Durbies wil seisoen op hoë noot afskop teen Boishaai by Bulfees

Die Hoër Jongenskool Paarl wil hierdie naweek die bordjies verhang teen Hoërskool Durbanville by Hoërskool Porterville se jaarlikse Bulfees, nadat die Durbies in 2023 hul seisoen met ‘n opspraakwekkende sege van 26-25 oor Boishaai geopen het by dieselfde byeenkoms.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Porterville durf die Paarl-reuse se derdes aan in die voorlaaste wedstryd van die fees om hul seisoen af te skop, maar die hoofwedstryd is die herontmoeting waarna albei spanne reeds ‘n jaar lank uitsien. Verlede jaar het ‘n rillerstryd afgegee.
Flank, Rubin Dames, het verlede seisoen reeds vir Boishaai se eerstespan met onderskeiding verteenwoordig, maar daar is ‘n hele paar ander spelers, soos Viaan Mentoor (losskakel), Tristan Fransman (senter), en Aiden Jacobs (vleuel), wat verlede seisoen vir die tweedespan uitgeblink het en gretig sal wees om te bewys dat hulle hoort onder die elite van die skool.
Van die Durbie-span wat verlede jaar koppe in die Wes-Kaap laat draai het, is dit slegs die heelagter, Valrhino Olckers, en stut, Anru van Rhyn, wat weer beskikbaar is, so die wedstyd bied ‘n gulde geleentheid om te sien watter nuwe talent vanjaar gaan hand opsteek vir Hoërskool Durbanville.
Daar is ook ‘n interessante kragmeting tussen die eerstespanne van Hoërskole Overberg en Piketberg, terwyl Hoërskool Stellenbosch se eerstespan litte gaan losmaak teen Porterville se tweedes.
Die spanne:
Hoër Jongenskool t. Durbanville om 16:40:
Hoër Jongenskool Paarl: 15 Francois van der Merwe, 14 Aiden Jacobs, 13 Tristan Joubert, 12 Tristan Fransman, 11 Ashwin Swarts, 10 Viaan Mentoor, 9 Keagan Smith, 8 Douw Wessels, 7 Rubin Dames, 6 Anroux du Plessis, 5 Jayden Joubert, 4 Dian Smal, 3 Juan van der Merwe, 2 Tommy Muller, 1 Bernard du Toit.
Hoërskool Durbanville: 15 Valrhino Olckers, 14 Dale Martin, 13 Luke Barnard, 12 Caleb Engelbrecht, 11 Zayde Cleophas, 10 Claydon Carlse, 9 Kyle Albertus, 8 Adrian Freemantel, 7 Liebrecht Winterbach, 6 Jayden Short, 5 Daniel Havenga, 4 Murdoch van Dyk, 3 Anru van Rhyn, 2 Juan Smit, 1 Hubert Winterbach.
Bepalings op die A-veld:
07:45 – o. 13 – Wesbank t. Bredasdorp
08:30 – o. 15 – Porterville t. Hoër Jongenskool B
09:15 – o. 16 – Porterville t. Hoër Jongenskool B
10:10 – o. 16 – Overberg t. Ceres Sekondêr
11:05 – o. 16 – Hoër Jongenskool t. Durbanville
12:00 – o. 19 – Overberg t. Piketberg
13:10 – o. 19 – Porterville II t. Stellenbosch
14:20 – o. 19 – Hoër Jongenskool II t. Durbanville II
15:30 – o. 19 – Porterville t. Hoër Jongenskool III
16:40 – o. 19 – Hoër Jongenskool t. Durbanville