SuperSport Schools Plus

Diamonds sal lugtig vir Uppies voor tuisskare wees

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-04-15 Tags: ,

NewsG Jasper Wiese UppiesDie Hoërskool Upington onthaal weereens hul ou vyande Diamantveld uit Kimberley.

Die skole het tot en met 2015 jaarliks meegeding, met Upington wat slegs hul eerste wedstryd in 2008 kon wen, dit was egter ook die enigste wedstryd wat in Upington plaasgevind het, so Uppies sal hul tuisveldvoordeel weer wil benut.

Ondanks hul rekord teen Diamantveld is Uppies geensins ‘n maklike span om teen te speel nie en het al spelers van die kaliber van Jasper Wiese en Tiaan Strauss opgelewer.

Upington sal hierdie rekord wil verbeter waneer hulle Saterdag om 13:50 weer die geleentheid kry.

Die Diamante het ‘n gemengde seisoen tot dusver, hulle het hul eerste vier wedstryde verloor, wat ‘n geskiedkundige eerste nederlaag teen Fichardtpark ingesluit het, voordat hulle oor die paasnaweek goed terug gekom het om twee harde wedstryde teen Nico Malan (37-2) en Parktown (19-17) by die Standard Bank KES Paastoernooi te wen.

In die vorige wedstryde was Diamantveld se pak voorrye baas teen hul teenstanders, maar dit was in gebroke spel waar die gapings in hul verdediging oopgemaak het. Dit sal interesant wees om te sien of Uppies by hul gewone spelpatroon bly, en die Diamante se voorry probeer aanvat, of aanpas om die tuisspan se swakpunte uit te buit.

Spelers soos Kyle Taute (vleuel), Simon Liversage (senter) en Marco Mathewson (losskakel) moet egter glad nie afgeskryf word nie, en kan maklik die Uppies span straf indien die spel te los raak.

Hoe dit ook al sy, beloof hierdie kragmeting om uiters fisies te wees, met albei skole wat bekend is vir hul kragtige, groot seuns. 

Upington sal Saterdag wemel met skolesterre, aangesien Hoërskool Kalahari ook in die dorp is om by Duineveld te kom besoek aflê. 

Die spanne is:

Upington: 15 Louwan Harper, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Siphe Msebenzi, 12 Ruwin Isaks, 11 Le-Roy Daries, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Sibusiso Kholi, 5 Ruan Janse van Rensburg, 4 Roedolf Duraan, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 Petrus Karsten.

Diamantveld: 15 Marno Greef, 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marco Mathewson, 9 Dirk van Heerden, 8 Stiaan Loggenberg, 7 De Villiers Straus, 6 Achiles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.

Ander bepalings:

Vrydag – 17:10 – Douglas vs Wildeklawer. Saterdag – 14:30 – Duineveld t. Kalahari.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.