Mbambo, 2 Jacques van der Merwe, 1 Gerhardt Stone.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.