SuperSport Schools Plus

Diamonds pak ervare Duineveld in Upington

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-12 Tags: ,

Na Diamantveld se suksesvolle sportdag teen Hoërskool Upington verlede naweek in Kimberley, pak die Diamonds Saterdag die Uppies se buurskool, Duineveld, in Upington.

Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

Die span van Kimberley lyk indrukwekkend vanjaar en kon laas naweek hul spiere bult met ‘n sege van 40-7 oor die besoekers van Upington.

Die Velties het self ‘n spogsege behaal, deur vir Hoërskool Kalahari met 38-9 te kasty. Vroeër in die seisoen het die Upington-seuns ook so hittete vir ‘n uiters sterk Noordheuwel-span laat struikel by die Noord/Suid-toernooi, waar hulle naelskraaps met 32-33 verloor het.

Arno Luttig, Alek Andrianatos en Gregon Jansen is drie van die tuisspan se spelers wat verlede jaar reeds aandag getrek het. Luttig het in 2023 Griekwas se Cravenweekspan gehaal, waar hy langs Kyle Taute, Heinrich Nel en FJ de Vries van Diamantveld gespeel het.

Toe die twee spanne mekaar verlede jaar in Kimberley raakgeloop het was die Diamonds met 30-15 baas .

Andrianatos, Jansen en Luttig was natuurlik deel van daardie Duineveld span, saam met Henry Page, Ethan van Zyl, Franco Erasmus, Wihan Liebenberg en Ethan Prins wat almal hierdie naweek weer in aksie is. Hulle sal graag die bordjies wil verhang met behulp van die tuisskare en hul ervare groep kernspelers.

Die besoekers het egter ook van hul spelers van verlede seisoen oorgehou, met Taute, De Vries, Nel, Simon Liversage en Marno Greeff wat oorwinning oor die Velties gesmaak het.

Duineveld t. Diamantveld om 13:30:

Duineveld: 15 Gregon Jansen, 14 Jacquin Jasson, 13 Henry Page, 12 PJ Smit, 11 AJ Burger, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Wihan Liebenberg, 7 Jandries Potgieter, 6 Alek Andrianatos, 5 Jan-Carel Claasens, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Philip van As, 1 Adriaan Botha.

Diamantveld: 15 Kyle Taute, 14 Carel Viljoen, 13 Clinton Brits, 12 Simon Liversage, 11 Jonathan Harding, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Paul Cronje, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniël Kühn, 3 Heinrich Nel, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.