SuperSport Schools Plus

Durbies verdedig hul sewes-titel by Sarel Burger-toernooi in Brackenfell

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-04

Die Hoërskool Durbanville kon Woensdag hul kampioenstatus by die Sarel Burger o.19 WP Sewes-rugbytoernooi behou na ‘n harde eindstryd teen Hoërskool Bellville waarin hulle met 21-19 kon seëvier.

Die Durbies het ‘n uiters suksesvolle seisoen agter die rug, waarin menigde van hul spelers al gewys het dat hulle die potensiaal het om uit te blink in die vinniger formaat van die spel.

James Nero, Hoërskool Durbanville se eerstespan senter, is vroër die jaar gekies vir die SA 0.18 Sewesspan wat ‘n brons medalje by die Statebeond Jeugspele in Trinidad en Tobago kon verower.

Nero was sy span se voorste driedrukker by daardie toernooi.

Sy agsteman, Jayden Nell, se sewes-toekoms blink ook. Nell het reeds ‘n kontrak vanaf SARU Sewes ontvang om sy vaardighede volgende jaar verder te verfyn.

Die Durbies het vroeër in die jaar ook in die 15-man weergawe van die spel teen hul vyande in die noordelike voorstede te staan gekom. Hulle het daardie wedstryd redelik gemaklik met 43-21 gewen, maar die span van Hoërskool Bellville kon hulle laat sweet in die eindstryd.

Hoërskool Brackenfell kon ‘n derde plek in hul toernooi losspeel teen Milnerton met ‘n 33-14 oorwinning, nadat hulle in die halfeindstryd teen Hoërskool Bellville die knie moes buig met 14-7.

HTS Bellville is die Plaat-afdeling se kampioene nadat hulle vir Bosmandam met 12-7 kon troef, en Bellville Suid kon De Kuilen met 33-10 wegsien in die Skild eindstryd.

Uitslae: 

Groepwedstryde: Brackenfell 26, Melkbosstrand 12; Hoërskool Bellville 26, HTS Bellville 14; Milnerton 31, Tygerberg 12; Bosmandam 22, De Kuilen 10; Hoërskool Bellville 26, Bellville Suid 10; Brackenfell 17, Malibu 5; Hoërskool Durbanville 48, De Kuilen 0; Milnerton 35, Monument Park 7; Melkbosstrand 19, Malibu 17; Bellville Suid 24, HTS Bellville 24; Hoërskool Durbanville 53, Bosmandam 12.

Halfeindrondte: Beker – Hoërskool Bellville 14, Brackenfell 7; Hoërskool Durbanville 33, Milnerton 12. Plaat – Bosmandam 19, Tygerberg 10; HTS Bellville 26, Melkbosstrand 5. Skild – Bellville Suid 17, Malibu 12; De Kuilen 31, Monument Park 12.

Eindstryde: Beker – Hoërskool Durbanville 21, Hoërskool Bellville 19; Brackenfell 33, Milnerton 14 (Derde plek). Plaat – HTS Bellville 12, Bosmandam 7. Skild – Bellville Suid 33, De Kuilen 10.

Die Hoërskool Durbanville span was:

James Nero, Jayden Nell, Blane Marais, Dale Martin, Lian Jordaan, Monray Daars, Shaun Kleyn, Shadville Engelbrecht, Damian Hendricks, Devon Strydom, Evert Bouwer, Cayden Louw.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.