SuperSport Schools Plus

Diamonds moet trotse rekord teen Tralies sedert 2015 verdedig

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-04-21

Hoërskool Sentraal en Diamantveld ontmoet mekaar Saterdag om 13:00 weer in hul Wesgrow-liga bepaling in Kimberley. 

Die wedstryd word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai. – Registreer nou

Diamantveld het nog nie teen die Tralies verloor sedert 2015, toe Sentraal met 24-22 gewen het, nie. 

Oor die laaste drie wedstryde tussen die skole het Diamonds 137 punte opgestapel teenoor die 10 van die Tralies kon aanteken.

Hierdie seisoen beleef die span van Kimberly nog gemengde resultate, maar hulle sal uitsien om Saterdag op hul tuisveld op te draf teen ‘n Sentraal span wat die jaar nog sukkel om aan die gang te kom. 

Die Bloemfonteiners het al tekens van gevaar gewys hierdie seisoen, maar dinge het nog net nie heeltemal vir hulle in plek geval nie.

Spelers soos Marnus Earle (haker) en AJ Senekal (stut) het al gewys dat hulle die vermoë het om die bal te dra vir Sentraal, terwyl Chris Kachelhoffer (flank) nog bankvas in verdediging gestaan het.

Sentraal kon egter nog  nie ‘n wedstryd hierdie seisoen wen nie, hul gelykop spel teen Langenhoven Gim by die Oakdale rugbyweek is tot dusver hul beste vertoning maar dit sal vir hulle groot genot bring om die Diamante in Kimberley te ontstel die naweek.

Diamantveld sal voel dat, ondanks ‘n paar skitterende vertonings deur spelers soos Simon Liversage (senter), Kyle Taute (vleuel),  Marco Mathewson (losskakel) en Stiaan van Loggenberg (no. 8), hulle nog nie naby hul volle potensiaal bereik het nie, en hierdie wedstryd teen hul ou vyande is die perfekte geleentheid om ‘n stelling te maak met ‘n groot wen.

In van die ander Wesgrow bepalings hierdie naweek gaan lê Goudveld besoek af in Bethlehem by Voortrekker en Louis Botha speel teen Jim Fouché by JF.

Die spanne is: 

Diamantveld: 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marco Mathewson, 9 Dirk van Heerden, 8 Stiaan van Loggenberg, 7 De Villiers Straus, 6 Achiles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Heinrich Nel, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.

Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Zander Britz, 13 Henco Smith, 12 Ruan van Niekerk, 11 JP Pretorius, 10 Hendrik Jonker, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Robert van Eeden, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Stephan de Lange, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

Ander bepalings op Saterdag, 22 April:

12:10 – Jim Fouché t. Louis Botha; 13:30 – Bethlehem Voortrekker t. Goudveld-Hoërskool.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.