SuperSport Schools Plus

Drieë by die dosyne op die Sandveld

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-20 Tags: , , , , , , ,

Hoërskool Henneman | FOTO: Annemarie Stander

Die Sandveld-liga het die afgelope naweek weer ‘n rugbyskouspel opgelewer, met ‘n paar klipharde kragmetings en ook volop drieë.

Hoërskool Henneman het beïndruk met ‘n naelskraapse sege van 20-17 oor Hoërskool Bultfontein.

Die tuisspan se vurige flank, Tjaart Gravett, het altwee hul drieë gedruk, wat deur losskakel, Travis van Wyk, verdoel is. Heelagter, Siya Khaba, het ook twee strafdoele oorgeklits, wat op die ou end die verskil tussen wen of verloor beteken het.

Wessel Maree het ook met slegs drie punte teen Hoërskool Riebeeckstad geseëvier. Die besoekers van Odendaalsrus het ses drieë gedruk vir hul oorwinning van 30-27, teenoor die tuisspan se drie, maar Miguel Maasdorp se geoefende skopskoen het sy span deurgaans binne trefafstand gehou.

Riebeeckstad se binnesenter, Kannanelo Moshoaliba, het weer uitgeblink en ‘n tweekuns behaal, maar Wessel Maree se vleuel, Thato Lebitso, se twee, sowel as drieë deur Kagiso Plaatjie, Nhlanhla Busakle, Kabelo Oliphant en Kananello Mabelle, was genoeg om oorwinning vir die besoekers te verseker.

Wilgerivier en Hoërskool Hoopstad het hul spiere gebult, en die drieë ingeryg, teen onderskeidelik HTS Welkom en Hoërskool Bothaville.

Die Wilgies het vir die span van Welkom met 63-0 oorrompel. Heelagter, Marnus Swart, het behoorlik amok gesaai op die teenaanval en vier keer agter die doellyn gaan draai, terwyl die Hopies se ster-buitesenter, Hennie Barnard, nóg twee drieë tot sy naam gevoeg in sy span se spogsege van 33-0 oor Bothaville.

Puntemakers:

Henneman 20 – Drieë: Tjaart Gravett (2). Doelskop: Travis van Wyk (2). Strafdoele: Siya Khaba (2). Bultfontein 17.

Wessel Maree 30 – Drieë: Thato Lebitso (2), Kagiso Plaatjie, Nhlanhla Busakle, Kabelo Oliphant, Kananello Mabelle.  Riebeeckstad 27 – Drieë: Kannanelo Moshoaliba (2), Amos Moleleki. Doelskoppe: Miguel Maasdorp (3). Strafdoele: Maasdorp (2).

Wilgerivier 63 – Drieë: Marnus Swart (4), Eduardu Muller, Gertin Terblanche, Pedri Graaff, Jannie Havenga, Drihan Engelbrecht, Bokang Motaung, Wian Muller. Doelskoppe: Graaff (2), Muller, Thlompo Motsapi. HTS Welkom 0.

Hoopstad 33 – Drieë: Hennie Barnard (2), Christo van Rooyen, FP Graham, Busi Mfebe. Doelskoppe: Mfebe (4). Bothaville 0.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.