SuperSport Schools Plus

Die AFGRI Prestige Rugbydag het vir 2020 ‘n sterker Kaapse geur

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-01-27 Tags:

AfgriPrestigeDie vyfde jaarlikse Afgri Prestige Rugbydag op Loftus Versfeld het vanjaar ‘n sterker Kaapse geur as die vorige vier keer wat die dag aangebied is. Die rugbydag vind vanjaar op 14 Maart op ‘n Saterdag plaas om meer toeskouers na die dag te lok. 

Paarl Gimnasium, Boland Landbou, Stellenberg en Outeniqua sal vanjaar vanuit die Wes-Kaap reis om op die Blou Bulle se heiligdom in aksie te wees. Boland Landbou was die afgelope paar jaar die enigste skool vanuit die Wes-Kaap wat aan die dag deelgeneem het. 

Paarl Gimnasium sal in die hoofwedstryd van die dag teen Pretoria Boys’ High te staan kom. Die wedstryde sal vanjaar volle skolewedstryde wees en nie soos in die verlede verkorte wedstryde waar geen stelskoppe toegelaat is nie. 

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se interskole-wedstryd teen die Hoërskool Diamantveld sal ook deel van die rugbydag wees, die kragmeting sal wel op Affies se hoofveld beslis word. Affies vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. 

Die kragmeting tussen Waterkloof en Outeniqua behoort ook hope vuurwerk op te lewer. Die Klofies se nuwe Direkteur van Rugby, Lukas Holzthausen, ken die Kwaggas goed want hy was hul sportwetekenskaplike tussen 2005 en 2008.

Die Klofies se nuwe agterlyn-afrigter, Renier de Villiers, het in 2008 aan Outeniqua gematrikuleer en het vir die skool se eerstespan uitgedraf. Hy was ook ‘n lid van Suidwestelike Distrikte se Cravenweek-span wat daardie jaar as die nie-amptelike kampioen gekroon is. 

Die Volstruisboere van 2008 is deur Ierland se CJ Stander daardie jaar aangevoer.  

Boland Landbou kom teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg te staan in nog ‘n kragmeting wat vir hope opwinding behoort te sorg. Frikkie Meyer van Thabazimbi sal versigtig opgewonde wees om homself teen Stellenberg te meet. 

Loftus Versfeld

07:30 – o.13 –  Midstream College vs Sentrale Volkskool Kroonstad
08:20 – St Albans College vs Hoërskool Kroonstad
09:40 – Ellisras vs Hoërskool Sentraal
11:10 – EG Jansen vs Uitnodigingspan
12:30 – Garsfontein vs Kempton Park
13:00 – Nelspruit vs Eldoraigne
14:10 – Frikkie Meyer vs Stellenberg
15:30 – Montana vs Die Anker
16:50 – Waterkloof vs Outeniqua
18:10 – Boland Landbou vs HTS Middelburg
19:50 – Pretoria Boys’ High vs Paarl Gimnasium

Affies A-field

12:30 – Affies vs Diamantveld

[powr-comments id=”cef2fca0_1580117882091″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.