Craven Week – 1993
Day 1
Boland 31 (8) – Tries: Constant de Waal (2), Marius Visser, Chean Roux. Conversion: Karl-Heinz Hellman. Penalties: Hellman (2), Visser. Free State 23 (8) – Tries: Manie Fourie (2), Tommy Ferreira, Johan Fourie. Penalty: MJ Smith.
North Western Cape 24 (14) – Tries: Hendrik van Zyl (2), Johan Taylor, Jaco Jacobs. Conversions: Pieter Karsten (2). Free State Development XV 10 (3) – Try: Ashwell Rafferty. Conversion: Marius Theron. Penalty: Theron.
Griqualand West 18 (5) – Tries: Dirkie McKenzie (2), Werner Struwig. Penalty: Elbie Hanekom. Transvaal Development XV 14 (6) – Try: Natie van Jaarsveld. Penalties: Van Jaarsveld (3).
South Eastern Transvaal 45 (13) – Tries: Nicky van der Walt (3), Francois van den Heever, Ferdie Steyn, Francois van Rensburg. Conversions: Gertjie van Aswegen (3). Penalties: Van Aswegen (3). South Western Districts 10 (10) – Tries: Johan de Villiers, Dawson Ferreira.
Transvaal 22 (5) – Tries: Neels Els, Willie Keulder, Richard Wentworth. Conversions: Dawie du Toit (2). Penalty: Du Toit. Eastern Free State 3 (3) – Penalty: Rennie Hunt.
Far North 72 (15) – Tries: Jacques Pretorius (3), Jackie van der Walt (3), Pieter Booyse (2), Tyson Swanepoel, Niel Campbell-McGeachy. Conversions: Deon Kriel (8). Penalties: Kriel (2). Eastern Province Development XV 3 (3) – Penalty: Brendan Whittles.
Eastern Province 49 (18) – Tries: JP van der Mescht (5), André Els, Francois Bruggeman. Conversions: Jacques Jordaan (4). Penalties: Jordaan (2). Western Transvaal 10 (7) – Try: Hanno Nel. Conversion: Chris Theron. Penalty: Theron.
Day 2
Northern Transvaal Regional XV 8 (3) – Try: Rudi Kotze. Penalty: Francois Swanepoel. Northern Natal 6 (3) – Penalty: Harry Rheeders. Drop Goal: Louis Marx.
Northern Transvaal 33 (18) – Tries: André Swanepoel, Stephan le Roux, Gerhard Gouws, Bloues Volschenk. Conversion: Robbie Rein. Penalties: Rein (2).
Noord-Transvaal 33 (18)
Grens 8 (3)
die vaste skrums en losspel opgedons. Die skrumwerk van Koos
Lombaard, loskopstut van die Noorde, was een van die wedstryd se
groot hoogtepunte. In die los het Bloues Volschenk (loskopflank)
uitgetroon, maar hy en die ander twee losvoorspelers sal moet leer
om vinniger met mekaar aansluiting te vind.
Noord-Transvaal se agterlyn het ‘n paar gevaarlike bewegings
uitgevoer. Die senterpaar, Stephan le Roux en Hoffman de Beer, was
hier die groot uitblinkers.
Die Grens verdien vermelding vir sy goeie verdediging.
Vir die Noorde het André Swanepoel (haker), Stephan le Roux,
Gerhard Gouws en Bloues Volschenk drieë gedruk. Robbie Rein
(losskakel) het met twee strafdoele en ‘n doelskop geslaag.
Delarey du Preez (vaskopstut) het die Grens se drie gedruk,
terwyl Sean Sharp (losskakel) ‘n strafdoel behaal het.
Oos-Transvaal 28 (13)
Natal 22 (3)
DIT het aanvanklik gelyk of die Ooste die kragmeting gaan oorheers,
maar die Natallers wou nie gaan lê nie en het deurgaans teruggeveg,
skryf Henk Steenkamp.
