SuperSport Schools Plus

Eerste dag van Oakdale Rugbyweek sal reeds hope vuurwerk lewer

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-28 Tags: , , , , , , ,

Old School

Die jaarlikse Klein Karoo Saadproduksie Oakdale Rugbyweek beloof om soos elke jaar weer vir ‘n hele paar hoogtepunte te sorg. Die toernooi skop op Vrydag af.

Nie minder as 31 eerstespanne van regoor Suid-Afrika sal vanjaar net buite Riversdal op dié week in aksie wees. Oakdale Landbou se eerstespan asook tweedespan is soos gebruik die afgelope paar jaar op die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi in aksie.

Daar sal vanjaar skole vanuit die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Mpumalanga, Gauteng, Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Limpopo in aksie wees. Dit is slegs KwaZulu-Natal wat geen verteenwoordiging in Riversdal sal hê nie.

Só die skool se derde/vierde-span se groep spelers sal aan die week as die Oakdale Landbou XV-tal deelneem. Dié span sal op die eerste dag van die week teen Labori van die Paarl in die hoofwedstryd te staan kom.

Volg al die aksie van die week op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

Die week se bepalings vir die tweede en derde dag van die toernooi word na afloop van elke dag se spel deur ‘n bepalingskomitee uitgewerk om te verseker dat die week op ‘n krag-tot-krag basis plaasvind.

Daar sal ook weer vanjaar ‘n Span van die Week gekies word. Die span speel nie enige wedstryde nie en dien slegs die doel om erkenning aan die voorste spelers in elke posisie in aksie op die week te gee.

Die vernaamste voorwedstryd van van die eerste dag tussen Charlie Hofmeyr van Ceres en die Hoërskool Vryburg om 18:00 beloof om heelwat belangstelling te lok. Indien die twee skole in die vorige twee jaar teen mekaar meegeding het, kon dit dalk as die nasionale eindstryd van klein skole gedien het.

Dit is so vroeg in die seisoen nog nie duidelik hoe die twee spanne vanjaar sal vaar nie. Vryburg is wel nog onoorwonne in die NWU 16-reeks.

Die tweestryd tussen Die Brandwag van Kariega en die Hoërskool Middelburg van Mpumalanga sal sonder twyfel ook vir vuurwerk sorg. Die kragmeting kon heel moontlik die hoofwedstryd op die laaste dag van die week gespeel het.

Die bepalings | 29 Maart 2025

DE EIKE-VELD 

19:10 – Oakdale Landbou XV vs Labori
18:00 –
Charlie Hofmeyr vs Vryburg
16:20 –
Die Brandwag (Kariega) vs Hoërskool Middelburg
15:10 – Graaff-Reinet Volkskool vs Merensky
14:00 – Swartland vs Hoërskool Pietersburg
12:15 – Strand vs Kemptonpark
11:05 – Hugenote (Wellington) vs Lichtenburg
09:55 – Ooskus Gimnasium vs Wagpos
08:45 – Overberg vs Kirkwood College

POPULIERBOS-VELD 

16:20 – Bredasdorp vs Potchefstroom Gimnasium
15:10 – Robertson vs Hoërskool Oudtshoorn
14:00 – Langenhoven Gimnasium vs Zwartkop
12:15 – Hoërskool Upington vs Die Anker
11:05 – Augsburg Gimnasium vs Westering
09:55 – Hermanus vs Oosterlig
08:45 – Montagu vs Sentraal

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.