SuperSport Schools News

Fees van skolerugby kan more op Loftus Versfeld verwag word

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-03-04 Tags:

AfgriPrestigeDaar is niks kleins aan vanjaar se Afgri Prestige Rugbydag nie.  

Nie minder as 32 skole se eerstespanne van regoor Suid-Afrika sal Dinsdag op die dag in aksie wees nie. Al die wedstryde in die stadion sal ook vir die eerste keer regstreeks gebeeldsend word. Dit word op DigiTV.co.za uitgesaai. 

Geen stelskoppe word in die wedstryde waargeneem nie. Die wedstryde sal dus ook nie in ag geneem word vir School of Rugby se ranglys nie. 

In die hoofwedstryd van die dag tussen die Hoërskool Garsfontein en Boland Landbou sal daar geen genade deur die twee spanne aan mekaar betoon word nie. Garsfontein het die laaste twee kragmetings tussen die skole gewen. 

Albei die nederlae sal nog vars in die geheue van die span van die Agter-Paarl se breiers, Oloff Bergh en Deon Carstens, wees. Garsies het verlede jaar op Boland Landbou se jaarlikse sportdag met 24-20 as oorwinnaars van die veld gestap. 

In 2017 was Garsies in ‘n opwindende wedstryd met 43-41 baas na ‘n reuse terugvegpoging tydens die Noord/Suid-toernooi. Boland Landbou sal wel goeie herhinneringe van Loftus Versfeld koester na hulle verlede jaar vir Menlopark met 45-10 in die hoofwedstryd van die dag gekarnuffel. 

Hoërskool Waterkloof se hoof Chris Denyscchen sal so ietwat tussen twee vure wees wanneer die Klofies teen Ben Vorster van Tzaneen op die veld draf. Denyscchen was verlede jaar nog Ben Vorster se skoolhoof. 

Waterkloof is Saterdag as kampioen van die Titans-streek vir Coca-Cola se nasionale T20-krieketreeks gekroon. Die Klofies moes Saterdag eers in die halfeindstryd teen die einste Ben Vorster sy staal toon voordat hy as kampioen gekroon kon word. 

Waterkloof het Saterdag in sy jaarlikse kragmeting teen Montana so ietwat gesweet om uiteindelik met 48-27 koning te kraai. Die Vossies het in sy eerste wedstryd van die seisoen vir Centurion met 33-25 verslaan. 

De Nyscchen sal wel weer bekommerd oor sy nuwe skool se kanse in die rugbywedstryd as Saterdag se krieketwedstryd wees. Die Vossies sal wel sonder sy buitesenter, Christiaan Smit, moet klaarkom. Smit sal indien hy van sy besering herstel later vandeesmaand Suid-Afrika se o.18-span op ‘n toernooi in Windhoek verteenwoordig. 

Vir die tweede keer in die kort geskiedenis van die rugbydag sal daar ‘n struweling tussen die Dames-broers wees. Die kragmeting tussen EG Jansen en Diamantveld behoort boonop ‘n uiters fisieke kragmeting wees.

Die voormalige SA Skole-skrumskakel, Rudi Dames, is die nuwe hoof van rugby by EG Jansen, terwyl sy broer Jaco Dames aan stuur van Diamonds se rugbysake staan. Die twee het mekaar ook twee jaar gelede gepak toe Rudi nog Pretoria Boys’ High se hoof van rugby was. 

Al die bepalings: 

Loftus Versfeld 

07:45SentraalvsBen Viljoen DigiTVStacked1
08:40Curro HeuwelkruinvsWitteberg DigiTVStacked1
09:35St Alban’s CollegevsPotchefstroom GimnasiumDigiTVStacked1
10:30NoordheuwelvsZayo Academy DigiTVStacked1
11:25MonumentvsGoudveld-Hoërskool DigiTVStacked1
12:20ZwartkopvsDuineveldDigiTVStacked1
13:15Frikkie MeyervsPretoria Boys’ High DigiTVStacked1
14:10MontanavsHTS Drostdy DigiTVStacked1
15:05EG JansenvsDiamantveld DigiTVStacked1
16:00WaterkloofvsBen VorsterDigiTVStacked1
16:55Kempton ParkvsJeppe High School for Boys’ DigiTVStacked1
17:50Oos-MootvsWelkom GimnasiumDigiTVStacked1
18:45MenloparkvsVoortrekker (Bethlehem) DigiTVStacked1
19:40AffiesvsHTS MiddelburgDigiTVStacked1
20:35GarsfonteinvsBoland Landbou DigiTVStacked1

DigiTVStacked1 Never miss a moment on DigiTV.co.za 

B-veld

17:20OverkruinvsKlerksdorp 

 [powr-comments id=”5988350a_1551703303262″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.