Die wedstryd het in die tweede helfte behoorlik vlamgevat en
die toeskouers het aanskoulike rugby gesien.
Oos-Transvaal het veral in die eerste helfte gebiedsvoordeel
geniet, maar die Natallers se verdediging het gehou en hulle het
gaandeweg al hoe beter gespeel.
Die wenspan se agttal het ‘n goeie vertoning gelewer en het
stewige skrumwerk gelewer. Die pak het ook met hul beweeglikheid
geïmponeer en die kaptein en vaskopflank, Pieter Venter, het
deurgaans die oog met goeie stukkies spel gevang.
In die Ooste se agterlyn het die spelers dalk ‘n raps te veel
op eie houtjie probeer doen, maar Danie Kruger (heelagter) en Danie
van Schalkwyk (senter) het goeie spel opgedis. Kruger was deurgaans
by die spel betrokke. Natal se heelagter en kaptein, Clint Bruyns,
het ook goed gespeel.
Kruger het ‘n drie gedruk, asook twee strafdoele en twee
doelskoppe behaal. Jaco van Rensburg en Riaan van Rooyen het die
ander drieë vir die Ooste gedruk. Van Rooyen het sy drie ná ‘n
pragtige breekslag gedruk en het kort daarna ‘n puik skepdoel met
die linkervoet behaal.
Wayne Munn, Bruce Hughes en Piet Louw het Natal se drieë
gedruk. Clinton van Rensburg het twee doelskoppe en ‘n strafdoel
behaal.
Stellaland 14 (7)
Natal-streekspan 13 (3)
DIE eerste wedstryd van die tweede dag het tien minute laat begin
weens die dik mislaag wat oor die veld gehang het. En amper
simbolies was die eerste helfte ewe mistroostig.
Die tweede helfte en bepaald die laaste tien minute het egter
baie beter rugby opgelewer. Die wenspan het die wenpunte eers vyf
minute voor die einde aangeteken.
Braam van Rensburg (regtervleuel) en Koos Venter (agtsteman)
het Stellaland se drieë gedruk. Hanro Rall (heelagter) het twee
doelskoppe aangeteken.
Vir Natal het Atiaan Stander (slot) ‘n drie gedruk. Nelson
Newell (heelagter) het met die doelskop geslaag en Tambo Ntsokolo
(losskakel) het twee strafdoele behaal.
ECUNDA. Die vyftiental van Suidoos-Transvaal het gister amok
gemaak op die tweede dag van Coca- Cola se 30ste Cravenweek vir
hoër skole. Dié naasbestes van die gasheerunie het Transkei, wat
die eerste keer aan die toernooi deelneem, met 913 in die
hoofwedstryd oorrompel.
In die proses het Suidoos drie nuwe Cravenweek-rekords
opgestel. Dit is die grootste oorwinning nog, die meeste drieë in
een wedstryd (15) en die meeste punte in ‘n wedstryd (94).
As die skeidsregter, mnr. Jurie de Jongh van Oos-Transvaal,
die eindfluitjie nie tien minute te vroeg geblaas het nie, sou
Suidoos beslis ‘n honderdtal behaal het.
Die nuwe rekords strek Cravenweek-rugby egter allermins tot
eer. Gister se weghol-oorwinning was ‘n sirkus van die begin tot
die einde. ‘n Paar vername manne moet vandag nog met rooi en verleë
gesigte rondloop.
Die Westelike Provinsie, wat verlede jaar se ”eindstryd”
gewen het, het in die hoofvoorwedstryd met Vaaldriehoek afgereken.
Een van die groot glanspunte van die tweede dag was die
vertoning van die WP-streekspan. Hy het Laeveld geklop.
SOTvl-vyftiental 91 (39)
Transkei 3 (3)
DIE Suidoos-span het van meet af beheer geneem en hoewel die
teenstand nie waffers was nie, het die wenspan gewys dat hy nie
vir die meeste spanne op die toernooi hoef terug te staan nie,
skryf Henk Steenkamp.
