Die o.13 Cravenweek bewys weer dat rugby ‘n spel vir alle groottes is

Die spel rugby bly maar ‘n spel vir alle groottes.
Dit is weereens bewys tydens die Cravenweek vir laerskole (vir o.13-spanne) wat op die velde van die Hoërskool Monument in Krugersdorp.
Die swaarste speler op die toernooi is die Oostelike Provinsie se vaskopstut, Lucas Wheeler, wat die skaal op ‘n volle 107kg laat kreun. Die jong leerder van Grey Junior in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth.
Dit beteken dat hy slegs agt kilogram ligter as die Bok-stut Ox Nche (115kg) en tien kilogram ligter as Trevor Nyakane (117kg) is. Hy staan wel 1.82m in sy sokkies wat beteken dat hy langer as Nche (1.76m) en Nyakane (1.78m) is.
Die ligste speler op die toernooi is die skrumskakel van die Goue Leeus, Ethan Williams, wat 36 kilogram weeg en slegs 1.57m in sy sokkies staan. Williams is egter ‘n vuurvreter en sy hart weeg waarskynlik die helfte van sy totale gewig.
Lijan Horne van Griekwaland-Wes is met ‘n lengte van 1.91m die langste speler op die toernooi. Horne, ‘n leerling van die Laerskool Eureka in Kimberley, is dus ‘n volle sentimeter langer as die Springbok-agtsteman, Jasper Wiese. Laasgenoemde natuurlik ook ‘n trotse produk van die Noord-Kaap.
Dit is slegs twee sentimeter korter as Duane Vermeulen se 1.93m. Die kortste speler op die toernooi is die Blou Bulle se Katlego Lebelo wat slegs 1.30m in sy sokkies staan. Lebelo is ‘n leerling van die Laerskool Wonderboom in Pretoria.




