SuperSport Schools Plus

Dertig spanne by Klein Karoo Saadproduksie-week in aksie


FOTO: Marnus Prinsloo

Die Hoër Landbouskool Oakdale se jaarlikse Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek trek hierdie naweek weer 30 skole van regoor Suid Afrika na Riversdal vir ‘n aksiebelaaide ses dae op die plaas.

Die spanne het Woensdag by Oakdale gearriveer, met die eerste wedstryde wat Donderdagoggend om 08:45 afskop waneer Hoërskool Montagu en Hoër Volkskool, Graaff-Reinet, mekaar die stryd aansê.

Montagu het verlede naweek hul spiere gebult teen Jakes Gerwel Tegnies met ‘n reuse oorwinning van 52-12 by die Robbie-fees, maar hierdie naweek sal die kompetisie aansienlik strawwer wees.

Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Oakdale se eerstespan is natuurlik by die Noord/Suid-toernooi in Pretoria in aksie, waar hulle getoets sal word teen Hoërskool Garsfontein en Helpmekaar Kollege. Dus word die skool se trots word deur ‘n vyftiental verteenwoordig, wat jaar na jaar wys dat hulle skouers kan skuur met die besoekende spanne.

Die Oakdale-vyftiental speel in die hoofwedstryd van die eerste dag teen Hoërskool Bredasdorp.

Die Bredasdorp-manne het vroeër in die seisoen by Hoërskool Outeniqua se 101-jaar sportdag hulself in Pearson High School vasgeloop en ‘n pakslae van 71-7 op die lyf geloop.

Die span van die suide het egter verlede jaar ‘n goeie seisoen beleef, en tel jaarliks onder van die voorste plattelandse sewesspanne, so toeskouers kan lekker opwindende hardlooprugby in die hoofwedstryd verwag.

Opwindende, vrygeestige rugby is inderdaad iets wat ‘n hele paar van die spanne by die toernooi in gemeen het. Hoërskole Charlie Hofmeyr en Robertson,  byvoorbeeld, spog elkeen met ‘n verteenwoordiger in die SA o. 17-Sewesspan wat verlede jaar ‘n derde plek behaal het by die Statebond-jeugspele in Trinidad en Tobago.

Charlies se losskakel, Luan Giliomee, en die Robbies se buitesenter, Bernardo Diedericks, was deel van die groep seuns wat ‘n bronsmedalje by daardie byeenkoms verower het.

Verlede naweek het die span uit Ceres ‘n uiters indrukwekkende sege van 41-15 oor Hoërskool DF Malan behaal, terwyl Robbies die hoofwedstryd by hul jaarlikse sportnaweek op ‘n dramatiese wyse teen Hoërskool Vredendal kon wen, danksy ‘n skitterende drie deur vleuel, Ruwan Stevens.

Bloemfontein se verteenwoordigers, Hoërskool Sentraal, sal van die geleentheid wil gebruik maak om weer op die wenpad te kom na ‘n taai begin aan die seisoen, maar hul eerste kragmeting, met Pietersburg Hoërskool gaan beslis ‘n taamlike uitdaging bied.

Die Pieties het egter ook reeds gestruikel aan die begin van die jaar, so die wedstyd bied aan albei skole die geleentheid om waardevolle momentum te bou.

Hoërskool Brackenfell se losskakel, Junior Louw, kon verlede Vrydag sy span tot oorwinning teen Hopefield High School sool by hul jaarlikse sportnaweek. Louw het vyf strafdoele deur die pale gejaag vir ‘n naelbyt-sege van 15-14.

Die wedstryd tussen die Brakkies en Hoërskool Kempton Park beloof om heel interessant te wees. Die Kempies is gewoond aan tawwe opponente in die NWU-Sportreeks, maar hulle moet nie die gevaar wat in Brackenfell se agterlyn skuil onderskat nie.

Parel Vallei High School watt verlede naweek ook ‘n puik sege van 13-5 oor Hoërskool Hermanus behaal het, kom Donderdag teen Hoërskool Oosterlig te staan. Die span van Somerset-Wes sal hul stempel wil afdruk teen die Boksburg-manne wat tot dusver vanjaar gesukkel het om hul ritme te vind.

Die res van die bepalings sal na die eerste dag se spel bekendgemaak word.

