Diamonds soek wraak teen JF in Bloem

Jim Fouché is oorgehaal om Diamantveld se perfekte begin tot hul Wesgrow Sentrale Sportreeks-veldtog Saterdag in Bloemfontein tot ‘n einde te probeer bring, terwyl die Diamonds, op hul beurt, vir verlede jaar se tuisnederlaag sal wil vergoed.
Intussen pak JF se buurskole, Fichardtpark en Sentraal, mekaar ook op die Fichies se velde.
Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die reeks
Diamantveld vertoon vanjaar uiters indrukwekkend, met oorwinnings in albei hul Wesgrow-bepalings tot dusver.
In hul eerste uitstappie van die seisoen het hulle verlede jaar se algehele kampioene, Voortrekker, met 18-6 in Kimberley verslaan en daarna heelwat karakter aan die dag gelê om vir Hoërskool Trio in ‘n naelbyter in Kroonstad met 29-27 te troef.
Verlede naweek het die Diamonds egter stof gevreet in Upington, toe ‘n strafskop in die doodsnikke van die kragmeting aan Duineveld die oorwinning besorg het.
Met spelers soos Simon Liversage, Marno Greeff en Enrique Boshoff in hul midde kan Diamantveld egter vir enige verdediging moeilikheid veroorsaak, en hulle sal hul lippe aflek vir die kans om weer op die wenpad te kom.
Verlede jaar het JF vir Diamantveld in Kimberley met 36-22 pakslae gegee, danksy ‘n driekuns deur agsteman, Calvin Bolt. Die Bloemfonteiners beskik weer oor ‘n effektiewe lostrio vanjaar, en Qian Moller, Franco Oberholzer en Nathan van Breda het ‘n belangrike rol om te vervul indien hulle verlede jaar se sukses wil herhaal.
Die Diamonds het egter sedert daardie vorige ontmoeting ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en lyk vanjaar soos een van die voorste aanspraakmakers op die Wesgrow-titel.
Die spanne:
Jim Fouché t. Diamantveld om 13:40:
Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Adrian de Necker, 13 Hanro Marais, 12 Heinrich Hattingh, 11 Bendré Vermaak, 10 Breyten de Wee, 9 Brenden de Wee, 8 Qian Moller, 7 Franco Oberholzer, 6 Nathan van Breda, 5 Milan Marais, 4 Brenden Weyers, 3 Jandré Opperman, 2 Ian Nel, 1 JC van Niekerk.
Diamantveld: 15 Carel Viljoen, 14 Lehan van der Westhuizen, 13 Clinton Brits, 12 Simon Liversage, 11 Jonathan Harding, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Paul Cronje, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniël Kühn, 3 Dian Ellis, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.
Fichardtpark t. Sentraal om 13:30:
Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Ayanda Quinisa, 13 Duan Viviers, 12 Junior Titoti, 11 Divan Martens, 10 Pule Motsilili, 9 Devanté Claasen, 8 MJ Herbst, 7 Janel du Plessis, 6 Marno Smith, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.
Sentraal: 15 Jayden Betty, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Pat Cloete, 12 CJ Hertzog, 11 Aiden Gotsch, 10 Hendrik Jonker, 9 Schalk Linde, 8 Chris Kachelhoffer, 7 CJ Cloete, 6 Percy Reynolds, 5 Jandré Jardim, 4 Steven Smith, 3 EJ van der Berg, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.
Ander bepalings:
o. 19: 18:30 – Landboudal t. Burgersdorp; 13:30 – Hoërskool Upington t. Hoërskool Noord-Kaap.




