Diamonds oorheers by Mercedes-sewestoernooi in Kimberley
 Diamantveld het die naweek oorheers by hul sewestoernooi waar hulle die plaaslike kompetisie onder die tafel ingevee het en met altwee ouderdomsgroepe die onderskeie titels kon verower voor hul tuisskare.
Diamantveld het die naweek oorheers by hul sewestoernooi waar hulle die plaaslike kompetisie onder die tafel ingevee het en met altwee ouderdomsgroepe die onderskeie titels kon verower voor hul tuisskare.
Kyk die wedstryde weer op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Die Diamonds was op volle vaart in Kimberley, hul blitsige o.17 span kon die titel neem met ‘n gemiddelde telling van 40-8.
In groep 2 het Noord-Kaap ook sterk gelyk, maar die tuisspan kon hulle met ‘n omvattende 42-17 vertoning in die eindstryd wegsien.
Diamantveld het verlede naweek net-net kortgeval by die Uppies Fees sewestoernooi, waar hulle in die halfeindstryd die knie moes buig teen Duineveld met 26-19.
Hul o.15s het ook belowend gelyk verlede naweek en het dit tot in die eindstryd gemaak voordat Hoërskool Upington hul aanslag vir die titel tot ‘n einde kon bring met ‘n 19-7 sege.
Hierdie naweek kon altwee die Diamonds spanne al die pad gaan, en ondanks die Northerns se beste pogings kon die Kimberley-seuns ‘n dubbelle sukses beleef deur om altwee trofees te verower na ‘n naweek van lekker plattelandse sewesrugby.
Al die uitslae:
o.17
Groep 1: Diamantveld 50, Adamantia II 0; Hopetown 19, Wildeklawer 12; Diamantveld 47, Wildeklawer 5; Hopetown 41, Adamantia II 0; Diamantveld 33, Hopetown 12; Wildeklawer 54, Adamantia II 0;
Groep 2: Noord-Kaap 31, Van Druten 17; Diamantveld II 24, Adamantia 21; Noord-Kaap 40, Diamantveld II 7; Van Druten 42, Adamantia 0; Noord-Kaap 30, Adamantia 14; Van Druten 21, Diamantveld II 19.
Halfeindronde: Diamantveld 31, Van Druten 7; Noord-Kaap 43, Hopetown 0.
Eindstryd: Diamantveld 42, Noord-Kaap 17.
o.15
Groep 1: Noord-Kaap 31, Wildeklawer 0; Curro Kathu 35, Diamantveld II 14; Noord-Kaap 47, Diamantveld II 0; Curro Kathu 27, Wildeklawer 10; Noord-Kaap 21, Curro Kathu 14; Diamantveld II 37, Wildeklawer 12.
Groep 2: Wildeklawer II 12, Hopetown 5; Diamantveld 47, Adamantia 0; Hopetown 26, Adamantia 14; Diamantveld 52, Wildeklawer II 5; Wildeklawer II 24, Adamantia 7.
Halfeindronde: Noord-Kaap 17, Wildeklawer 7; Diamantveld 50, Curro Kathu 0.
Eindstryf: Diamantveld 22, Noord-Kaap 14.
 
 

 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 