Die spanne en bepalings vir Dag Een, 21 Maart:

De Eike-veld

Montagu t. Volkskool om 08:45:

Hoërskool Montagu: 15 Josh Scheepers, 14 Keanan Plaatjies, 13 Morne-John Roos, 12 Linden de Silva, 11 Pieter-Wayne Soldaat, 10 Renaldo Koker, 9 Udo Windvogel, 8 Xolani Stevens, 7 Chadwin Lottering, 6 Rossouw Kriel, 5 Jacobus van Zyl, 4 Kirwin Matthys, 3 Gorchen Fluks, 2 Amed Nazier, 1 Tian Crous.

Hoër Volkskool, Graaff-Reinet: 15 Ben-Lee Jooste, 14 Curwin Niemand, 13 Ashwill Swartz, 12 AJ de Jager, 11 Ethan Davids, 10 Elrico Prins, 9 Pieter van der Merwe, 8 Jan-Theo van Tonder, 7 Zak Wolfaardt, 6 Gideon Becker, 5 Divan van Rooyen, 4 Hugo Botha, 3 Casper Bekker, 2 Lreese Stuurman, 1 Juan Stannard.

Charlie Hofmeyr t. Die Anker om 09:55:

Hoërskool Charlie Hofmeyr: 15 Jay-Jay Janse, 14 Danico Sass, 13 Keagan Kelly, 12 Philip du Plessis, 11 Deolyn Isaac, 10 Luan Giliomee, 9 Izha-Vin van Wyk, 8 Gerhard Goosen, 7 Tyron Davids, 6 Daniel Bakkes, 5 Leroux Groenewald, 4 Jacob Kriel, 3 Duran Shiba, 2 Jay-Handro van Rooyen, 1 Aaron Richter.

Hoërskool Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Troy Joubert, 11 Jayden Steenkamp, 10 Branden Crous, 9 Danie Smit, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Visser, 6 Siya Shongwe, 5 Brendan van Lutterfeld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Zander Nell, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.

Langenhoven Gim t. Wagpos om 11:05:

Langenhoven Gimnasium: 15 Tamrin Pietersen, 14 EG Marais, 13 Evan Delport, 12 Kevin Kennedy, 11 Sinclair Lottering, 10 Cade Ayford, 9 Jayden Arends, 8 Ethan Schoeman, 7 Janes van der Merwe, 6 Keith van Zyl, 5 Stephane du Plessis, 4 Michael Smit, 3 PJ Coericius, 2 Stefan Cloete, 1 Gerick Matthee.

Hoërskool Wagpos: 15 Ruben Joubert, 14 Hardus van der Ryst, 13 Frans Burger, 12 Franco Dippenaar, 11 Heinrich Gurovich, 10 JG Olckers, 9 Arrie Joubert, 8 Adriaan Olivier, 7 David van Breda, 6 Tiaan van der Merwe, 5 Nathan Louw, 4 Dylan Lautenbach, 3 Marcelle Gruindelingh, 2 Tristan van der Westhuizen, 1 Armand Botha.

Brackenfell t. Kempton Park om 12:15:

Hoërskool Brackenfell: 15 Zane van Schalkwyk, 14 Cwenga Ntsapho, 13 Jaydon La Douce, 12 Marquine Abrahams, 11 Liam Lucas, 10 Junior Louw, 9 Jaydin Basson, 8 Wade Fortuin, 7 Dawson Lombard, 6 Danté Jooste, 5 Ntsikayomzi Njongonkulu, 4 Zander van Zyl, 3 Graigan Matroos, 2 Matthew Wyngaard, 1 Siraaj Cook.

Hoërskool Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Wian Riekert, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouché, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Ruben Turketti, 5 Luann Schreuder, 4 JP Roos, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

Potchefstroom Gim t. Upington om 14:00:

Potchefstroom Gimnasium: 15 Jean Groenewald, 14 Lourens Jacobs, 13 David Ndala, 12 Jhanco de Beer, 11 Toks Becker, 10 Justin Oosthuizen, 9 Jaap van der Westhuizen, 8 Elrich Bosch, 7 Morné van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

Hoërskool Upington: 15 LJ Izaaks, 14 Tony van Kradenburg, 13 Themba Kella, 12 Sylvester Hoffman, 11 Laymian Snyders, 10 Cayden Daniels, 9 Louwan Harper, 8 Slabbert Roelof, 7 Petri Fourie, 6 Johan Louw, 5 Ruan Janse van Rensburg, 4 Jaden Williams, 3 Nathan Manyora, 2 Jade Coetzee, 1 Monqoba Hinane.

