SuperSport Schools Plus

Fichardtpark se Standard Bank Sportdag slaan nuwe rigting in vanaf 2026

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-02-26 Tags: , , ,

Hoërskool Fichardtpark se jaarlikse sportdag sal voortaan nie meer die grootste in Suid-Afrika of dalk selfs in die sentrale streek wees nie, maar dit sal wel van hoër gehalte wees.

Die Fichies het besluit om met sy jaarlikse Standard Bank Sportdag kleiner te maak sodat die gehalte van dag op ‘n sekere standaard bly.

Meeste van die wedstryde sal ook op die skool se eie sportvelde plaasvind, terwyl dit in die verlede regoor die Rosestad plaasgevind het.

Vanjaar se sportdag is boonop die 24ste keer wat dié dag sal plaasvind.

Die gasheer se eerstespan, die Fichie Leeus, sal teen Marlow Landbou se Wolramme in die hoofwedstryd te staan kom.

Verlede jaar het die Leeus teen Diamantveld met 7-25 die onderspit in die hoofwedstryd gedelf. Die kragmeting was ook deel van die Wesgrow-reeks. Die Fichies kan dus vanjaar weer die honde losmaak in die hoofwedstryd en feesrugby speel.

Die feit dat die Fichies se o.19-aflosspan koning in die 4x100m tydens die jaarlikse Motheo/Xhariep-byeenkoms gekraai het, sou die Wolramme se aandag getrek het. Die viertal Guiteau Petrus (losskakel), Mathew Valentine (vleuel), Zee Mathese (buitesenter) en Leo Bosch (slot) behoort almal op die sportdag in die beginspan uit te draf.

Hulle het stof in die oë van Jim Fouché (44.41), Sentraal (44.54) en Grey Kollege (44.56) met ‘n wentyd van 44.18 sekondes tydenbs die byeenkoms geskop.

Vroeër in die dag sal Jim Fouché en die Hoërskool Burgersdorp mekaar in ‘n Vrystaatse A-ligawedstryd pak. Daar sal dus vir die twee spanne meer op die spel wees as meeste ander deelnemers van die sportdag.

Die vernaamste voorwedstryd sal tussen Hoërskool Noord-Kaap en Potchefstroom Gimnasium beslis word. Northerns is gewoonlik vinnig uit die blokke tydens die sportdag en Gimmies sal hul keer moet ken.

Sentraal van Bloemfontein behoort ook na die sportdag ‘n goeie idee te hê oor hoeveel werk nog voorlê vir die seisoen. Die Tralies kom teen Wesvalia van Klerksdorp te staan. Die Bruin Bere van Klerksdorp neem vanjaar in die Plaat-afdeling van die Virseker Noordvaal Cup deel.

Die bepalings is: 

FICHARDTPARK A-VELD | o.19

16:10 – Fichardtpark vs Marlow Landbou
15:00 – Potchefstroom Gimnasium vs Noord-Kaap
13:50 – Sentraal vs Wesvalia
12:40 – Jim Fouché vs Burgersdorp
11:30 – Duineveld vs St Andrew’s School
10:20 – Wilgerivier vs Landboudal
09:10 – Kalahari vs Ficksburg
08:00 – Noord-Kaap II vs Marlow Landbou II

FICHARDTPARK B-VELD

16:00 – o.16 – Sentraal vs Wesvalia
15:00 – o.15 – Landboudal vs Wilgerivier
14:00 – o.19 – Duineveld II vs Aliwal-Noord II
13:00 – o.19 – Wilgerivier II vs Landboudal II
12:00 – o.16 – Jim Fouché vs Burgersdorp
11:00 – o.19 – Fichardtpark II vs Kalahari II
10:00 – o.14 – Fichardtpark II vs Marlow Landbou II
09:00 – o.19 – Jim Fouché II vs Burgersdorp II
08:00 – o.16 – Fichardtpark vs Marlow Landbou

FICHARDTPARK C-VELD 

16:00 – o.16 – Grey College IV vs Duineveld II
15:00 – o.15 – Duineveld vs Hentie Cilliers
14:00 – o.16 – Ficksburg vs Kalahari
13:00 – o.15 – Jim Fouché vs Burgersdorp
12:00 – o.15 – Fichardtpark vs Marlow Landbou
11:00 – o.15 – Kalahari vs Aliwal-Noord
10:00 – o.16 – Wilgerivier vs Landboudal
09:00 – o.16 – Duineveld vs Hentie Cilliers
08:00 – o.16 – St Andrew’s School vs Noord-Kaap

FICHARDTPARK D-VELD 

16:00 – o.14 – St Andrew’s School vs Noord-Kaap
15:00 – o.14 – Sentraal vs Wesvalia
14:00 – o.16 – Fichardtpark II vs Marlow Landbou II
13:00 – o.15 – Wilgerivier II vs Grey College IV
12:00 – o.15 – Sentraal vs Wesvalia
11:00 – o.14 – Kalahari vs Aliwal-Noord
10:00 – o.14 – Fichardtpark vs Marlow Landbou
09:00 – o.14 – Jim Fouché vs Burgersdorp
08:00 – o.14 – Duineveld vs Hentie Cilliers

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.