SuperSport Schools Plus

Donkies wiks Framesby, Milnerton baas in Wellington

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-16 Tags: , , ,

PHOTO: Frans Lombard

HTS Drostdy het verlede Saterdag tuisveldvoordeel ten volle benut teen Framesby.

Die Donkies het met ‘n telling van 22-5 in Worcester geseëvier en sodoende ‘n ernstige waarskuwing gerig aan ander spanne wat vanjaar nog op Trappespark ‘n draai moet maak.

Voor die omdraaislag het die tuisspan reeds ‘n voorsprong van 17-0 opgebou, danksy drieë deur senter, Aljay Skippers, en die vleuels, Adrian Vergotine en Berndedict George, voordat Johan van Zyl uiteindeklik die besoekers se rekening kort voor rustyd kon oopmaak.

Vroeg in die tweede helfte was daar ‘n ernstige besering aan die besoekers se kant, maar daarna het hulle begeesterd teruggeveg om die lewe effens moeiliker te maak vir Drostdy. Die tuisspan se verdediging het egter die aanslag suksesvol afgeweer.

Na nóg ‘n besering, wat die wedstryd vir ‘n geruime tyd onderbreek het, het Framesby nog ‘n hewige poging aanwend om bresse in Drostdy se verdediging te slaan. Dit het nogmaals niks opgelewer nie, met Drostdy se Rianzo van der Westhuizen wat instede vanaf omgekeerde besit die enigste drie van die tweede helfte gedruk het.

Woensdag pak Drostdy vir Hexvallei, voor die groot kragmeting met hul buurskool, Worcester Gimnasium, op die 24ste April.

Framesby sal hulself vinnig moet regruk vir nog ‘n strawwe bepaling wanneer hulle Saterdag vir Oakdale Landbou ontvang.

In Wellington het Milnerton nóg ‘n hardverdiende sege van 17-14 behaal oor ‘n hardnekkige Hugenote-span.

Die tuisspan het die skrums oordonder terwyl hul bul van ‘n agsteman en kaptein, Alrich Humphreys, en flank, Basson Truter, die bal met mening gedra het om hul span op die voorvoet te plaas. Milnerton het weereens egter oor eenvoudig té veel skietgoed agterlangs beskik.

Drieë deur die groot flank, Cullen Ruiters, en vleuel, Keenen Johnson, wat verdoel is deur losskakel, Luke Daniels, het vir Hugenote tot binne drie punte van die besoekers se telling gebring, maar Chadwin Sellidon, Milnerton se losskakel, het sy span tot oorwinning gelei met ‘n drie, doelskop en strafdoel.

Milnerton se ander drie is deur hul dinamiese agsteman, Joshua Vomberg, gedruk, met skrumskakel, Devon Damons, wat verdoel het.

Na hul ‘n spogsege van 34-33 oor Rondebosch Boys’ High op die Tinkie Heyns en hierdie inspirerende vertoning teen ‘n sterk Hugenote-span in Wellington, ry Milnerton ‘n golf van momentum in die aanloop tot hierdie naweek se stryd teen Bishops Diocesan College.

Die Biskoppe sal die Piley Rees-veld met alle mag verdedig, verál aangesien hulle hul 175ste bestaansjaar vier, maar Milnerton lyk oorgehaal vir nog ‘n paar opskuddings hierdie seisoen en daardie kragmeting beloof om hope opwinding te lewer.

Puntemakers:

HTS Drostdy 22 (17) – Drieë: Aljay Skippers, Adrian Vergotine, Berndict George, Rianzo van der Westhuizen. Doelskop: Josh Fourie. Framesby 5 (5) – Drie: Johan van Zyl.

Milnerton 17 – Drieë: Chadwin Sellidon, Joshua Vomberg. Doelskoppe: Devon Damons, Sellidon. Strafdoel: Sellidon. Hugenote (Wellington) 14 – Drieë: Cullen Ruiters, Keenen Johnson. Doelskoppe: Luke Daniels (2).

Ander tellings:

o. 19 – SACS 54, Hoërskool Brackenfell 27; Hoërskool Bellville 29, Hoërskool Tygerberg 10; HTS Drostdy II 43, Frameby II 13; HTS Drostdy III 55, Framesby III 0; HTS Drostdy IV 34, Framesby IV 5; Hugenote II 31, Milnerton II 12; Hugenote III 22, Milnerton III 7; Hoërskool Tygerberg II 21, Hoërskool Bellville II 18; Hoërskool Bellville III 32, Hoërskool Tygerberg III 0; Hoërskool Bellville IV 24, Hoërskool Tygerberg IV 0.

o. 16 – HTS Drostdy 47, Framesby 0; HTS Drostdy II 62, Framesby 0; Hugenote 20, Milnerton 3; Hugenote B 27, Milnerton B 5; Hoërskool Bellville 22, Hoërskool Tygerberg 21; Hoërskool Bellville B 14, Hoërskool Tygerberg B 10.

o. 15 – HTS Drostdy 35, Framesby 5; HTS Drostdy B 35, Framesby B 10; HTS Drostdy C 50, Framesby 0; Hugenote 17, Milnerton 17; Milnerton B 32, Hugenote B 12; Hoërskool Bellville 30, Hoërskool Tygerberg 5; Hoërskool Tygerberg B 25, Hoërskool Bellville B 24; Hoërskool Bellville C 40, Hoërskool Tygerberg C 0.

o. 14 – HTS Drostdy 24, Framesby 8; HTS Drostdy B 45, Framesby B 5; HTS Drostdy C 30, Framesby C 0; Hugenote 17, Milnerton 14; Hugenote B 20, Milnerton B 14; Hoërskool Tygerberg 35, Hoërskool Bellville 14; Hoërskool Bellville B 53, Hoërskool Tygerberg B 0; Melkbosstrand B 17, Hoërskool Bellville C 5.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.