SuperSport Schools Plus

Drostdy-sportdag trek 50 spanne om seisoen af te skop

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-01 Tags: , , , , , , , ,

FOTO: Marnus Prinsloo

Daar is hierdie naweek groot aksie in Worcester waar 50 rugbyspanne van die omliggende omgewing by die HTS Drostdy-sportdag vergader om twee wedstryde elk te speel ter voorbereiding van die nuwe rugbyseisoen wat eersdaags afskop.

Beleef al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Die eerstespanne pak mekaar van 09:00 op Trappespark, met die “Donkies” wat hul eerste wedstryd speel om 11:30 teen Hoërskool Schoonspruit, voordat hulle in die hoofwedstryd kragte meet met Hoërskool Melkbosstrand.

Die tuisspan het vroeg in Februarie reeds ‘n oefenwedstryd ingepas, waarin hulle die Dubai English Speaking College met 53-0 kon afransel.

Hul teenstanders sal hierdie naweek egter aansienlik taaier weerstand bied en die byeenkoms sal vir aanhangers ‘n eerste smakie bied van wat hierdie jaar verwag kan word.

HTS Drostdy het ook ‘n splinternuwe klubhuis wat by die byeenkoms vir die eerste keer aan die publiek oopgestel sal word. Daar kan ondersteuners in gemak ‘n dag propvol opwindende skolerugby geniet.

Worcester Gimnasium het verlede seisoen ‘n paar groot name laat les opsê en hulle sal beslis ook een van die spanne wees om dop te hou die naweek.

Die Gimmies speel teen dieselfde twee spanne as hul buurskool, so dit sal interessant wees om te sien hoe hulle vergelyk.

Hoërskool Tygerberg is een van slegs drie skole wat meer as een verteenwoordiger in verlede jaar se seëvierende Springbokspan by die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gehad het. Eben Etzebeth en Marvin Orie het altwee hul rugbyloopbane by die Tiere begin.

Tygerberg skop hul seisoen af teen Worcester Sekondêr en Langeberg Sekondêr, terwyl die ander span van die noordelike voorstede, Hoërskool Brackenfell, kragte meet met Hoërskool Swartland en Esselenpark Sekondêr.

Trappespark (o. 19 A)

16:30 – HTS Drostdy t. Melkosstrand
15:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
14:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
14:00 – Swartland t. Worcester Sekondêr
13:10 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
12:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
11:30 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
10:40 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
09:50 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland
09:00 – Esselenpark t. Langeberg

Steelkant (o. 19 B)

15:30 – HTS Drostdy t. Melkbosstrand
14:40 – Worcester Gimnasium t. Schoonspruit
13:50 – Hoërskool Tygerberg t. Langeberg
13:00 – Hoërskool Brackenfell t. Esselenpark
12:10 – Swartland t. Worcester Sekondêr
11:20 – Worcester Gimnasium t. Melkbosstrand
10:30 – Esselenpark t. Langeberg
09:40 – HTS Drostdy t. Schoonspruit
08:50 – Hoërskool Tygerberg t. Worcester Sekondêr
08:00 – Hoërskool Brackenfell t. Swartland

Knersvlakte (o. 16 A)

Bloekombos (o. 15 A)

Hardepad (o. 14 A)

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.