Ettiene Breytenbach (2), Peet van Aard (2), Jaco Roeloffze
(3), Jannie Venter (4), Cecil Botha, Pieter Grobler, Johan Landman
en Pieter van Rooyen het die wenspan se drieë gedruk. Landman het
agt doelskoppe bygevoeg.
Justine Cameron-White het vir Transkei ‘n strafdoel behaal.
Westelike Provinsie 33 (23)
Vaaldriehoek 15 (8)
DIE Streeptruie het sy oorwinning verdien, maar baie harder
daarvoor gewerk as wat die telling aandui. Die feit dat die
wenspan net een drie meer as Vaaldriehoek kon druk, is ‘n
sprekende bewys hiervan.
Die groot verskil tussen die twee spanne was dat die Westelike
Provinsie minder kritieke foute as Vaaldriehoek gemaak, verdediging
telkens en meesterlik in aanval omskep en sy kanse ook beter
gebruik het.
Die wedstryd het aanvanklik baie belofte getoon, maar veral in
die tweede helfte nie aan die verwagtinge voldoen nie. Daar was
baie foute, veral in die aanval.
Vir die WP het Corné Krige (agtsteman), Wium Basson (slot),
Louis Koen (losskakel) en Emil Swart (senter) die beste vertoon.
Vir Vaaldriehoek, wat baie tevrede met sy vertoning kan voel,
het Riaan Ackerman (slot), Des Kitching (vaskopflank) en Desmond
le Roux (senter) puik spel gelewer.
Die wenspan se drieë is deur Wilhelm Carstens (skrumskakel),
Juan Genade (linkervleuel) en Corné Krige gedruk. Louis Koen het met
vier strafdoele en al drie die doelskoppe vir ‘n persoonlike
punte-totaal van 18 punte geslaag.
Carel Minnie (regtervleuel) en Riaan Ackerman (slot) het
Vaaldriehoek se drieë gedruk. Wimpie Crous (heelagter) het ‘n
doelskop en strafdoel behaal.
Noord-Vrystaat 31 (5)
Noordoos-Kaap 10 (3)
IN die eerste helfte wou dinge nie vlot nie, maar die wenspan het
in die tweede helfte goeie hardlooprugby gespeel en twee
uitstekende langafstand-drieë gedruk.
Noord het die grootste gedeelte van die wedstryd
gebiedsvoordeel gehad, sy kanse goed gebruik en ook meer
ondernemende rugby as NOK gespeel.
Vir die wenspan het Wessel Roux (loskopstut), Johan Naudé
(senter), Willie Kriek (losskakel), Vintcent van Plaster (flank) en
Tobie de Jager (linkervleuel) drieë gedruk. Kriek (2) en Sampie
van Buuren (heelagter) het met doelskoppe geslaag.
Marco Fouché (slot) het NOK se drie gedruk en Aitjie van Wyk
(losskakel) het ‘n doelskop en ‘n strafdoel behaal.
WP-streekspan 22 (7)
Laeveld 18 (3)
DIT was ‘n goeie en opwindende wedstryd waarin albei spanne bereid
was om die bal te dra. Die WP, beslis die beste van die ses
streekspanne hier in aksie, het uitstekende rugby gespeel en sy
oorwinning verdien.
Hoewel Laeveld in die tweede helfte goed teruggeveg en in ‘n
stadium met 13-12 voorgeloop het, het hy te min tempo-rugby
gespeel. Dit was uiteindelik die groot verskil tussen die twee
spanne.
Frederik Basson (haker) het al drie die wenspan se drieë
gedruk. Malcolm Hazelhurst (skrumskakel) het twee doelskoppe en ‘n
strafdoel behaal.
Vir Laeveld het George du Toit (vaskopflank) en Jaap Bester
(haker) drieë gedruk. Francois Eloff (losskakel) het met twee
strafskoppe en ‘n doelskop geslaag.
