Dis maak of breek vir Plasies, Jeugland in die Bowl


Hoërskool Jeugland en Merensky Landbou Akademie se laaste wedstryde in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling sal bepaal hoe die finale puntelys daar uitsien.
Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Vir Jeugland gaan sy besoek aan Hoërskool Ermelo oor meer as bloot kwalifikasie vir die halfeindronde, siende dat albei skole ook in ‘n stryd gewikkel is om die relegasiespook af te weer.
Skaars agt ligapunte skei die span van Kempton Park (108.5), in die laaste plek, en Ermelo (117), wat tweede laaste lê. Dus kan ‘n sege, en ‘n span in die halfeindronde, vir Jeugland van relegasie red.
Ermelo sal egter nie maklik op sy tuisveld geklop word nie. Dit is op stuk van sake waar oopkantflank, Duan Bruger, vroeër vanjaar in die doodsnikke oorgeduik het om Ermelo se eerste en enigste sege in die Bowl, oor Hoërskool Eldoraigne (32-29), te beklink.
Die span Kempton Park is nietemin netjies op dreef na twee tuisoorwinnings, teen Merensky (39-27) en Bergsig Akademie (39-32), wat hom tot vierde, met 21 punte, gelig het. Hy kan selfs nog tot derde vorder indien Bergsig in sy kragmeting met Potchefstroom Gimnasium vasval.
In Tzaneen is dit ‘n moet-wen situasie vir die Plasies wat vir Eldoraigne agter die sitrusgordyn welkom heet. Die Tzaneeners lê tans vyfde, met 20 punte, en moet met ‘n bonuspunt wen vir die beste kans om kwalifikasie. Die Eldo’s is reeds uit die halfeindwedloop, maar beplan wel om die Plasies se kaarte deurmekaar te krap.
Die ligbloues hoop om na twee weke vir senter en kaptein, Maritz Meintjies, terug te verwelkom. Sy plaasvervanger in die vorige twee wedstryde, Henru Venter, het homself egter uitstekend van sy taak gekwyt, wat sy impak van die bank, ongeag waar breier, Steve Kruger, besluit om hom in te span, groot sal maak.
Die twee spanne van Potchefstroom, die verdedigende kampioen, die Gimmies en Potchefstroom Volkskool, kan nie op hul louere rus nie. Die Volkies is steeds nie ‘n plek in die halfeindronde gewaarborg nie, wat hul besoek aan Hoërskool Dinamika in Alberton uitdagend maak. Indien hulle vasval, en Bergsig en Jeugland elk wen, sal Volkies vyfde klaarmaak.
Die Eagles, wat self nog ‘n groot gevaar inhou, pak die tog na Potch aan, waar dit moeilik is om die Gimmies te troef. Die tuisspan benodig slegs een ligapunt om te verseker dat hy eerste op die puntelys eindig, maar moet sonder staatmaker-senter, Elrich Bosch, vir die res van die seisoen klaarkom.
Bosch se ernstige kniebesering beteken dat agsteman, De Wet Grobler, die tuisspan se beste speler deur die loop van die jaar, in die middeveld moet diens doen, terwyl Damian Zwahlen hom op agsteman vervang.
Die spanne:
Hoërskool Ermelo t. Jeugland in Ermelo
Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.
Jeugland: 15 King Agbanzo, 14 Thando Ngomane, 13 Andrew Goremusanda, 12 Innocent Vilakazi, 11 Jan Ramano, 10 Koketso Maphopa, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Alec Mohlala, 7 Joseph Ngoma-Ngoma, 6 Tshepang Moeketsi, 5 Nivan Duvenhage, 4 Uche Morka, 3 Levino Domingo, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.
Merenky Landbou Akademie t. Eldoraigne om 12:25 in Tzaneen
Merensky (moontlik): 15 George Steenkamp, 14 Meshack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Christo Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Tolken, 8 Puki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Matthew Mockford, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.
Eldoraigne: 15 Hugo Theron, 14 Aiden Labuschagne, 13 Ethan Beyer, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Juawan Pieterse, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Kilian, 5 MC Scheepers, 4 Luan du Preez, 3 Chase Wessels, 2 Marnes Prinsloo, 1 Wian White.
Dinamika t. Potchefstroom Volkskool om 12:30 in Alberton
Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nico Greyling, 13 Shane Serfontein, 12 Caiden van der Merwe, 11 Nathan Kearns, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Dewan Gomes, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.
Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 River Samuel, 12 Hennie Pretorius, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Stef Schoeman, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.
Potchefstroom Gimnasium t. Bergsig Akademie om 12:30 in Potchefstroom
Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 De Wet Grobler, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 Damian Zwahlen, 7 Jacques van Straten, 6 Zach De Jager, 5 Rynel Rautenbach, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.
Bergsig Akademie: 15 Heinrich Krugel, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Martin Pieterse, 8 Christian De Abreu, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Ryan Nagel, 4 Jacques Viviers, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.