Fichie Leeus wil op onoorwonne status vanjaar teen Tralies voortbou

Daar is weer harde rugby voorspel vir die naweek in die Vrystaat.
Die Bloemfonteinse buurskole, Sentraal en Fichardtpark, pak mekaar amper presies ‘n jaar na hul vorige Wesgrow ontmoeting aan, toe Sentraal op 7 Mei 2022 met 36-32 baas was.
Die wedstryd, asook die ander Wesgrow en Griffons bepalings word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou
Die Fichie Leeus sal hul trots wil herstel die jaar, en sal die Tralies graag ‘n pakslae voor hul eie tuisskare wil gee om op te maak vir verlede jaar.
Die twee spanne loop boonop ook nog heeltyd in mekaar vas in die Rosestad, nadat Sentraal deelgeneem het aan die Fichardtpark sportdag vroeër in die seisoen en Fichardtpark ook verlede naweek twee wedstryde by die Sentraal Sporttoernooi gespeel het en die spelers sal mekaar teen die tyd al goed uitgekyk het.
Die Fichies het hul spiere gebult by Sentraal se byeenkoms deur om hul onoorwonne status te behou met twee goeie seges oor Pearson (38-10) en Duineveld (41-31).
Sentraal het baie meer aanvallend gelyk in hul wedstryd teen Hoërskool Alberton die naweek, maar hulle was ongelukig vir die gasheerskool met 10-7 agter toe die wedstryd weens die gevaar van weerlig kortgesny is.
Fichardtpark speel Saterdag sonder hul elektriese vleuel, Edward Mpinga, wie al talle van sy span se drieë gedruk het, sy afwesigheid sal definitief van die sny uit die Fichie aanval haal.
Martin Kalp skuif na regtervleuel en Pule Motsilili, wie ook al baie indrukwekkend van die bank af was, begin op heelagter.
Die ander gevaarmanne, Dailen Geldenhuys (losskakel), Devante Claassen (skrumskakel), Jaco Janse van Rensburg (haker) en kaptein, Jaco Grobbelaar (slot) is egter almal op hul pos en kan vir Sentraal groot moeilikheid veroorsaak.
Sentraal het ook ‘n besering, hul groot baldraer stut, AJ Senekal, is nie beskikbaar vir hulle nie. EJ van der Berg neem sy plek op die dag in.
Die ander Wesgrow bepaling vind in Kroonstad plaas waneer Hoërskool Trio teen Goudveld te staan kom.
Goudveld word aangevul deur die terugkoms van hul losskakel, Ruben Crous, wie in Indië op ‘n kriekettoer was.
Quinton Davids, wie baie goed ingestaan het op losskakel vir sy span, skuif na heelagter vir die naweek.
Trio was verlede naweek by die Menlo-rugbytoernooi. Hulle kon vastrap en met twee goeie seges terugkeer na hulle vir Heidelberg (10-6) en Transvalia (29-21) kon oorkom.
Elders is daar ook ‘n Griffonsliga bepaling om af te handel tussen ‘n witwarm Welkom Gim span en Bethlehem Voortrekker wat ook nou momentum begin bou.
Welkom Gim speel uiters opwindende rugby hierdie seisoen en hul agterlyn het skynbaar ‘n kompetisie vir wie die mooiste drie kan druk, spelers soos Naylen Goeda (heelagter), Naven Goeda (vleuel), Kamohelo Mokoena (vleuel) en Renaldo Kiewiet (losskakel) het al uitmuntende drieë gedruk om die Welkom span te help om seges oor ‘n paar van die groot name te kry.
Helpmekaar (25-16), Monument (31-26) en Framesby (54-19) is net van die skole wat al die knie moes buig teen Welkom, en die tuisspan het in hul vorige wedstryd met slegs een punt na ‘n strafdoel in die laaste oomblikke van die wedstryd 17-16 teen Glenwood verloor by die Absa Wildeklawer toernooi in Kimberley.
Voortrekker het ‘n moeilike seisoen tot dusver, maar hul vorige wedstryd teen Goudveld, wat hulle met 29-19 gewen het, het belowend gelyk.
Die span van Welkom is egter giftig op hul tuisveld en die besoekers sal moet bontstaan om die Gimmies se aanval in toom te hou.
Die spanne is:
Sentraal t. Fichardtpark om 13:00
Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Hanco Smith, 12 Ruan van Niekerk, 11 JP Pretorius, 10 Hendrik Jonker, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Stephan de Lange, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Steven Smit, 4 Damian van Zyl, 3 EJ van der Berg, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.
Fichardtpark: 15 Pule Motsilili, 14 Martin Kalp, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devante Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg, 1 Zaine van Zyl.
Goudveld t. Hoërskool Trio om 16:20
Goudveld: 15 Quinton Davids, 14 Wilbrie van Zyl, 13 Urban Pienaar, 12 Henro Boardman, 11 Junior Motsamai, 10 Ruben Crous, 9 Ryan de Jager, 8 Schalk du Plessis, 7 Juanricht Cloete, 6 Kabous du Plooy, 5 Lodie van Dyk, 4 Heinru Carstens, 3 Marco-Jan Pretorius, 2 Jan Coetzee, 1 Pieter Reyneke.
Hoërskool Trio: 15 Jaco Steyn, 14 Haaron Kabeya, 13 Charlten Basson, 12 BJ Pelser, 11 Thuto Kekane, 10 Byron Bienas, 9 CJ Taljaard, 8 Tapiwa Mundeta, 7 JD Kirstein, 6 JP Botha, 5 Hencoe Kriek, 4 Pieter van Schalkwyk, 3 Anrhu Mulder, 2 Justino Matteus, 1 Dandre Bloem.
Welkom Gim t. Bethlehem Voortrekker om 13:00
Welkom Gim: 15 Naylen Goeda, 14 Naven Goeda, 13 Taschen Meas, 12 Mojalefa Mathoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Rovaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buchle Ngxabayi.
Bethlehem Voortrekker: 15 Tumi Khoza, 14 Kamohelo Moses, 13 Hein Smith, 12 Frederik Fourie, 11 Kaneng Komane, 10 Tiaan van Rooyen, 9 Alexander Maree, 8 Archie Gertenbach, 7 Juan Duiminy, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.




