SuperSport Schools Plus

Doelgerigte Boland Landbou wat na Riversdal vir Premier Interschools reis

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-18

FOTO: Frans Lombard/Actionpix

Boland Landbou is Saterdag in Riversdal om vir Oakdale Landbou op die plaas vir hul jaarlikse Sportsmans Warehouse Premier Interskole-stryd aan te pak op die De Eike-veld.

Volg die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

Die Oakdale Bulle kon verlede jaar vir Boland Landbou in hul eie agterplaas met 26-17 geploeg.

Boland Landbou beleef egter ‘n baie sterk seisoen en het laas in Mei ‘n nederlaag geproe teen Paarl Gimnasium met 36-18.

Sedert daardie wedstryd het die boere met Diocesan College (22-19), Wynberg Boys’ High (24-15), Paarl Boys’ High (26-22), SACS (32-22) gereken en in hul laaste tuiswedstryd vir die jaar kon hulle vir Paul Roos Gimnasium met 28-12 verslaan.

Oakdale het in hul vorige wedstryd, ondanks ‘n sterk vertoning in Bloemfontein, met 36-25 die knie gebuig teen Grey-kollege.

Die naweek voor dit het het die Oakdale Bulle hul staal gewys op Trappes-park om vir HTS Drostdy met 31-24 te verslaan.

Saterdag belowe dan ‘n titaniese stryd om die seisoen vir albei spanne af te sluit.

Die tuisspan se haastige linkervleuel, Therlow Prins, veroorsaak elke naweek probleme vir die verdediging.

Prins was in die laaste twee wedstryde al vyf keer agter die doellyn, en hy sal Saterdag vir oulaas weer vir sy span wil afrond.

Vir Boland Landbou is dit hul groot voorspelers wat ‘n impak sal wil maak. Cilliers Viljoen (haker) is heel seisoen ‘n uitblinker en het ‘n plek in die onoorwonne WP Cravenweek-span losgespeel saam met sy loskopstut, Christoff Etzebeth en senter Albie Bester.

Boland se nuutse Springbok, Canan Moodie, is egter ‘n perfekte voorbeeld van die feit dat daar baie talent is wat nie noodwendig vir die beperkte jeuggroeppe gekies word nie.

Moodie het natuurlik uitgemis op die groot interskole as gevolg van die Covid 19-pandemie in 2020, maar was deel van die 2019 span wat in Riversdal gewen het.

As mens kyk na die vorige tien jaar se uitslae is dit duidelik dat daar gewoonlik nie veel is om die spanne te skei nie, Boland se grootste oorwinning was onlangs, in 2018, toe hulle met 56-29 kon wen.

Daardie jaar het Darren Hendricks vir Boland Landbou in die SA o.18 span verteenwoordig en 16 punte aangeteken teen Engeland in hul 41-22 oorwinning.

Die spanne is:

Oakdale Landbou t. Boland Landbou om 13:00:

Oakdale Landbou: 15 Waylon Kortjie, 14 Duraan Janse van Rensburg, 13 Louis Fourie, 12 Kurt Coetzee, 11 Therlow Prins, 10 Zandre Conradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Hanre Jubelius, 3 Devon Windvogel, 2 JC van Wyk, 1 Marco Steyn.

Boland Landbou: 15 Dewald de Villiers, 14 Wehan Lume, 13 Ruan Jongsma, 12 Albie Bester, 11 Enslin Claasen, 10 Retagan van Rooi, 9 Turlon Adams, 8 AJ van der Merwe, 7 Alru Gous, 6 Hans Verster, 5 Ruan Viviers, 4 Karst Smits, 3 Pieter de Jager, 2 Cilliers Viljoen, 1 Christoff Etzebeth.

Tellings oor die Jare:

#nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4nt_header_5nt_header_6
302023Boland Landbou17Oakdale Landbou11Riversdal
292022Oakdale Landbou26Boland Landbou17Paarl
282019Boland Landbou26Oakdale Landbou23Riversdal
272018Boland Landbou56Oakdale Landbou19Paarl
262017Oakdale Landbou14Boland Landbou12Riversdal
252016Boland Landbou27Oakdale Landbou22Paarl
242015Oakdale Landbou21Boland Landbou19Riversdal
232014Boland Landbou13Oakdale Landbou7Paarl
222013Oakdale Landbou29Boland Landbou10Riversdal
212012Boland Landbou38Oakdale Landbou19Paarl
202011Oakdale Landbou34Boland Landbou3Riversdal
192010Oakdale Landbou3Boland Landbou0Paarl
182009Did not Play
172008Boland Landbou16Oakdale Landbou8Paarl
162007Boland Landbou27Oakdale Landbou19Riversdal
152006Boland Landbou17Oakdale Landbou0Paarl
142005Oakdale Landbou8Boland Landbou6Riversdal
132004Boland Landbou11Oakdale Landbou7Paarl
122003Boland Landbou20Oakdale Landbou12Riversdal
112002Boland Landbou14Oakdale Landbou5Paarl
102001Boland Landbou15Oakdale Landbou0Riversdal
92000Boland Landbou31Oakdale Landbou7Paarl
81999Boland Landbou23Oakdale Landbou23Riversdal
71998Boland Landbou16Oakdale Landbou12Paarl
61997Oakdale Landbou26Boland Landbou22Riversdal
51996Boland Landbou26Oakdale Landbou0Paarl
41995Oakdale Landbou19Boland Landbou18Riversdal
31994Boland Landbou18Oakdale Landbou11Paarl
21993Oakdale Landbou26Boland Landbou6Riversdal
11992Boland Landbou15Oakdale Landbou6Paarl

 

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.