Diamantveld betree besige periode met eerste hekkie Saterdag teen JF

Diamantveld se eerstespan is in die middel van ‘n baie besige periode in hul rugbykalendar.
Die span uit Kimberley het verlede naweek in hul groot FNB Classic Clash teen hul buurskool Noord-Kaap gespeel.
Nou pak hulle vir Jim Fouché uit Bloemfontein aan voor hulle Dinsdag teen Hoërskool Trio speel en Saterdag weer uitdraf teen Duineveld.
Die wedstryd teen Jim Fouche word hierdie Saterdag om 13:00 regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou
Die Diamonds het daardie wedstryd teen Noord-Kaap met slegs een punt, 18-17 verloor, na ‘n langafstand strafdoel in die laaste minuut van die wedstryd en sal uitsien na die kans om weer aan die wenkant te kom teen hul besoekers uit die Rosestad die naweek.
JF sal egter ander planne vir die ontmoeting hê.
Die Bloemfonteiner beleef ‘n baie sterk seisoen en hul kaptein en uitblinker haker, Stefan Venter, sal sy span wil lei na nog ‘n groot sege in Kimberley.
Venter en sy skrumskakel, Triston van der Walt, is twee opwindende spelers om dop te hou vir JF.
Die tuisspan sal staat maak op spelers soos Marco Matthewson (losskakel), Valentino Lenge (senter) en Flip du Randt (stut) om die verskil te maak in hul wedstryd.
Matthewson speel ‘n kernrol in die Diamonds se aanval en Lenge het al gewys dat hy nie veel spasie nodig het om by die verdedigers verby te kom nie.
Die wedstryd behoort ook ‘n groot toets vir die twee spanne se voorspelers te wees.
Altwee pakke neem geweldig baie trots in hul lynstane en skrums, en die kragmeting tussen die groot seuns in die voorry gaan baie interesant wees.
Fichardtpark het ook ‘n uiters goeie seisoen, en sal uitsien na hul kragmeting teen HTS Louis Botha, wie nog nie hierdie jaar op spoed kon kom nie.
Die Fichie leeus lyk soos van die gunstelinge in beide die Kovsie- en stadsliga en hul aanslag word aangesterk deur die terugkoms van hul stervleuel, Edward Mpinga, wie uit was met ‘n besering.
Fichardtpark het reeds vir Sentraal (33-7), Jim Fouché (39-33) en Grey III (41-24) afgesien en sal hierdie rekord wil behou.
Die spanne is:
Diamantveld t. Jim Fouché om 13:00
Diamantveld: 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Valentino Lenge, 12 Simon Liversage, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marco Matthewson, 9 Ethan Marnus, 8 Paul Cronje, 7 Juandre Stassen, 6 Achilles de Jager, 5 JJ Fourie, 4 Diwan Muller, 3 Flip du Randt, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.
Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Wiandro Wiese, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Triston van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 CJ Raath, 6 Ruan Heymans, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.
Fichardtpark t. HTS Louis Botha om 12:20
Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Luhan du Plessis, 1 Zaine van Zyl.
HTS Louis Botha: 15 Kutlo Seyoko, 14 Phumelela Banti, 13 Phiwe Mkunjana, 12 Phelile Katse, 11 Babongkile Mafantere, 10 Sipho Dzingwa, 9 Oratile Maphile, 8 Kwanda Tokwe, 7 Mogomotsi Mokunyane, 6 Neo Mothibeli, 5 Ofentse Tholometsi, 4 Sakhekile Mzamo, 3 Daniel Tijmbundi, 2 Indiphile Mabilwana, 1 Tshiamo Senoamadi.
Ander bepalings, 20 Mei
13:05 – Bultfontein t. Hoopstad; 12:10 – Ficksburg t. Paul Erasmus.




