SuperSport Schools Plus

Fichies gereed om 40ste in styl te vier

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-02-29 Tags:

FOTO: Dirkie Groenewald

Hoërskool Fichardtpark het in 2023 nie alleen aandag getrek met ‘n skitterseisoen nie, maar ook die geskiedenisboeke herskryf deur hul eerste SA Skole-speler op te lewer.

Met die nuwe seisoen om die draai, is die Bloemfonteiners oorgehaal om te wys dat dit ‘n aanduiding was van wat nog kom, eerder as ‘n uitsondering.

Die Fichies sal nietemin van die eerste afskop reeds getoets word, met ‘n strawwe lys van bepalings vroeg in die seisoen.

Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Die eerste skote sal klap tydens hul jaarlikse sportdag eerskomende Saterdag, 2 Maart, waar hulle vir Hoërskool Wesvalia die stryd aansê, voordat hulle op die 12 en 16 Maart die verdediging van hul Wesgrow-titel afskop met twee wegwedstryde teen Goudveld-Hoërskool en Voortrekker Hoërskool.

Vanjaar se Nashua Fichardtpark-sportdag is egter ‘n spesiale herdenking vir die skool, wat hul 40ste bestaansjaar vier. Daar sal ‘n magdom oudleerders en ondersteuners opdaag om hul span vir die eerste wedstryd van die jaar aan te moedig. Dit is ook die Leeus se enigste tuiswedstryd tot en met 20 April, wanneer hulle tuis teen Hoërskool Sentraal te staan kom.

‘n Paar van verlede jaar se uitblinkers kan in 2024 weer die Fichie-trui oor hul kop trek. Devanté Claassen, hul spelbreker op skrumskakel wat verlede jaar die Vrystaatse Cravenweek-span gehaal het, sal weer ‘n sentrale rol hê om te vervul.

Jaco Grobbelaar het by daardie Cravenweek-toernooi geskiedenis gemaak as die eerste Fichardtpark-speler om vir die SA Skole-span gekies te word, en sy makkers wat vanjaar weer ‘n kans staan, sal hul beste wil lewer om in die groot slot se voetspore te volg.

Jannel du Plessis (flank), Zaine van Zyl (stut), Nathan Swanepoel (stut), Tumelo Leputla (agsteman), MJ Hattingh (haker), Duan Viviers (senter), Martin Kalp (senter) en Pule Motsilili (veelsydige agterspeler) se ondervinding van verlede seisoen sal ook die span van Bloemfontein ‘n hupstoot bied wanneer hulle poog om die sukses van 2023 te herhaal.

Swanepoel en Leputla was by die vorige Akademieweek vir die Vrystaat in aksie, en sal van die Fichie-spelers wees wat mik daarna om hierdie seisoen ‘n plek by die Cravenweek los te speel.

Dan is daar ook van die jonger spelers, soos Buko Mlali en Junior Titoti, wat albei uitgeblink het by die Grant Khomo-week as o. 16-spelers en hierdie jaar hul plek in die eerstespan sal wil verdien.

Die afrigtingspan bestaan uit Jaco Kotze (direkteur van rugby en agterlyn-afrigter), Zandré Pienaar (hoofafrigter), André Burger (voorspeler-afrigter) en Frans Sisita (verdedigings-afrigter), wie se taak dit is om die Leeus deur nog ‘n opwindende seisoen te begelei, met die oog op deurlopende ontwikkeling.

“Ons wil aanhou die sport bou, deur die bank met al ons spanne, sodat ons ook teen die groter skole in die land geleenthede kan kry,” vertel Burger oor hul doelwitte vir die jaar.

Verlede jaar het die Fichies ‘n skitterende Wesgrow-reeks beleef, waarin hulle onoorwonne geëindig het om die titel te verower. Kort daarna het hulle egter vir die eerste keer in die seisoen vasgeval in die Vrystaatse A Liga-eindstryd teen aardsvyande, Hoërskool Jim Fouché.

Daar sal dus selfs meer trots op die spel wees wanneer die buurskole mekaar weer vroeg in April in die Rosestad pak.

Die bepalings: 

#nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4nt_header_5nt_header_6
12024-02-03Fichardtpark13Wesvalia27Fichardtpark Sports Day
216/03/2024Fichardtpark19Goudveld-Hoërskool22
316/03/2024Fichardtpark10Voortrekker33
421/03/2024FichardtparkDanie Rossouw Rugby Week
523/03/2024FichardtparkDanie Rossouw Rugby Week
625/03/2024FichardtparkDanie Rossouw Rugby Week
72024-06-04Fichardtpark24Jim Fouché15
813/04/2024Fichardtpark19Grey College III21
920/04/2024Fichardtpark27Sentraal7
1024/04/2024Fichardtpark12Diamantveld41
112024-04-05Fichardtpark62Kalahari17Sentraal Festival
122024-11-05Fichardtpark13Landboudal12
1314/05/2024Fichardtpark36Louis Botha14
1418/05/2024Fichardtpark43Burgersdorp22
1513/07/2024FichardtparkWitteberg
1620/07/2024FichardtparkHoërskool Trio
Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.