SuperSport Schools Plus

Fichardtpark struikel teen Jim Fouché in Vrystaat-eindstryd

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-14 Tags: , , ,

FOTO: Marius Nortjé

Jim Fouché het hul sterkste vertoning van die seisoen dusver gehou vir die Vrystaatse A-liga eindstryd.

JF het vir die Hoërskool Fichardtpark met 31-25 in die eindstryd geskok om sy titel as kampioen te behou. Die Fichie Leeus was tot Saterdag nog onstuitbaar en het nie een van hul 18 wedstryde gedurende die jaar voor die eindstryd verloor nie.

Kyk die wedstryde weer op SuperSport SchoolsRegistreer nou

Toe hulle vroeër in die jaar teen JF gespeel het kon hulle hul buurskool met 39-33 regsien in hul eie agterplaas.

JF sal nou as die Vrystaatse kampioen teen die Griffon-kampioen, Welkom Gimnasium, eerskomende Saterdag in Welkom in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga te staan kom.

JF het verlede jaar in dié kompetisie teen die Hoërskool Trio (22-19) in die eindstryd vasgeval. Trio het reeds in die Griffons se halfeindronde uitgeval en sal dus nie hul titel vanjaar verdedig nie.

Jim Fouché het Saterdag teen Fichies egter van die afskop af gewys dat hulle die eindstryd betree het met ‘n plan in plek.

Hul kaptein en uitblinker haker, Stefan Venter, het weer sy span van voor gelei, en kon vir die soveelste keer oor die doellyn storm.

Sy skrumskakel, Tristan van der Walt, was ook op sy stukke en kon om ‘n losgemaal duik om ook ‘n drie by te dra, saam met die drie doelskoppe wat hy vir sy span kon oorskop.

Fichardtpark kon hul ritme vind in die laaste 15 minute van die wedstryd om van 31-13 agter terug te veg om binne sewe punte van hul opponente te eindig, maar teen daardie tyd het hulle al reeds teveels skade toegelaat.

Jim Fouché se slot, Stefan van Rooyen, en agsteman, Calvin Bolt, was nog twee spelers wat uitgestaan het, terwyl Fichies se skakelpaar van Dailen Geldenhuys (Akademie-losskakel) en Devante Claasen (Cravenweek-skrumskakel) goed gelyk het vir die verloorspan, saam met die blitsige vleuels, Edward Mpinga en Martin Kalp.

Janco Mollentze het ook beïndruk toe hy as ‘n plaasvervanger opkom.

In die B-liga eindstryd het Brandfort geseëvier in ‘n riller teen Zastron om met 29-27 te wen.

Die Brandforters het die skrums oorheers, maar Zastron was onvermoeid op aanval en teen halftyd was daar nog niks om die spanne te skei op 8-elk nie.

Wehan Strydom, Brandfort se breker-agtsteman het ‘n droomwedstryd beleef en kon ‘n driekuns in die eindstryd aanteken om vir sy span te help om die titel te verower.

Hul enigste ander drie was gedruk deur hul heelagter, Gustav Maree, wie ook deur die hele wedstryd ‘n bron van bestendigheid was vir sy span en ‘n paar drieë kon verhoed as die laaste lyn van verdediging.

Sy vleuel, Amolang Maloisane, en losskakel, Henre Smith, het ook benoemingswaardige bydrae in die wedstryd gemaak.

Zastron se buitesenter, Mawethu Magudela, het weer uitgeblink vir sy span en kon twee drieë druk.

Sy skrumskakel, Reinico Nel, wie nog heel seisoen een van hul steunpilare is, was ook weur deurlopend betrokke in die spel, maar dit was die skopskoen van sy opponent, Smith, wat op die ou end die verskil gemaak het in hierdie wedstryd.

Brandfort en Zastron dring albei deur tot die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga halfeindstryde. Brandfort sal as kampioen na Welkom reis om teen Wilgerivier van Frankfort kragte te meet. Zastron in Kimberley in die ander halfeindstryd teen Hartswater te staan kom.

Al vier Vrystaat spanne lyk goed ingerig om te presteer in die Kovsiestreekkompetisie, en dit is moontlik dat ons nog ‘n herontmoeting of twee gaan sien voor die einde van die seisoen.

Puntemakers:

Jim Fouché 31 (10) – Drieë: Stefan Venter, SW van der Merwe, Altus du Plessis, Dillon Calitz, Tristan van der Walt. Doelskoppe: Van der Walt (3). Fichardtpark 25 (17) – Drieë: Martin Kalp, Zaine van Zyl, MJ Hattingh. Doelskoppe: Dailen Geldenhuis (2). Strafdoelle: Geldenhuys (2).

Brandfort 29 (8) – Drieë: Wehan Strydom (3), Gustav Maree. Doelskoppe: Henre Smith (3). Strafdoel: Smith. Zastron 27 (8) – Drieë: Mawethu Magudela (2), WG Rautenbach, Thabang Momoshela. Doelskoppe: Reinico Nel (2).

Ander tellings:

o.19 – Landboudal II 20, Jim Fouché II 3; Fichardtpark III 14, Sentraal III 10.

o.16 – Fichardtpark 8, Jim Fouché 8; Brandfort 14, St Andrews 5.

o.15 – Fichardtpark 20, Jim Fouché 7; St Andrews 14, Bloemfontein Hoër 12.

o.14 – Jim Fouché 26, Sentraal 7.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.