Day 3
SECUNDA. – Suidoos-Transvaal het gister op die derde dag van Coca-
Cola se Cravenweek vir hoër skole feitlik verseker dat hy Saterdag
in die ‘eindstryd’ speel.
Die Grystruie het die Oostelike Provinsie in ‘n klipharde
wedstryd met 7-0 geklop. Die wendrie is eers ses minute voor die
einde gedruk.
In die hoofwedstryd het Transvaal met die Boland afgereken.
Dié kragmeting, wat met 21-20 deur Transvaal gewen is, het
skitterende rugby opgelewer.
In die ander wedstryde van die middagskof het die Vrystaat ‘n
goeie oorwinning oor Verre Noord behaal, terwyl Noordwes-Kaap met
sy prag- sege oor Griekwaland-Wes ‘n belangrike lansie vir
plattelandse rugby geslaan het.
Die eerste drie dae het reeds 128 drieë opgelewer.
Transvaal 21 (18)
Boland 20 (3)
VIR ‘n beter hoofwedstryd kon niemand gevra het nie. Dit was sestig
minute se naelbyt-aksie en daarvoor verdien albei spanne ‘n
besondere pluimpie. En Transvaal kan baie tevrede voel. Om die
bulspan van die Boland te klop, is geen geringe prestasie nie.
Transvaal het in die eerste helfte die oorhand gehad, maar in
die tweede helfte het die Boland skitterend teruggeveg en twee
prag-drieë gedruk. Uiteindelik het die skopwerk pale toe die
deurslag gegee. Die feit dat die Rooibontes egter kopgehou en
selde op die verdediging laat slap lê het, getuig van karakter en
veggees.
Vir Transvaal het Francois du Toit (slot), Errol Steyn
(loskopflank) en Dawie du Toit baie goed gespeel. Boland se groot
uitblinkers was André Truter (loskopflank) en Jaco Carstens
(skrumskakel).
Die wenspan se drieë is deur Deon du Preez (slot) en Albertus
Louw (vaskopflank) gedruk. Dawie du Toit het met drie strafskoppe en
‘n doelskop geslaag.
Vir die Boland het André Truter, Johan Botha (senter) en
Marius Visser (linkervleuel) drieë gedruk. Gaffie du Toit
(losskakel) het ‘n strafdoel en doelskop behaal.
Vrystaat 28 (13)
Verre Noord 17 (0)
DIE Blikore het tot ‘n groot mate vir sy nederlaag van Maandag
vergoed, maar moes hard werk vir sy oorwinning.
Die wenspan het weliswaar die grootste gedeelte van die
wedstryd gebiedsvoordeel gehad en die meeste aanvalswerk gedoen,
maar verskeie kanse met veral swak afronding en die verkeerde
keuses verspeel.
Nietemin het die Vrystaat by tye dié soort rugby gespeel
waarvoor hy bekend is. Dit was mooi om te sien hoe die voor- en
agterspelers mekaar met goeie ondersteunende spel aanvul.
Die Vrystaat se agttal het met doelgerigte spel verseker dat hy
sy agterspelers van genoeg goeie balbesit voorsien. Die agterlyn
was ingestel op aanvallende rugby en is sy bewegings gewoonlik eers
anderkant die voordeellyn gestuit.
Verre Noord het met groot eer uit die stryd getree, soos
duidelik blyk uit die feit dat hy die meeste punte in die tweede
helfte aangeteken het. Wat veral beïndruk het, was die Bosvelders
se verdediging en die wyse waarop hulle altyd op die uitkyk was om
die Vrystaat se flaters uit te buit. Die drie van Willem Juriaanse,
vaskopflank en kaptein van Verre Noord, het juis gekom nadat ‘n
fout van die wenspan uitgebuit is.
In die agttal van die Vrystaat het Jurgens Myburgh (slot),
Chris Derksen (haker) en Manie Fourie (agtsteman) baie goeie spel
gelewer. Hendrik Ras, broer van die oud-Springbok De Wet Ras, was
die beste agterspeler.
