SuperSport Schools Plus

EG Jansen behou titel as Tuks-kampioen

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-05-10 Tags: ,

IMG 3354Net ’n ontydige besering of ’n rugbywonderwerk kan EG Jansen se kaptein en slot, Hendré Stassen, vanjaar weerhou van ’n plek in die Suid-Afrikaanse skolespan.

Stassen, wat week ná week inklimspel lewer vir die Boksburgers, het gister met waarskynlik sy beste vertoning nóg vir sy skool se eerstespan vorendag gekom om hom te help om sy titel as kampioen van die Tuks-reeks te behou.

EG Jansen het die bordjies teen Monument met 29-17 verhang, nadat die Krugersdorpers vroeër baas was in die ligawedstryd tussen dié twee spanne was.

Die flank Dylan van der Walt se invloed vir die Oos-Randers moet ook nie onderskat word nie. Hy is een van hul gevaarlikste wapens – veral met die bal in die hand.

Die losskakel Xander Crause verdien ook lof. Dié generaal het die spel uitstekend gedikteer en met sy lewenslange lynskoppe het hy deurgaans die druk op sy span verlig. 

Vir Monnas was sy senter Goodman Mkhwanazi en agtsteman Len Massyn die beste spelers.

Op sy beurt het Garsfontein sy onlangse terugslae teen Nelspruit met 31-26 gewreek. Nelspruit het die vorige twee kragmetings tussen dié twee spanne gewen.

In Potchefstroom het Potchefstroom Gimnasium sy titel as kampioen van die Pukke se Prestige-reeks met ’n eindstrydoorwinning van 17-11 oor die Hoërskool Middelburg behou.

Dié spanne het mekaar verlede jaar ook in die eindstryd van die reeks gepak.

Gimmies se voorspelers het in die tweede helfte die grondslag vir die sege gelê. Hulle het die oorhand voorlangs bewerkstelling en daarmee gesorg dat Middelburg se gevaarlike agterhoede – met die senter Siyabonga Khaliswayo aan die spits – nie genoeg besit kon kry om skade aan te rig nie.

Puntemakers: 

EG Jansen 29 (17) – Drieë: Rouxbann Bauman, Xander Crause, Ginter Smuts, Franklin Wagner. Doelskoppe: Crause (3). Strafdoel: Crause. Monument 17 (10) – Drieë: Justin Brandon, Len Massyn. Doelskoppe: Xander Kruger (2). Strafdoel: Kruger. 

Garsfontein 31 (10) – Drieë: Shaun Williams, Abner van Reenen, Jaco Bezuidenhout, Strafdrie. Doelskoppe: JP Wegner (4). Strafdoel: Wegner. Nelspruit Rhinos 26 (13) – Drieë: Marnus van der Merwe (2), Dewald Maritz. Doelskop: Wessel Muller. Strafdoele: Muller (3). 

Eldoraigne 13 (10) – Drieë: Willie Otto, Brendan Heymans. Strafdoel: Trystan van Schalkwyk. Kempton Park 10 (7) – Drie: Pieter Prinsloo. Doelskop: Francois Erasmus. Strafdoel: Erasmus. 

HTS Middelburg 48 (24) – Drieë: Walter Janse van Rensburg (2), Chrisjan Steynberg (2), Eric Basson, JC Pretorius, Gerik Mynhardt, Lewin Bronkhorst. Doelskoppe: Brandon Par-Bailey (4). Hoërskool Pietersburg 15 (10) – Drieë: Floyd Ledwaba, JV Coertze. Doelskop: Morné Venter. Strafdoel: Venter.

Marais Viljoen 47 – Drieë: Julian Steenkamp (2), Migael du Plessis, Ederick van Niekerk, Dylan du Toit, Jacques Moll, Dawie Botha. Doelskopppe: Jonathan Muller (5), Michael Prevo. Ermelo 6 – Strafdoele: Leon Visser (2). 

Centurion 22 (5) – Drieë: Gavin Pienaar, Devon Gouws, Carl Wijburg. Doelskoppe: Pienaar (2). Strafdoel: Pienaar. Transvalia 5 (5) – Drie: HG de Kock. 

Hoërskool Klerksdorp 22 (19) – Drieë: Donovan Ivens, Edmund Rheeder, Ruhan Minnaar. Doelskoppe: Machiel le Roux (2). Strafdoel: Le Roux. Hoërskool Rustenburg 19 (7) – Drieë: Jandré Joubert, Jaco Fourie, Arno van Heerden. Doelskoppe: Gerhard Fourie (2).

Vereeniging-Gimnasium 21 – Drieë: Nicolaai Botha, Jan Labuschagne. Doelskoppe: Michael Kuhn (2). Strafdoele: Kuhn (3). Florida 20.

Ander spanne: 

o.16: Monument 24, Eldoraigne 20 (eindstryd); Garsfontein 21, Nelspruit 11; EG Jansen 35, Rustenburg 10; Kempton Park 23, Vereeniging Gimnasium 15; HTS Middelburg 15, Transvalia 13; Marais Viljoen 17, Pietersburg 12; Klerksdorp 58, Florida 0; Ermelo 24, Centurion 10. 

o.15: Monument 15, Nelspruit 7 (eindstryd) Garsfontein 24, Rustenburg 3; Kempton Park 19, Florida 0; EG Jansen 29, HTS Middelburg 0; Eldoraigne 19, Centurion 18; Pietersburg 24, Marais Viljoen 0; Transvalia 64, Vereeniging-Gimnasium 0; Ermelo 19, Klerksdorp 17.

o.14: Klerksdorp 10, Transvalia 6 (eindstryd); Garsfontein 14, Pietersburg 12; Monument 20, HTS Middelburg 12; Nelspruit 5, Marais Viljoen 5; EG Jansen 36, Kempton Park 14; Flordia 25, Eldoraigne 12; Centurion 29, Rustenburg 17; Vereeniging Gimnasium 17, Ermelo 10.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.