SuperSport Schools Plus

Dreyer Duo aan voorpunt van Kovsie Smash se span van die week

By Franco Oberholzer , in Cricket | News , at 2024-01-13 Tags: , , , , , ,

Photo: Absolute Photos

Na afloop van die suksesvolle Kovsie Smash se eerste toernooi, is daar ‘n span van die week aangekondig. Hierdie span sal dan na Nederland toer om spanne oor die waters aan te pak. Wesvalia se Eduard en Marneu Dreyer was sekerlik twee van die keurders se maklikste keuses.

Saam met die twee Dreyers is Hoërskool Sasolburg se staatmaker, Meyer Pretorius, ook in die span opgeneem.

Eduard Dreyer is as speler van die toernooi aangewys nadat hy 281 lopies teen ‘n gemiddeld van 93,7 deur die week aangeteken en 15 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 6.7 geneem het, terwyl Pretorius 263 lopies gemoker het en 10 paaltjies laat kantel het.

Die Fichies se veelsydige Davyd Oosthuizen het na ‘n suksesolle week ook deurgebreek om sy plek in die toerspan in te neem. Oosthuizen het die paaltjies laat kantel en het hy ‘n merkwaarde 23 slagoffers deur die week geeis. Met die kolf in die hand het hy 166 lopies teen ‘n gemiddeld van 16.6 aangeteken.

Oosthuizen se spanmaat, Eben Botha, het ook ‘n welverdiende plek in die span los gekolf. Botha is ook as die kolwer van die week aangewys nadat hy 637 lopies teen ‘n gemiddeld van 39.8 vir die week gemoker het. HTS Middelburg se staatmaker, Toy Engelbrecht is ook opgeroep is om die Nederlanders te gaan trotseer.

Jim Fouche se Pieter Conradie het ook die keurders beindruk deur die week. Conradie is ook as bouler van die week aangekondig. Hy het 24 paaltjies laat kantel teen ‘n gemiddeld van 17.8.

Sy spanmaat Franco de Necker het ook ‘n veelsydige week met bal en kolf geniet. Daar het 158 lopies van sy kolf gekom, De Necker was ook ‘n konstante bedreiging met die bal en het hy nege slagoffers deur die verloop van die week se spel geeis.

Voortrekker se Andre Heunis se kolfvernuf het vir hom ‘n plek in die span verseker terwyl Lesego Mosikidi van Witteberg ook opgeroep is. Albei, Heunis en Mosikidi is hul skole se enigste verteenwoordigers.

Kovsie Smash Toerspan:

Eduard Dreyer (Wesvalia), Andre Heunis (Voortrekker), Marneu Dreyer (Wesvalia), Meyer Pretorius (Sasolburg), Eben Botha (Fichardtpark), Pieter Conrdie (Jim Fouche), Lesego Mosikidi (Witteberg), Hendro Boardman (Goudveld), Gabriel Mochabela (Trio), Toy Engelbrecht (HTS Middelburg), Davyd Oosthuizen (Fichardtpark), Franco de Necker (Jim Fouche), Ethan Walker (Wesvalia).

Kolwer van die toernooi: Eben Botha

Bouler van die toernooi: Pieter Conradie

Speler van die toernooi: Eduard Dreyer

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.