SuperSport Schools Plus

Cravenweek Nabetragting – Sentrale Streek

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-07-14 Tags:

POLOKWANE. – Die Griffons was die sentrale streek se suksesvolste span op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in die ou Peter Mokaba-stadion hier. Die Perses was die enigste span buiten die nie-amptelike kampioen, Westelike Provinsie wat die toernooi onoorwonne kon afsluit.

Die Perses het wel op die eerste dag teen die Valke 37-elk gelykop gespeel. Die span moes egter die wedstryd ook gewen het, maar het die oorwinning laat glip. Die span se losskakel, Shaun Reynolds het in die kragmeting met sy balverspreiding en verdediging beïndruk. Hy het ook die toernooi as die voorste puntemaker met 57 punte afgesluit.

Die Perses se kantman, André Janse van Vuuren het ook deurgans goeie spel gelewer. Die skrumskakel Eloff Scheepers het veral met sy spel in sy span se tweede kragmeting teen Oostelike Provinsie-platteland (26-20) goeie spel opgedis.

Die Vrystaat kon slegs een oorwinning oor Oostelike Provinsie 32-21 in sy eerste wedstryd op die toernooi behaal. Die span se senter Ali Mgijima, stut Ox Nche, flank Refiloe Rampeta en stut Ruan Kramer het goeie toernooie beleef. Die heelagter EW Viljoen het in die laaste twee wedstryde goeie spel gelewer, terwyl die haker Andrew du Plessis veral in die laaste wedstryd teen die Pumas met sy lakwerk uitgestaan het.

Die Vrystaat het teen die Leeus (19-20) en Pumas (22-25) verloor danksy strafdoele in die doodsnikke wat albei deur dieselfde skeidsregter Daniel Fortuin toegeken is.

Griekwas-platteland se hoogtepunt van die toernooi was sy vertoning teen die Valke in sy tweede vwedstryd van die toernooi. Die kantman, Junior Burger het die eerste speler sedert Griekwas se Herman van Niekerk teen die Pumas in Welkom geword wat as speler van die wedstryd aangewys is al was hy in die verloorspan. Griekwa-platteland het 24-44 teen die Valke verloor, maar Burger het vier keer gaan druk. Dit was die vyfde keer die seisoen dat Burger drie of meer drieë in ‘n wedstryd gedruk het.

Die span se senter, Jonathan Steenkamp het ook vier drieë in ‘n kragmeting gedruk. Hy het dit in sy span se enigste oorwinning op die week van 51-0 teen Grens-platteland behaal. Die span se agtsteman, Jasper Wiese het ook ‘n goeie toernooi op die veld beleef.

Griekwas se span het in hulle eerste twee wedstryde nie na ‘n span gelyk nie. Die span het wel op die laaste dag die grootste oorwinning van die toernooi behaal deur Grens-platteland 94-5 te verniel. Die Poubloues moes egter nooit met die talent in sy geledere op die C-veld teen die swakste span op die toernooi in sy laaste wedstryd te staan gekom het nie.

Die span se senter, Dimitrio Tieties het 30 van sy span se punte in die wegholsege aangeteken. Hy het twee drieë gedruk en ook tien van sy span se 14 drieë verdoel. Die binnesenter Jacques Nel en vleuel Leon Becker het elk driekunste in die kragmeting ingeryg.

Griekwas het in sy eerste twee wedstryde teen ons buurlande Zimbabwe (17-35) en Namibië (10-27) die knie gebuig. Ter versagting moet genoem dat Zimbabwe sy beste span sedert 2007 na die Cravenweek gestuur het. Vir die Poubloues het die flank Nardus Bosman, skrumskakel GM Bruwer en senter Dimitrio Tieties bevredigende toernooie beleef. Bosman is die seun van die oud Griekwa-speler Dagga Bosman.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.