Duineveld oorheers by Sentraal-been van Frogfoot Sewesreeks

Duineveld het sy spiere die naweek by die Hoërskool Sentraal-been van die o.17 Frogfoot Sewesreeks in Bloemfontein gebult om as kampioene uit te tree na ‘n naweek van opwindende sewesrugby.
Kyk al die wedstryde op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Met ‘n gemiddelde telling van 52-3 oor die vyf wedstryde van die naweek is daar geen twyfel oor die Velties se kampioenstatus by die kompetisie nie.
Die kampioene het slegs twee drieë oor die hele toernooi teen hulle laat deurglip.
In die eindstryd kon hulle die Vrystaat se kampioene, Jim Fouché, met 47-0 wegsien om die louere te neem en ‘n merkwaardige naweek met ‘n trofee af te sluit.
Gregon Jansen is as die speler-van-die-toernooi aangewys en Jacquin Jasson was die beste speler in die eindstryd.
PJ Smit en Henco Spannenberg het ook vir Duineveld uitgestaan.
Sentraal kon die plaatafdeling by hul tuistoernooi verower deur om met 26-19 teen Hangklip te wen in die eindstryd.
Burgersdorp word gekroon as die Bowl wenners nadat hulle eers vir Kimberley Boys’ High se eerstespan in die halfeindronde kon uitskakel met 45-0 voordat hulle die skool van Kimberley se tweedespan in die eindstryd verslaan het met 33-0.
HTS Louis Botha het ‘n geskiedenis van baie goed presteer in die vinniger weergawe van die spel, maar het die naweek stadig begin.
Hulle kon wel uiteindelik die Skild-afdeling wen deur om vir Duineveld se tweedes met 27-19 weg te sien.
Al die uitslae:
Poel A: Sentraal 43, Kimberley Boys’ High II; Bultfontein 19, HTS Louis Botha 12; Bultfontein 24, Sentraal 22; Kimberley Boys’ High II 24, HTS Louis Botha 19; Sentraal 34, HTS Louis Botha 7; Bultfontein 21, Kimberley Boys’ High II 12.
Poel B: Duineveld 57, Hodisa 0; Aliwal Noord 35, Sand du Plessis 5; Duineveld 47, Aliwal Noord 7; Sand du Plessis 47, Hodisa 7; Duineveld 50, Sand du Plessis 0; Aliwal Noord 36, Hodisa 5.
Poel C: Fichardtpark 28, Burgersdorp 12; Zastron 29, Duineveld II 10; Fichardtpark 38, Duineveld II 5; Zastron 19, Burgersdorp 12; Fichardtpark 45, Zastron 21; Burgersdorp 33, Duineveld II 0.
PoelD: Jim Fouché 58, Kimberley Boys’ High 0; Hangklip 31, Heatherdale 0; Jim Fouché 19, Hangklip 10; Kimberley Boys’ High 34, Heatherdale 14; Jim Fouché 67, Heatherdale 0; Hangklip 61, Kimberley Boys’ High 0.
Halfeindstryde
Beker: Duineveld 59, Bultfontein 7; Jim Fouché 31, Fichardtpark 19.
Plaat: Sentraal 29, Aliwal Noord 26; Hangklip 33, Zastron 5.
Bowl: Kimberley Boys’ High II 19, Sand du Plessis 12; Burgersdorp 45, Kimberley Boys’ High 0.
Skild: HTS Louis Botha 36, Hodisa 7; Duineveld II 37, Heatherdale 0.
Eindstryde
Beker: Duineveld 47, Jim Fouché 0.
Plaat: Sentraal 26, Hangklip 19.
Bowl: Burgersdorp 33, Kimberley Boys’ High 0.
Skild: HTS Louis Botha 27, Duineveld II 19.




