Fichie Leeus verower die titel as kampioen van die Wesgrow-reeks

Fichardtpark het hul onoorwonne status behou en daarmee verseker dat die Wesgrow-titel staanplek in die Rosestad sal kry.
Kyk die wedstryde weer op SuperSport Schools – Registreer nou
Fichardtpark moes hard werk om hul onoorwonne status te behou met ‘n 29-27 sege in hul laaste wedstryd van die reeks teen Witteberg in Bethlehem.
Nadat die Bloemfonteiners teen halftyd met 20-19 agter was, het Witteberg hul voordeel nog versterk.
Met slegs vier minute se speeltyd oor was dit weereens die Fichie-leeus se spoedvraat vleuel, Edward Mpinga, wat die dag kon red deur om in die hoekkie oor te duik om vir sy span die voorsprong te gee.
Fichardtpark se eerste SA Skole oplewering ooit, hul slot, Jaco Grobbelaar, het weer vir sy span ‘n drie aageteken toe dit die nodigste is, en hul Cravenweek losskakel, Dailen Geldenhuis, het ook uitgeblink en kon self agter die doellyn kuier en twee drieë verdoel.
Die tuisspan se skrumskakel, Dries Stemmet, het vir hulle uitgestaan en het gehelp om die Bloemfonteiners tot in die laaste oomblik van die wedstryd te laat sweet.
Hoërskool Trio kon hul veldtog met ‘n omvattende vertoning teen Jim Fouché in Kroonstad afsluit. Die tuisspan wen hul laaste bepaling van die reeks met 65-21.
Ondanks ‘n driekuns aan drieë vir die Bloemfonteiners se kaptein en uitblinker haker, Stefan Venter, en ‘n foutlose vertoning deur sy skrumskakel, Tristan van der Walt, met sy doelskoppe, kon Jim Fouché nie die tuisspan inperk nie.
Hoërskool Trio het een van hul sterkste vertonings van die seisoen gelewer, met die hele span wat hierdie naweek saamgetrek het om die indrukwekkende sege te verwerf.
Jaco Steyn (heelagter), CJ Taljaard (skrumskakel) en Charlton Basson (senter) kon twee drieë elk druk vir die span van Kroonstad en hul Griffon-Akademieweek losskakel, Byron Biennas, kon 20 punte byvoeg met sewe doelskoppe en twee strafdoelle.
Dit sluit die Wesgrow reeks vir Hoërskool Trio op ‘n positiewe noot af, na ‘n harde seisoen waarin hulle gemengde resultate behaal het.
Jim Fouché het voor hierdie naweek nog net teen die onoorwonne Fichardtpark verloor, terwyl Hoërskool Trio in hul ontmoeting met die Fichie-leeus sussies gesoen het op 17-elk.
Voortrekker kon hul veldtog in Bethlehem afsluit deur om vir Sentraal met 57-14 kaf te draf.
Sy twee vleuels, Kaneng Komane en Kamohelo Moses, was op die voorpunt van die aanval en kon vyf drieë tussen die twee van hulle aanteken.
In moeilike, winderige omstandighede het die Trekkers se heelagter, Tiaan van Rooyen, goed gedoen om die spel te beheer en hy kon vier van die drieë verdoel.
Die enigste Wesgrow bepaling wat dan nog afgehandel moet word is tussen Goudveld en Diamantveld.
Die twee skole pak mekaar volgende naweek aan. Diamantveld het hierdie naweek ‘n 40-7 nederlaag by die huis in hul eerste inter-skole teen Framesby ervaar, en die span van Kimberley sal hoop om volgende naweek beter te vaar in Welkom.
Die puntemakers:
Fichardtpark 29 (19) – Drieë: Jaco Janse van Rensburg, Dailen Geldenhuis, Zaine van Zyl, Jaco Grobbelaar, Edward Mpinga. Doelskoppe: Geldenhuys (2). Witteberg 27 (20) – Drieë: Nico van Rensburg, Rashies Niane, Ashton Diedericks. Doelskoppe: Dries Stemmet (3). Strafdoelle: Stemmet (2).
Hoërskool Trio 65 – Drieë: Jaco Steyn (2), CJ Taljaard (2), Charlton Basson (2), JD Kirstein, Anrhu Mulder, Ignus de Wet. Doelskoppe: Byron Biennas (7). Strafdoelle: Biennas (2). Jim Fouché 21 – Drieë: Stefan Venter (3). Doelskoppe: Tristan van der Walt (3).
Voortrekker 57 – Drieë: Kaneng Komane (3), Kamohelo Moses (2), Johan Whitehead, Alexander Maree, Cecile Parsons, Craig Mann. Doelskoppe: Tiaan van Rooyen (4). Sentraal 14 – Drieë: Sarel Taljaard, AJ Senekal. Doelskoppe: Zander Britz (2).
Ander tellings:
o.19 B – Jim Fouché II 21, Hoërskool Trio 19; Wittebergg II 26, Fichardtpark II 17; Voortrekker II 60, Sentraal 0.
o.16 – Hoërkool Trio 12, Jim Fouché 0; Fichardtpark 21, Witteberg 19
o.15 – Hoërskool Trio 41, Jim Fouché 7; Witteberg 40, Fichardtpark 24; Voortrekker 33, Sentraal 19.
o.14 – Hoërskool Trio 22, Jim Fouché 19; Witteberg 26 Fichardtpark 7; Voortrekker 22, Sentraal 10.