Hugenote (Wellington) t. Zwartkop om 15:10:

Hugenote Hoërskool : 15 Kieran de Villiers, 14 Keenen Johnson, 13 Ethan-John Isaacs, 12 Xavier Oktober, 11 Joshua Lewis, 10 Lian Wiid, 9 Hugo Steenkamp, 8 Alrich Humphreys, 7 Cullen Ruiters, 6 Basson Truter, 5 Bret Arendse, 4 André van der Westhuizen, 3 Eswin Apollis, 2 Kieran Smith, 1 Xavier Gertse.

Hoërskool Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denilson Metcalfe, 13 Milton Naude, 12 Neil Gouws, 11 Bokamoso Zulu Mona, 10 Luhardt Booysens, 9 Layton Wilson, 8 Brian Smith, 7 Adriaan Janse van Vuuren, 6 Migael Lindeque, 5 Logan Knott, 4 Leonard Lotriet, 3 Brogan Ackerman, 2 Jayden Lee Cronwright, 1 Julian Lubbe.

Strand t. Hoërskool Middelburg om 16:20:

Hoërskool Strand: 15 Tyron Nicholas, 14 Lyle Julies, 13 Sherwin April, 12 Grezano Plaatjies, 11 Heinrich April, 10 Justin Philips, 9 Jaydan Steenkamp, 8 Na-Eem Adams, 7 Eben Delport, 6 Andre Bester, 5 Wessel Cloete, 4 Dewald Barnard, 3 Cayden Theunissen, 2 Roeben Robinson, 1 Wiehan Adams.

Hoërskool Middelburg: 15 Sihle Makatswe, 14 Jacques Greyling, 13 Swe Sibiya, 12 Lungelo Maseko, 11 Marko Mulder, 10 Matthew Abbey, 9 Crawford Joubert, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Joseph Loretz, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Rusty Olwagen.

Sentraal t. Pietersburg om 18:00:

Hoërskool Sentraal: 15 Aiden Gotsh, 14 Ethan Hoffman, 13 Lee-Yagen Arendse, 12 Pat Cloete, 11 CJ Hertzog, 10 SJ Coetzee, 9 Hendrik Jonker, 8 Liam Pretorius, 7 Chris Kachelhoffer, 6 Juandre Jardim, 5 Steven Smith, 4 DJ Bredenkamp, 3 Daniel Kotze, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Dustin Terblanche, 12 Nick Jones, 11 AJ Loots, 10 Hanno van Zyl, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

Oakdale XV t. Bredasdorp om 19:10:

Oakdale XV: 15 Zack Malherbe, 14 Benji Genis, 13 Casper du Plessis, 12 Corné Kennedy, 11 Jurgen Isaacs, 10 Tyrese Plaatjies, 9 Zandré Lategan, 8 Raydon Jafta, 7 Reuben Holtzhausen, 6 Hanno Liebenberg, 5 Mika Smit, 4 Christiaan van Vuuren, 3 Ryno Steyn, 2 Daniël Joubert, 1 Daniël Keyser.

Hoërskool Bredasdorp: Kyle Willeman, 14 Markus de Villiers, 13 Miquyel Johnson, 12 Fortune Goni, 11 Rondaldino September, 10 Urlinn Henecke, 9 Nolez Sedras, 8 Wynand Wessels, 7 Prosper Kaitano, 6 Norte Mintoor, 5 Albert Lambrecht, 4 Alex Janse van Rensburg, 3 Liam Engel, 2 TJ du Plessis, 1 Ismael Jongi.

Populierbos-veld

Overberg t. Augsburg Landbou om 08:45:

Hoërskool Overberg: 15 Bradwill Mackenzie, 14 Andrew Erasmus, 13 Lorenzo Kroutz, 12 Rinus Beukes, 11 Franco Griessel, 10 Favian Arendse, 9 Kiyan Burger, 8 Pieter du Toit, 7 James Badenhorst, 6 Granville Hickley, 5 Johan Beukes, 4 Divan Schroeder, 3 Eaton Cupido, 2 Morné Wessels, 1 Dean Andries.

Augsburg Landbougimnasium: 15 Connen Mouton, 14 Bevan Kroutz, 13 Handré Swart, 12 Zandré Nel, 11 Grayton van Maroe, 10 Matthew Moolman, 9 Nolan Ockhuis, 8 Leon Loots, 7 Zane Jantjies, 6 Jacques Marais, 5 Andreuan Klaase, 4 JJ van der Merwe, 3 Ian Pinto, 2 Neelum Jafta, 1 Dewald Vermeulen.

