Diamonds oorgehaal vir opwindende 2024 onder splinternuwe bestuur

Met ‘n opwindende nuwe bestuurspan is Diamantveld oorgehaal vir ‘n aksie belaaide seisoen in 2024.
Kyk al die wedstryde regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Philip “Vlos” Molnar tree in as hoofbreier met oud-Griekwa, Bok Makram wie ook die Diamonds tussen 2005 en 2015 afgerig het, langs hom as die voorspelerafrigter. Molnar het aan die einde van verlede jaar die skuif van sy alma mater, Boland Landbou, gemaak waar hy sedert 2018 al betrokke by die eerstespan was, en van 2021 af goeie suskes as hoofafrigter by die boere behaal het.
“Ons wil met elke oefening en wedstryd dank en eer aan ons Hemelse Vader gee vir die talente wat hy in ons elk geplaas het” vertel Molnar oor sy planne vir die seisoen.
Die afrigtingspan word verder aangevul deur nog twee ervare Poubloues.
George Whitehead begin sy o.19 afrigtingsloopbaan die jaar by Diamantveld waar hy sy kennis met die agterspelers gaan deel.
Whitehead bring enorme ondervinding saam met hom, sy volgende wedstryd sal die 100ste keer wees wat hy vir die Griekwas uitdraf sedert hy in 2017 by die Noord-Kaapse span aangesluit het. Hy het reeds in 2009 sy eersteklas-debuut vir die Vrystaat gemaak.
Boonop die ster-losskakel, gaan die Diamonds ook benut maak van die Griekwa-hoofafrigter, Pieter Bergh, se kennis in sy rol as konsultant.
Elf van verlede jaar se spelers is weer in 2024 beskikbaar vir die eerstespan. FJ de Vries (stut), Heinrich Nel (stut), De Wet du Plooy (haker), Daniël Kühn (slot), Achilles de Jager (flank), Stiaan van Loggerenberg (flank), Dirk van Heerden (skrumskakel), Marno Greeff (losskakel), Lehan van der Westhuizen (vleuel), Kyle Taute (vleuel) en Simon Liversage (senter) is almal gereed om weer vir Diamonds op die rugbyveld te verteenwoordig.
Maar met ‘n splinternuwe afrigtingspan is die tafel oop vir die Diamantveld seuns om te beïndruk en ‘n plek in die eerstespan los te speel.
Liversage is die seun van die voormalige Griekwa-losvoorspeler Daan Liversage.
De Vries, Nel, de Jager en Taute het ook verlede jaar die Griekwas by die Cravenweek verteenwoordig, terwyl van die jonger manne wat in die Grant Khomo span was, Dian Ellis (stut), Zuan Rautenbach (slot), Handré Welgemoed (slot), Louis Fourie (flank), Enrique Boshoff (agsteman), Jonathan Harding (senter) en Clinton Brits (senter), ook aan die deur van die eerstespan gaan klop in 2024.
Die Diamonds skop hul seisoen met ‘n tuiswedstryd teen Voortrekker van Bethlehem op 2 Maart in die Wesgrow-reeks af, voordat hulle die volgende naweek vir Affies in Kimberley onthaal.
Oor Paasnaweek is hulle in Johannesburg waar Helpmekaar en Secunda vir hulle wag by die St Stithians College Paastoernooi.
In Mei word alle skolerugbyliefhebbers in die land se oë gerig op Kimberley waar Diamantveld die Absa Wildeklawer-toernooi afskop teen Marlow Landbou. Daarna pak hulle vir St John’s College vanuit Hamilton, Nieu-Seeland aan in die laaste wedstryd van die toernooi.
“Elke wedstryd is egter belangrik om die hele dorp weer trots op die ligblou-trui te maak. Ons wil ons pawiljoene vol maak en die mense van Kimberley trots maak,” sê Molnar.
Die bepalings vir 2024:
# | nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 | nt_header_5 |
---|---|---|---|---|---|
1 | 02/03/2024 | Diamantveld | 18 | Voortrekker (Bethlehem) | 6 |
2 | 09/03/2024 | Diamantveld | 10 | Affies | 33 |
3 | 16/03/2024 | Diamantveld | 29 | Hoërskool Trio | 27 |
4 | 28/03/2024 | Diamantveld | 7 | Helpmekaar | 47 |
5 | 30/03/2024 | Diamantveld | 53 | Secunda | 11 |
6 | 06/04/2024 | Diamantveld | 40 | Hoërskool Upington | 7 |
7 | 13/04/2024 | Diamantveld | 12 | Duineveld | 14 |
8 | 20/04/2024 | Diamantveld | 38 | Jim Fouché | 15 |
9 | 24/04/2024 | Diamantveld | 41 | Fichardtpark | 12 |
10 | 01/05/2024 | Diamantveld | 57 | Marlow Landbou | 25 |
11 | 04/05/2024 | Diamantveld | 40 | St John's College (NZ) | 24 |
12 | 11/05/2024 | Diamantveld | 71 | Noord-Kaap | 7 |
13 | 18/05/2024 | Diamantveld II | 35 | Sentraal | 7 |
14 | 13/07/2024 | Diamantveld | Goudveld-Hoërskool | ||
15 | 20/07/2024 | Diamantveld | Witteberg | ||
16 | 27/07/2024 | Diamantveld | Kalahari (Kuruman) |