Willem Juriaanse en Christof Lombaard (agtsteman) het vir
Verre Noord uitgemunt.
Theo Kruger (linkervleuel), Albert Hertzog (loskopflank) en
Chris Derksen het die wenspan se drieë gedruk. M.J. Smith
(losskakel) het twee daarvan verdoel en ook twee strafdoele behaal.
Vir Verre Noord het Willem Juriaanse en James du Plessis
(loskopflank) ‘n drie gedruk. Deon Kriel (losskakel) het albei
verdoel en met ‘n strafskop geslaag.
Suidoos-Transvaal 7 (0)
Oostelike Provinsie 0
DIE wenspan het sake vir homself moeilik gemaak deur nie sy kanse
behoorlik te benut nie, skryf Henk Steenkamp. By vier geleenthede
was die Suidoosters oor die doellyn, maar kon nie ‘n drie druk nie.
Vyf skoppe pale toe is ook verbrou.
Hoewel dit ‘n harde wedstryd was, is daar nie twyfel oor wie
die beste span was nie. Suidoos het gebiedsvoordeel geniet en sy
agttal was die beste daaraan toe en het veral in die lynstane hul
teenstander getroef.
Suidoos het ook die stewigste geskrum en sy losvoorspelers was
goed op dreef met veral Francois van den Heever en Christo
Potgieter uitmuntend. Niekie van der Walt het ook goeie spel
gelewer voordat hy in die tweede helfte die veld met ‘n
kniebesering moes verlaat.
Riaan Pretoruis het Van der Walt vervang en met sowat ses
minute speeltyd oor het hy die enigste drie gedruk toe hy ‘n bal
opgepik het wat die OP in die lynstaan geklap het en onstuitbaar
op die doellyn afgestorm het. Dit is deur Chris Liebenberg
(heelagter) verdoel.
Vir die OP het sy agtsteman, Clint Walters, hard probeer, maar
die oormag was te groot. Edwin Rose (heelagter) het sy span by
heelparty geleenthede uit die moeilikheid gekry met lang lynskoppe.
Roeloff Viljoen (skrumskakel) het ‘n goeie diens agter ‘n
verloor-agttal gelewer.
Noordwes-Kaap 38 (14)
Griekwaland-Wes 26 (19)
DIT was een van die wenspan se beste vertonings in baie jare en een
waarop hy besonder trots kan wees. As dié wedstryd een ding
onteenseglik bewys het, is dat dit goed baie beter met skolerugby op
die platteland gaan as wat in die reël voorgegee word. Daarvan
getuig die vyfster- rugby wat albei spanne gespeel het. Dit was ‘n
baie aanskoulike en opwindende wedstryd.
Aanvanklik wou dit lyk of Griekwas te sterk gaan wees en het
min mense met die telling op 26-14 kon dink dat NWK as oorwinnaar
van die veld sal stap. Maar ‘n NWK-blitzkrieg, waaarvan die gelyke
nog nie op vanjaar se Cravenweek gesien is nie, het
Griekwaland-Wes heeltemal op die verkeerde voet betrap.
Die wenspan het 24 van sy punte in die laaste kwartier
aangeteken. Sy groot held was Pieter Karsten, die losskakel. Hy
het agttien van NWK se punte behaal, wat ‘n mooi drie ingesluit het.
NWK se vyf drieë is deur Neil Kruger (senter), Jaco Jacobs
(agtsteman, 2), Hannes Olivier (vaskopflank) en Pieter Karsten
gedruk. Karsten het met vier doelskoppe en twee strafskoppe geslaag.
Vir die Griekwas het Werner Struwig (loskopflank), Deon Barnard
(linkervleuel, 2) en Louis Carney (agtsteman) drieë gedruk. Elbie
Hanekom (heelagter) het drie daarvan verdoel.
