SuperSport Schools Plus

Ervare Coetzee sal nuwe hoofstuk by Marais Viljoen afskop

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-07-11 Tags:

NewsG Hans CoetzeeDie Hoërskool Marais Viljoen het die laaste paar jaar ietwat klippe gekou onder die groot honde in die Noordvaal-streek.

Die skool van Alberton lê tans laaste op die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling puntlys.

Marais Viljoen het egter vir hom ‘n juweel in Hans Coetzee opgespoor.

“Ek bevestig graag dat ek ‘n aanbod aanvaar het om vanafdie  1ste September by Hoërskool Marais Viljoen te begin as Hoof van Rugby. Ons is baie opgewonde en dankbaar vir die geleentheid,” het Coetzee gesê.

Die besluit deur Marais Viljoen kom kort nadat Coetzee deur hulle, vroeër die jaar genader is om ‘n rugby oudit regoor die ouderdomsgroepe te doen. As ‘n voormalige breier van die Goue Leeus, SA Akademie en SA Skole rugbyspanne word Coetzee as een van die mees ervare en gerespekteerde afrigters beskou.

Coetzee was vir 32 jaar lank betrokke by Hoërskool Monument waar hy as breier van die o.14B span in 1979 begin het. Hy het ook vir 22 van dié, die skool se eerstespan gebrei. Na sy paaie met Monnas geskei het was hy vir drie jaar by Hoërskool Noordheuwel se rugby betrokke as onder andere o.16, eerstespan en o.14-afrigter.

Hy was ook Hoof van Rugby by onderskeidelik Hoërskool Durbanville en HTS Drostdy voor hy ‘n pos as hoofwerwer by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, waar hy tot op hede nog betrokke is, aanvaar het.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.