SuperSport Schools Plus

Die Anker-agttal gereed vir Hand en Hugies

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-08-01 Tags: , , , , , , , ,

“Die vaste fasette en basiese aspekte gaan deurslaggewend wees.”

Aldus Hoërskool Die Anker se breier, Corneel van Dyk, op die vooraand van sy span se groot stryd in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling teen aartsvyande, Hoërskool Hugenote van Springs, in Brakpan.

Volg al die Noordvaal Skild aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

Die Hugies wil die bordjies verhang met Die Anker wat met 36-0 koning gekraai het in die vorige kragmeting tussen dié twee spanne tydens verlede jaar se NWU Prestige-reeks, óók in Brakpan. Vanjaar ontmoet die twee Oos-Randse spanne in ‘n kritieke stryd wat die Skild-wedloop betref.

Vir die Hugies is dit ‘n moet-wen indien hulle enigsins hoop om by die agterdeur in te glip. Die span van Springs bevind hulself tans in die sewende plek op die puntelys, maar is slegs twee punte agter Hoërskool Ben Vorster, wat vierde lê.

Die span van Brakpan wil die wedstryd gebruik om die voorsprong tussen hulle en die Buffels te vergroot en broodnodige ritme te herwin voor die uitspeelrondes. Hulle beklee die derde plek, twee punte voor die Tzaneeners.

Die Anker in Brakpan is nooit maklik nie en die Hugies is voorbreid op ‘n strawwe stryd voorlangs. Die tuisspan sal uiteraard probeer om voorlangs te oorheers, maar die besoekers beskik oor ‘n formidabele wapen in die vorm van flank en kaptein, Tyron Hand, en sy lostrio-makkers.

Hand, in samewerking met agsteman, Hendrik Eybers, en oopkantflank, Arne Marais, het reeds menige agttalle vanjaar laat sneuwel. Nie net beskik die drietal oor ‘n intimiderende fisieke teenwoordigheid nie, maar ook die nodige vaardighede om soos driekwarte met die bal op loop te sit.

Dit is nietemin ‘n uitdaging waarvoor die tuisspan se agsteman en kaptein, Ruben Herbst, sy lippe sal aflek. Herbst is ewe fisiek, vernaam op die aanval en sy driedruk-rekord getuig daarvan.

Slot, Gerhard Oosthuizen, maak ook op die regte tyd sy terugkeer nadat hy vir ‘n geruime tyd op die krukkelys was en is, nes Herbst, ‘n belangrike pyl in Die Anker se koker, verál wat verdediging betref.

Die onoorwonne Hoërskool Wesvalia verwelkom vir die verdedigende kampioen, Hoërskool Secunda, in Klerksdorp. Die span van Secunda loop egter die risiko om vanjaar reeds voor die uitspeelrondes uitgeskakel te word, indien hulle nie Saterdag die wa deur die drif kan trek nie.

Hulle beskik nietemin oor die nodige skietgoed om die Wessies te troef, vernaam as die agttal aan die gevaarlike agterlyn, en spesifiek senters, Bismarck Jansen en Ryan Erasmus, genoegsame balbesit kan verskaf.

Secunda sal nie maklik die oorhand voorlangs verkry nie, met die Wessies se Dumond-duo wat hulle inwag. Die werkverrigting van Francois Dumond, die tuisspan se Cravenweek-flank, en slot Franco Dumond, gaan die lewe moeilik te maak vir die span van Mpumalanga.

Wesvalia-heelagter, Rieckardt van Heerden, behoort ook ‘n taamlike sê in die stryd hê, met sowel sy stewel as gevaarlike aanvalswerk van agter.

Hoërskool Pietersburg, wat steeds soek na ‘n eerste oorwinning in vanjaar se Skild, reis na Heidelberg waar Heidelberg Volkskool op hom wag. Die Pieties het pynlik naby gekom verlede naweek, maar moes met 21-24 in Springs die knie buig. Die flinkvoetige binnesenter, Siya Mahlangu, se tweestryd met Volkies se Dean Last, met sy rotsvaste verdediging, beloof om ‘n hoogtepunt te wees wees.

Die spanne:

Hoërskool Die Anker t. Hoërskool Hugenote van Springs om 12:20 in Brakpan

Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Branden Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.

Hugenote (Springs) (moontlik): 15 George Lucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.

Hoërskool Wesvalia t. Hoërskool Secunda om 12:30 in Klerksdorp

Wesvalia: 15 Rieckardt van Heerden, 14 Justin Adams, 13 Xander Smit, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez

Hoërskool Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink La Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Renier Combrink, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Pietersburg om 12:30 in Heidelberg

Heidelberg Volkskool: 15 Kevin Oormeyer, 14 Theuns van der Merwe, 13 Marco Botha, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Monro, 6 Pedrie Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Samukelo Mgwenya.

Hoërskool Pietersburg: 15 Celliers van der Merwe, 14 Brydan Retief, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Zuhan Labuschagne, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker , 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Floris Venter, 2 Dewald de Beer, 1 Hendro Moulder.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.