SECUNDA. Wes-Transvaal en die Oos-Vrystaat het gister die groot
glanspunt van die oggendskof van Coca-Cola se 30ste Cravenweek vir
hoër skole gelewer. Hul wedstryd het pragtige hardlooprugby
opgelewer.
Ook die Suidwestelike Distrikte het ‘n windmaker-vertoning
gelewer en die grooste sege van die oggend behaal.
‘n Mens moet ook ‘n lansie breek vir die streekspanne van die
Oostelike Provinsie en die Vrystaat. In die eerste wedstryd van die
dag het hulle goeie konstruktiewe rugby gespeel.
Suidwestelike Distrikte 37 (20)
Tvl-streekspan 10 (0)
DIE Volstruisboertjies was in ‘n omgekrapte bui. Hulle het reeds in
die eerste helfte die wind uit die verloorspan se seile geneem.
Alle eer egter aan Transvaal, wat in die tweede helfte mooi
teruggeveg het. Die SWD was egter te goed toegerus.
Stefan Stander (loskopflank), Stefan Terblanche (senter) en
Andrie Marais (heelagter) was die groot uitblinkers in die wenspan.
Vir die SWD het Stefan Terblanche, Stefan Stander, Johan van
Zyl (agtsteman) en Jan Meyer (regtervleuel) drieë gedruk. Andrie
Marais het sewentien punte met drie strafdoele en vier doelskoppe
aangeteken.
Wes-Transvaal 27 (15)
Oos-Vrystaat 19 (0)
DIT was een van die beste wedstryde van die eerste drie dae – bloot
omdat albei spanne van meet af daarop uit was om die bal te dra.
Dit het ondernemende en aanskoulike rugby verseker.
Wes-Transvaal het die pas in die eerste helfte aangegee, maar
ná rustyd op sy louere gaan rus. Dit het die Oos-Vrystaat in staat
gestel om die inisiatief te neem en die agterstand na net 15-14 te
laat krimp.
Die Weste het die stang egter gou weer vasgebyt en die uitslag
met twee vinnige drieë bo alle twyfel gestel.
Die Mielieboertjies se agttal het die grondslag van die
oorwinning gelê. Hier het veral Japie Loubscher (agtsteman),
Hannno Nel (vaskopflank) en Gerrie Theron (slot) uistekende spel
gelewer.
In die agterlyn van die wenspan het Rudi Muller (senter) ‘n
skitterende vertoning gelewer. Die ander groot uitblinkers was
Chris Theron (losskakel), Stoffel Nagel (linkervleuel) en Kobus
Alberts (heelagter).
Vir die Riemlanders het Christiaan Janse (loskopflank)
voorlangs uitgeblink met Wally van Rensburg (losskakel) en Phillip
Barret (linkervleuel) die groot uitblinkers in die agterlyn.
Die wenspan se drieë is deur Willie Parker (skrumskakel), Rudi
Muller, Kobus Alberts en Hanno Nel gedruk. Chris Theron het met ‘n
strafdoel en twee doelskoppe geslaag.
Oos-Vrystaat se drieë is deur Phillip Barrett, Wally van
Rensburg en Ronnie Hunt (heelagter) gedruk. Wally van Rensburg en
Johan Jacobs het elk met ‘n doelskop geslaag.
OP-streekspan 16 (13)
OVS-streekspan 15 (3)
INDIEN jy uit die as kan opstaan, verdien jy om te wen. En dit is
presies wat die OP gedoen het. Hy het Maandag se verpletterende
nederlaag met 372 teen Verre Noord uitstekend verwerk en ‘n goeie
oorwinning behaal.
Dit was duidelik dat die twee spanne baie uit hul
debuutwedstryde geleer het. Albei het strate beter as Maandag
gespeel en veral in die tweede helfte ondernemende en opwindende
rugby opgedis.
Vir die wenspan het Ivan Motale (slot) ‘n drie gedruk. Die
losskakel, Brendon Whittles, het ‘n doelskop behaal, terwyl Ian de
Lange (senter) met drie strafdoele geslaag het.
