SuperSport Schools Plus

Die Anker wil NWU Prestige-reeks op hoë noot afsluit

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-04-19 Tags: , , , , , , ,

Hoërskool Die Anker is oorgehaal om hul NWU Prestige-veldtog op ‘n hoë noot af te sluit, wanneer hulle Saterdag op tuisbodem met Hoërskool Zwartkop swaarde kruis.

Die span van Brakpan het tot dusver vanjaar ‘n wipplank-seisoen beleef. Saterdag se wedstryd dien voorts as ‘n laaste oefenlopie voor die span, vir die eerste keer hierdie jaar, in die SDC Noordval Cup se Skild-afdeling uitdraf.

Die beseringspook het, soos by vele ander skole, ook by die tuisspan gaan draai, en derhalwe is breier, Corneel van Dyk, druk besig om nuwe kombinasies op die proef te stel. Branden Crous sal vir die tweede agtereenvolgende week die nr. 12-trui oor die kop trek, hoewel hy gewoonlik ‘n doring in teenstanders se flees is as losskakel.

Die woelige skrumskakel, Danie Smit, neem verantwoordelikheid as generaal en spelskepper in die nr. 10-trui, met Troy Joubert wat in Smit se plek die span van Centurion se verdediging, op skrumskakel, behoort te terroriseer.

Die Zwarries het ook wankelrig begin vanjaar, met hul eerste wedstryd wat in ‘n nederlaag van 7-21 teen die besoekende Hoërskool Ellisras geëindig het. Vandaar het die Zwarries egter ritme begin vind en stelselmatig aan die strukture gewoond geraak. Losskakel, Luhardt Booyens, is mooi op dreef en sal daardie spelpeil wil voortsit.

Die Zwarries se puntemasjien van 2023, Denlison Metcalfe, is ook stadig maar seker besig om sy beste vorm te herwin. Hy sal Saterdag se kragmeting in Brakpan wil aanwend as laaste voorbereiding vir die interessante Noordvaal Plaat-afdeling wat voorlê.

Hoërskool Montana sê vir die begeesterde span van Potchefstroom Gimnasium die stryd aan in Springs. Nes die spanne wat mekaar in Brakpan pak, het hierdie spanne ook geleidelik vanjaar hul voete begin vind. Dit sal egter ‘n groot toets vir die Potchefstromers wees, met die Monties wat ‘n hele paar afdelings bokant hulle in die Noordvaal verskyn.

‘n Sege oor die Pretorianers sal beslis moeilikheid vir Gimmies se toekomstige teenstanders voorspel, asook dat die span met heelwat selfvetroue hul eerste jaar in die Noordvaal se Bowl-afdeling kan aanpak.

Die spanne: 

Die Anker t. Hoërskool Zwartkop om 12:30 in Brakpan

Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterfield, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Leon Botha.

Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denlison Metcalfe, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Bradley Cronje, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Lindeque, 1 Ricus Kotze.

Hoërskool Montana t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Springs

Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Keagan van der Merwe, 10 Ruwald Goosen, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Richard Botha, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Reuben van Hammersveld, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 David Ndala, 12 Jhanco de Beer, 11 Toks Becker, 10 Jean Groenewald, 9 MJ Viljoen, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

Hoërskool Klerksdorp t. Hoërskool Oostelig om 11:10 in Brakpan: 

Klerksdorp: 15 Cohan Witbooi, 14 Yuran Malete, 13 Winton Abrahams, 12 Asif Sumara, 11 Tyron Masango, 10 Deacon Loots, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Diwan Labuschagne, 6 Tiaan Koen, 5 Bokamoso Mabeleng, 4 Juan Hills, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.

Oosterlig: 15 Jaydon Bouwer, 14 Mario Olifant, 13 Dean Jordaan, 12 Joel Jordaan, 11 Joshua Booyens, 10 Tristan Else, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juandre bekker, 6 Brandon Desmore, 5 Jeandre Naude, 4 Gert Nel, 3 Calvin van Eeden, 2 Gunther Nel, 1 Tiaan Louw.

Heidelberg Volkskool t. Potchefstroom Volkskool om 11:10 in Springs 

Heidelberg Volkskool: 15 Kevin Oormeyer, 14 Stefan Botha, 13 Kayle Venter, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Hein Oelofse, 9 Pedrie Roets, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Munro, 6 Eduard Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Hennie du Plessis.

Potch Volkies: 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Louis Fourie, 1 Daniel Strydom.

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.