Parel Vallei t. Oosterlig om 09:55:

Parel Vallei High School: 15 Luchen Meyer, 14 Junior Ruzvidzo, 13 Caleb Maasdorp, 12 Noah Enyang, 11 Liam de Villiers, 10 Shudley Roda, 9 Michael Kent, 8 Boaz Sterley, 7 Chris de Jager, 6 Dylan Cockroft, 5 Renato Tosi, 4 Thomas Hoffmeyer, 3 Ian Kleynhans, 2 Diaan du Toit, 1 Ayandisa Mpumlwana.

Hoërskool Oosterlig: 15 Jaydon Bouwers, 14 Dean Jordaan, 13 Dylan Jordaan, 12 Joël Jordaan, 11 Joshua Boyens, 10 Tristan Else, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juandré Bekker, 6 Gert Nel, 5 Jeandré Naudé, 4 Rubin van der Westhuizen, 3 Joshua Niemann, 2 Gunther Nel, 1 Tiaan Louw.

Labori t. Westering om 11:05:

Hoërskool Labori: 15 Christiaan Beukes, 14 Jesse Goodwin, 13 Leo de Wet, 12 Xavier Bothma, 11 Joshua Gempies, 10 McNiel Thomas, 9 Miguel Britz, 8 Danté Muller, 7 Joshua Hartley, 6 Christiaan Wearne, 5 Lourens Richter, 4 Dirk Human, 3 Jannie Strauss, 2 Leighton Titus, 1 Christiaan Kershoff.

Westering High School: 15 Avumile Katu, 14 Siphosethu Dwedzi, 13 Oko Figlan, 12 Lemuel Kramer, 11 Lusanele Mbenga, 10 Joshua Smith, 9 Endinako Sitonga, 8 Geoff Reed, 7 Masaneliswe Cakwebe, 6 Owam Sebe, 5 Khanya Skosana, 4 Andrew Prins, 3 Ntokoza Gana, 2 Perez de Maar, 1 Lokholo Duna.

Hermanus t. Merensky om 12:15:

Hoërskool Hermanus: 15 Kyle Lewis, 14 Deano Gardiner, 13 Giano da Kosta, 12 Johan van der Walt, 11 Neo Faro, 10 Chad van der Merwe, 9 Cristable Nutt, 8 Reon Sparkham, 7 Rehan Götza; 6 Gideon Scheepers, 5 Chris Marais, 4 Zack Meyer, 3 Yosindiso Mpakama, 2 Sebastiaan van Dyk, 1 Rowen Moore.

Merensky Landbou Akademie: 15 Maritz Meintjies, 14 Heinrich Libbe, 13 Ulrich Mare, 12 Jens Bezuidenhout, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 Mukhetwa Musundwa, 6 Corné Swanepoel, 5 Rico Pieterse, 4 Blessing Mathebula, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.

Robertson t. Vryburg om 14:00:

Hoërskool Robertson: 15 Tyron April, 14 Ruwan Stevens, 13 Bernardo Diedericks, 12 Kerwin Koert, 11 Winsor de Koker, 10 Trailer Venter, 9 Kyle Cedras, 8 Eathan Fourie, 7 André Gelderblom, 6 Ivor Thompson, 5 Jayban Davids, 4 Mycal Swart, 3 Petrus Coetzee, 2 Kallie Joubert, 1 Stephen Kent.

Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 Abduraman Amien, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christopher Isaacs, 9 Rikus Niewoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Janco Venter, 5 Juan Smit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Dirk Visser, 1 Cobus van der Berg.

Swartland t. Lichtenburg om 15:10:

Hoërskool Swartland: 15 Nicholai Miggel, 14 Deven Bocks, 13 Daniël Walters, 12 Carlo van der Merwe, 11 Tyrese Barlow, 10 Iminathi Njozela, 9 Kailen Kotzé, 8 JH Kleinhans, 7 Rheinhardt Adonis, 6 Arthur Bester-van Lill; 5 Martin Neethling, 4 Alexzander Wucherpfenning, 3 Ruan Zandberg, 2 Tiaan Bester-van Lill, 1 Kallie Boutsikaris.

Hoërskool Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundré Dempers, 12 Benré Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 KG Legodi, 5 John Kleynhans, 4 Regardt Jacobsz, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.