Die Vrystaat se drieë is deur André Brandt (linkervleuel) en
Hein Gerber (haker) gedruk. Marius Theron (losskakel) het ‘n
doelskop en ‘n strafdoel behaal.
Day 4
SECUNDA. Noord-Transvaal het gister sy belangrikste toets nog op
Coca-Cola se 30ste Cravenweek vir hoër skole geslaag. Hy het die
Westelike Provinsie met 19-17 in die hoofwedstryd van die derde dag
geklop.
Dit was ‘n skitterende kragmeting wat opnuut gewys het waaroor
Cravenweek-rugby eintlik gaan. Sulke rugby maak juis van die
Cravenweek die prestige-toernooi wat hy is.
In die hoofvoorwedstryd het Oos- Transvaal oortuig met sy sege
oor die Noord-Vrystaat.
Noordoos-Kaap het self ‘n windmaker-vertoning gelewer in sy
wedstryd teen Natal. Die Natallers het kwaai teleurgestel en was
nie ‘n skaduwee van die span wat Dinsdag so goed teen Oos-Transvaal
gespeel het nie. Natal ‘spog’ nadese met die onbenydenswaardige
prestasie dat hy sedert die Cravenweek van 1991 in Oos-Londen nog
nie ‘n enkele wedstryd kon wen nie.
Noord-Transvaal 19 (6)
Westelike Provinsie 17 (10)
DIT was soos ‘n Curriebeker-eindstryd in die kleine – vinnig, hard,
baie fisiek en genadeloos. En ook heel gepas was daar bitter min
tussen hierdie twee bul-spanne te kies.
In die eerste helfte was daar net een span op die veld. Die WP
het kwaai druk toegepas, byna al die aanvalswerk gedoen en ‘n
goeie helfte met ‘n prag-drie deur die regtervleuel, J.C. de Clerk,
afgesluit.
Maar in die tweede helfte is die rolle omgeruil en het
Noord-Transvaal die inisiatief geneem. Die Ligbloue tjies het vir
25 minute die pas aangegee voordat die WP met ‘n geweldige
eindpoging gekom het en die agterstand na twee punte laat krimp het.
Die eindfluitjie het trouens geblaas met die verloorspan diep in
die Noorde se kwartgebied.
Noord-Transvaal het sy oorwinning verdien. Dit vat mannemoed,
veggees en karakter om die bordjies so te verhang. En daarom sal
dit onregverdig wees om spelers uit te sonder. Dit was ‘n
uitmuntende spanpoging waarin elke speler ‘n besondere bydrae
gelewer het.
En die WP verdien eweneens ‘n besondere pluimpie. Hy het ‘n
voortreflike vertoning gelewer.
Pieter van Zyl (regtervleuel) het ‘n pragtige opportunistiese
drie vir Noord-Transvaal gedruk. Robbie Rein het met ‘n doelskop en
vier strafdoele geslaag.
J.C. de Clerk en Emile Swart (senter) het die WP se drieë
gedruk. Louis Koen het met albei doelskoppe en ook ‘n strafskop
geslaag.
Oos-Transvaal 29 (14)
Noord-Vrystaat 12 (12)
DIE jong Rooi Duiwels het ‘n uitstekende vertoning gelewer en veral
in die tweede helfte die oorhand in hierdie baie goeie en
aanskoulike wedstryd gehad.
Die Ooste se agttal het die grond slag vir die oorwinning met
goeie ondersteuning, dryfspel en balbeheer gelê. En die wenspan se
agterlyn het sy balbesit goed gebruik en die bal vinnig en gereeld
by die punte gekry.
Die Noord-Vrystaat het egter nooit gaan lê nie en met sy
positiewe benadering verseker dat die speltempo vinnig gebly het.
Peet van Deventer (linkervleuel, 2), Riaan van Rooyen en
Pieter Grobler (loskopstut) het die wenspan se drieë gedruk. Danie
Kruger (heelagter) het drie doelskoppe en ‘n strafdoel behaal.
