Die koring van die kaf geskei in NWU Prestige-reeks

Hoërskool Pietersburg se grootste toets tot dusver vanjaar wag Vrydag op hom in die kwarteindronde van die NWU Prestige-reeks in Alberton.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die span van die hoofstad van Limpopo kom teen Hoërskool Marais Viljoen op sy tuisveld te staan om sake vir ‘n plek in die Prestige-reeks se halfeindronde uit te spook.
Die Pieties het tot dusver beïndruk met seges oor Potchefstroom Volkskool, Bergsig Akademie en, verál, Heidelberg Volkskool, waarvan die laaste twee taamlike karaktertoetse was.
Marais Viljoen beskik vanjaar egter oor ‘n reuse pak voorspelers, met agsteman, Rio Tshimbalanga, en slot, Clayton Gagiano, wat die aanslag voorlangs lei. Boonop moet die Pieties noodgedwonge klaarkom sonder hul staatmakerstut, Stephan Jansen van Rensburg, wat die wedstryd weens ‘n besering misloop. Dit bied aan Elardus Erasmus die geleentheid om sy staal in die voorry te wys.
Hoërskool Montana moet die onvoorspelbare Potchefstroom Volkskool tem om sy plek in die halfeind te bepreek. Die Wit Bulle is nietemin netjies op dreef, met drie agtereenvolgende seges in slegs 10 dae. Vernaam die Monties se lostrio, gelei deur agsteman, Eric Potgieter, bied ‘n taamlike uidaging vir die Volkies se pak.
Die span van Potchefstroom het egter reeds gewys dat hy die kastaiings uit die vuur kan krap, soos wat die geval was in verlede naweek se naelskraapse oorwinning met een punt oor Bergsig Akademie. Heelagter, Anro Nel, beskik oor die vermoë om van enige plek op die veld dodelike teenaanvalle te loods en sal met ‘n valkoog dopgehou moet word.
Bergsig Akademie is oorgehaal om hierdie week sy eerste sege van die 2025-seisoen te behaal, en dit teen verlede jaar se naaswenners van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Hoërskool Lichtenburg. Die Arende het in hul laaste drie wedstryde met twee of minder punte in die stof gebyt.
Die Liggies, daarenteen, het hul rondomtalie-ronde met ‘n oortuigende sege van 41-17 oor Hoërskool Jeugland afgesluit en sal verál voorlangs die pap dik aanmaak, met die veelsydige Juan van Rhyn aan die spits.
Marais Viljoen t. Hoërskool Pietersburg om 15:15 in Alberton:
Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Tristan Thom, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkel, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huysteen, 6 Junior Mwengehya, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crous, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.
Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Manhlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randell, 9 Celliers van der Merwe, 8 Ludke Pienaar, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 FC Smith, 4 Brent Vorster, 3 Elardus Erasmus, 2 Ziahn Lombaard, 1 Kyle Swanepoel.
Potchefstroom Volkskool t. Montana om 13:50 in Alberton:
Potchefstroom Volkskool: 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Juan Alexander, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Eric Potgieter, 7 Ulrich van Biljon, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Victor Carr, 3 Xandré le Roux, 2 Aiden Vorster, 1 Aiden van der Made.
Bergsig Akademie t. Hoërskool Lichtenburg om 11:10 in Alberton:
Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehous, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.
Hoërskool Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter 13 Ruan Kroëse, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Elje Kleynhans, 4 George Bingudza, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Armandt Pienaar.