SuperSport Schools Plus

Diamonds het trotse rekord teen Duineveld om te verdedig

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-05-27

NewsG DuineveldDiamantveld is Saterdag weer in aksie on hul tuisrekord teen Duineveld te verdedig in die twee skole se laaste Noord-Kaap liga bepaling vir die kwartaal.

Hierdie wedstryd sal regstreeks op SuperSport Schools beskikbaar wees – Registreer nou

Die Diamonds oorheers hierdie bepaling vir die afgelope tien jaar, met hul enigste nederlaag gedurende daardie periode wat in 2018 gekom het toe Duineveld in Upington met 22-19 kon wen.

Sedert daardie wedstryd het die Velties al baie na aan ‘n oorwinning in Kimberley gekom. In 2021 het hulle 13-7 verloor en verlede jaar kon hulle net nie ‘n drie in die laaste oomblikke van die wedstryd afrond nie, en moes toe weereens met leë hande terugkeer na ‘n 19-13 nederlaag.

Die besoekers klop nou al lank aan die deur, en hierdie mag dalk net die jaar wees waarin hulle vir Diamantveld in Kimberley kan verslaan.

Duineveld het reeds verlede naweek met Noord-Kaap 18-15 afgesien, en Noord-Kaap het onlangs teen hul buurskool, Diamantveld, 18-17 gewen, so die Velties sal vol vertroue wees voor hierdie wedstryd.

Hulle sal egter steeds moet kan reken met die tuisspan se groot pak voorrye wat Woensdag nog vir Hoërskool Trio plat geskrum het om ‘n indrukwekkende 21-15 oorwinning in die sak te steek.

Of hulle op hierdie momentum kan bou, of die wedstryd in die middel van die week ‘n tol gaan neem sal eers Saterdag bevestig word, maar wat wel seker is is dat hulle nie sommer hul positiewe tuisrekord teen Duineveld gaan laat gaan sonder ‘n geveg nie.

Die twee stutte, FJ de Fries en Flip du Randt was Woensdag onstuitbaar in die skrums en Valentino Lenge, die senter, het nog byna in elke wedstryd hierdie jaar ‘n drie gedruk.

Die besoekers sal ook hul aanslag gedissiplineerd moet hou, want die Diamonds se senter en doelskopper, Simon Liversage, wys nog heel seisoen hoe hy ‘n span kan straf met sy skopskoen.

Die Duineveld span kan egter ook staat maak op hul stutte, Chris Honnibal en Ethan Prins, en dit lyk asof die skrums een van die bepalende faktore van die wedstryd gaan wees.

Hul flank, Alek Andrianatos, dien ook as ‘n ekstra senter waneer hy die bal in die agterlyn ontvang en het al reeds ‘n paar pragdrieë hierdie seisoen gedruk.

DJ Wandrag, die Velties se senter, is nog ‘n opwindende speler om dop te hou hierdie naweek.

Noord-Kaap is ook, net by die pad af, in aksie teen Hoërskool Upington.

Die Northerns sal graag hul kwartaal op ‘n goeie noot afsluit na verlede naweek se nederlaag teen Duineveld.

Die spanne is:

Diamantveld t. Duineveld om 12:30 in Kimberley:

Diamantveld: 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Michael Prinsloo, 10 Marno Greef, 9 Dirk van Heerden, 8 Juandre Stassen, 7 Lehan van der Westhuizen, 6 Achiles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.

Duineveld: 15 Gregon Jansen, 14 Henry Page, 13 Wyndham Bouwer, 12 DJ Wandrag, 11 Shamaro de Klerk, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Wihan Liebenberg, 7 Alek Andianatos, 6 Freddie Collen, 5 Ean le Rich, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Alwyn Wickens, 1 Chris Honiball.

Noord-Kaap t. Hoërskool Upington om 12:00

Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Junior Kettledas, 13 Kimi van den Horst, 12 Abdul Fischer, 11 Keante Pienaar, 10 Eldridge Jack, 9 Lwandle Maseko, 8 Shaw Lourens, 7 Melvin Diedericks, 6 Tyron China, 5 Thaylin Rose, 4 Wentzel Hibbert, 3 Liyabona Mbeke, 2 Liam Harmse, 1 Eveton Hamat.

Hoërskool Upington: 15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 Petrus Karsten.

Ander bepalings:

11:45 – Hoërskool Kathu t. Hoërskool Daniëlskuil; 12:25 – Prieska t. Douglas.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.