SuperSport Schools Plus

Eldoraigne te sterk vir Potch Volkies in SDC Noordvaal Cup

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-06-12 Tags: , ,

FOTO: Eldoraigne Facebook-blad

Die Hoërskool Eldoraigne het Saterdag gewys dat hy nie in die SDC Noordval Cup se Bowl afdeling afgeskryf kan word nie.

Die Eldos het op sy tuisveld vir Potchefstroom Volkskool ‘n loesing van 54-15 toegedien.

Die tuisspan se lostrio het duidelik ‘n goeie nagrus ingekry Vrydagaand en het ‘n barshou gespeel.

Die flank Anroux du Plessis het weer sy stem dik gemaak op verdediging met ‘n paar reuse duikslae. Hy het ook in die vastelos gewoel.  Terwyl die kaptein en agtsteman, Johan Coetsee, beindruk het met goeie lopies van agter die skrum en in gebroke spel.

Die kollig was egter op die toekantflank, Divan de Jager, wat sonder twyfel se span se beste speler op die veld was. De Jager was onkeerbaar met bal in hand en het aan die einde van die wedstryd gespog met ‘n indrukwekkende driekuns aan drieë agter sy naam.

Die losskakel, Rynier Kidson, het beindruk met sy skopskoen en het slegs met twee pogings na die pale misluk.

Potchefstroom Volkskool is onkant bedrap deur die aanslag van Eldoraigne in die eerste helfte en het eers in die tweede helfte ietwat ritme begin kry toe die linkervleuel, Charls Rochart, deurgebars het na ‘n indrukwekkende aangee deur die losskopstut, Brendon Steenkamp.

Ludwich Shulds het weer ‘n goeie wedstryd beleef op binnesenter en het te vergeefs probeer om die span van Potchefstroom op die voorvoet te kry.

In die ander kragmeting van die Bowl-afdeling het Die Anker vir die Hoërskool Pietersburg laat les opse in Brakpan.

Die Anker het daarin geslaag om nog ‘n goeie sege op sy kerfstok te plaas met ‘n oorwinning van 32-10 oor Pietersburg.

Ruben Herbst (slot) het die vuur voor aangesteek en het twee keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier, terwyl die haker, Dihan de Villiers, ook ‘n kuiertjie agter die doellyn geniet het. Die Anker het die oorhand in die stryd voor gehad wat gemaak het dat die agterllyn hul harde werk kon afrond.

Aan die kant van Pietersburg was dit losskakel, Vincent Luckoff, wat daarin kon slaag om vyf punte vir die besoekers aan te teken. Dit was egter te vergeefs en Die Anker was net te goed vir die besoekers van die Noorde.

Puntemakers: 

Eldoraigne 54 (40) – Drieë: Divan de Jager (3), Hendru van Zyl, Juan Bothma, Johan Coetsee, Jaydon Niehaus, Wickus Diffenthal. Doelskoppe: Rynier Kidson (7). Potchefstroom Volkskool 15 (3) – Drieë: Charls Rochart, Carlo Uekerman. Doelskoppe: Christo Rose. Strafdoel: Rose.

Die Anker 32 (5) – Drieë: Ruben Herbst (2), Dihan de Villiers, Luke Bosley, Duvan Booysen. Doelskoppe: Benton Giessing (2). Strafdoel: Giessing. Hoërskool Pietersburg 10 (7) – Drie: Vicent Luckhoff. Doelskop: Wian Terblanche. Strafdoel: Terblanche.

Ander spanne: 

o.16: Eldoraigne 65, Potch Volkies 0; Die Anker 22, Pietersburg 22.

o.15: Eldoraigne 23, Potch Volkies 23; Die Anker 12, Pietersburg 12.

o.14: Potch Volkies 20, Eldoraigne 14; Pietersburg 7, Die Anker 0.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.