SuperSport Schools Plus

Die Colts-liga kry Saterdag ‘n nuwe kampioen, Postmasburg of Hoopstad?

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-25 Tags: , , ,

FOTO: Marnus Prinsloo

Die Kovsiestreekkompetisie se Colts-titel sal Saterdag, na die eindstryd by Shimlapark in Bloemfontein, ‘n nuwe staanplek kry in Postmasburg of Hoopstad.

Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Verlede jaar het Vrede in die eindstryd vir Curro Kathu met 68-12 pakslae gegee, nie Postmasburg of Hoopstad het vir die o.19 halfeindronde kwalifiseer nie.

Hoopstad se o.16 span het egter, danksy ‘n speler-van-die-wedstryd vertoning deur sy senter, Hennie Barnard, die ouderdomsgroep liga gewen met ‘n 26-24 sege oor Curro Kathu.

Barnard en kie lyk goed ingerig om hierdie jaar daardie sukses in die o.19 liga te herhaal. Sy senter-maat, Abrie van Zyl, is ook ‘n gevaarpunt.

Van Zyl het in die halfeindstryd drie keur agter die doellyn gaan kuier in sy span se 31-20 sege oor Zastron.

Postmasburg het verlede naweek vir Hendrik Potgieter met 43-24 uitgeskakel in hul halfeindstryd.

Die skopskoen van sy losskakel, Emmanuel van der Merwe, kon die Noord-Kaapse span op die voorvoet hou en sy spoedvraat vleuel, Bradley Clark, het twee drieë agter sy naam gekry in daardie wedstryd.

Postmasburg trek drie van hul o.17 spelers op, na hul seisoen verlede naweek geeindig het. Nilyne Morris (slot), Maseru Koaho (skrumskakel) en Boago Toli (senter) is drie veranderings van verlede naweek se span. Hulle al drie het was die vorige naweek in die Postmasburg o.17 span.

Met Koaho op skrumskakel beweeg Eugene Makhubedu na die vleuel-posisie, waar hy meer spasie sal vind om in te speel.

Michael Steyn begin vir Hoopstad op vleuel, sodat Carlo de Beer kan instaan op skrumskakel vir die beseerde Marco Wolfaardt. Steyn is nog heel jaar ‘n uitblinker vir sy span op agtsteman, en dit gaan interesant wees om te sien wat hy met bietjie spasie kan doen.

Jurgens Human neem sy plek agter die skrum in.

As die halfeindronde enige aanduiding gee kan ons ‘n skouspel van plattelandse rugby verwag in Bloemfontein waneer hierdie twee mekaar pak.

Die spanne is:

Postmasburg t. Hoopstad om 12:00:

Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Carlo de Beer, 13 Boago Toli, 12 Mandre Maritz, 11 Eugene Makhubedu, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Maseru Koaho, 8 Omphile Moemedi, 7 Phumezo Nel, 6 Bradley Clark, 5 Nilyne Morris, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.

Hoopstad:15 Busi Mfebe, 14 Corne Wilsenach, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Edward Graham, 8 Jurgens Human, 7 AB Muller, 6 AP Meyer, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.

Die dag se bepalings: 

08:30 (o.16 Colts) – St Andrews t. Brandfort.
09:40 (o.15 Irawa) – De Aar t. Bultfontein.
10:50 (o.15 Shimla) – Voortrekker t. Fichardtpark.
12:00 (o.19 Colts) – Postmasburg t. Hoopstad.
13:25 (o.19 Irawa) – St Andrews t. Wilgerivier.
14:50 (o.19 Shimla) – Welkom Gimnasium t. Hoërskool Upington.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.