Diamonds speel hul laaste wedstryd van die jaar in Kuruman teen Kalahari

Die Hoërskool Kalahari in Kuruman onthaal Saterdag vir Diamantveld vir ‘n kans vir albei spanne om hul seisoen op ‘n hoogtepunt af te sluit.
Vir die tuisspan sal ‘n oorwinning teen Diamantveld ‘n massiewe prestasie wees, na die Diamonds verlede jaar met 74-0 bobaas was.
Diamantveld beleef egter ‘n moeilike seisoen hierdie jaar en sal net so gretig wees om hul laaste wedstryd op ‘n positiewe noot af te sluit.
Hul pak voorspelers het al gewys waartoe hulle in staat is met sterk vertonings om vir Duineveld (30-15) en Hoërskool Trio (21-15) te verslaan, maar daar was al geleenthede hierdie jaar wat die Diamonds net nie hul ritme kon vind nie.
Kalahari het onlangs teen Hoërskool Upington verloor met 34-19, maar het hulself goed verteenwoordig teen die Noord-Kaapse kampioene met veral hul agsteman, SW van Heerden, wat uitgestaan het vir sy harde werk.
As Van Heerden en kie hierdie naweek weer so ‘n vertoning kan lewer mag hulle moeilikheid vir die besoekers veroorsaak.
Toe Diamantveld vroeër in die seisoen teen Uppies gespeel het het hulle ook verloor met 43-31, so al word Kalahari dalk nie as die gunsteling beskou nie, het hulle hulself al meer as genoeg bewys teen die kaliber teenstander.
‘n Sege teen die span van Kimberley sal ‘n groot stelling wees vir die Kalahari span wat in die afgelope paar jaar al soveel vordering met hul rugbyprogram kon maak.
Die besoekers is steeds sonder hul twee ster-senters, Simon Liversage en Valentino Lenge, maar Kyle Taute (vleuel), JJ Fourie (agsteman), Achiles de Jager (flank) en FJ de Fries (stut), wie almal vir die Griekwas by die Cravenweek uitgedraf het is op hul pos om hul seisoen sterk te probeer afsluit.
Die spanne is:
Kalahari t. Diamantveld om 13:20:
Kalahari: (Moontlik) 15 Tikane Tstollo, 14 Philanso Phillips, 13 Thlompo Matilo, 12 Janco Reinecke, 11 Nathaniel Mbane, 10 Tshepo Matonkonjane, 9 Nico Thomatos, 8 SW van Heerden, 7 Molema Machaba, 6 Juandre Beeby, 5 Pieter Swanepoel, 4 Wian Taljaard, 3 Duan Roodt, 2 Lesego Thebeegae, 1 Robert Blaauw.
Diamantveld: 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Kaliq Jacobs, 12 Marno Greef, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Ethan Manus, 9 Dirk van Heerden, 8 JJ Fourie, 7 Diwan Muller, 6 Achiles de Jager, 5 Daniël Kuhn, 4 Llewellyn Bartch, 3 Lu-Gene Coetzer, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.