Vir die Perstruie het Martin Willemse (regtervleuel) en Johan
Naudé (senter) drieë gedruk. Willie Kriek (losskakel) het een
doelskop behaal.
Vaaldriehoek 20 (3)
Grens 13 (3)
DIT het Vaaldriehoek weliswaar veertig minute geneem om in rat te
kom, maar toe die Turkooistruie eers vlamvat, het hulle die skaal
met drie vinnige drieë laat oorhel.
Albei spanne sal die eerste helfte gou wil vergeet. Dit was so
trietsig soos die yskoue wind wat gewaai het. Die tweede helfte
het gelukkig veel beter rugby opgelewer.
Vaaldriehoek het uiteindelik gewen omdat hy twintig minute se
goeie en konstruktiewe rugby gespeel het. Daarenteen het die Grens,
wat in ‘n stadium met 13-3 voor was, homself met swak hantering en
die verkeerde keuses gepootjie.
Vir die wenspan het Des Kitching (linkervleuel), Dominique
Theunissen (haker) en Des le Roux (senter) drieë gedruk. Wimpie
Crous (
heelagter) het met ‘n doel- en strafskop geslaag.
Warren Spring (regtervleuel) het die Grens se drie gedruk.
Brad McDonagh (vaskopstut) het ‘n doelskop en twee strafdoele
behaal.
Noordoos-Kaap 17 (0)
Natal 10 (10)
NOORDOOS-KAAP het in die tweede helfte van die beste rugby nog by
vanjaar se Cravenweek gespeel. Dit was pure plesier om te sien hoe
die wenspan die bal met uitstekende hantering, oordeel en
verspreiding in spel hou.
Natal was in die eerste helfte die beste daaraan toe, maar het
in die tweede helfte min raad met die ondernemende spel van NOK
gehad.
Die skeidsregter, mnr. Johann Raath van Noord-Transvaal, het
sy fluitjie net geblaas wanneer dit werklik nodig was. Dit het
verseker dat daar baie vloei in die spel was. Mnr. Raath se
toepassing van die voordeelreël was indrukwekkend.
NOK se drieë is deur Maurice Muldowney (linkervleuel) en Anton
Leonard (agsteman) gedruk. Aitjie van Wyk (losskakel) het twee
doelskoppe en ‘n strafdoel behaal.
Robert Skinstad (vaskopflank) het Natal se drie gedruk.
Clinton van Rensburg (losskakel) het met die doelskop en ‘n
strafdoel geslaag.
SECUNDA. Die vyftiental van Suidoos-Transvaal is steeds besig om
die rekordboeke by Coca-Cola se 30ste Craven-rugbyweek vir hoër
skole te herskryf.
In die hoofwedstryd van gister se oggendskof het die
gasheerunie se naasbestes hul vierde rekord van die toernooi
opgestel. Met sy sege met 2522 oor die Westelike Provinsie se
streekspan, het Suidoos die rekord van Noord-Natal vir die meeste
punte in een toernooi verbeter. Met nog ‘n wedstryd oor om te
speel, het Suidoos reeds 116 punte aangeteken. Dit is nege meer as
die rekord wat in 1990 deur Noord-Natal opgestel is.
In die ander oggendwedstryde het Stellaland, Laeveld en die
Natalse streekspan oorwinnings behaal.
SOTvl-vyftiental 25 (12)
WP-streekspan 22 (10)
SUIDOOS het die wendrie in die laaste minuut van dié skouspelagtige
en opwindende wedstryd gedruk. Die wenspan het, danksy die
doelgerigte spel van sy agttal, ruim gebiedsvoordeel geniet en die
WP in die moeilikhheid gehad wanneer daar wyd gespeel is. Hier het
die twee vleuels, Jannnie Venter en Peet van Aardt, sleutelrolle
vervul en al drie hul span se drieë gedruk.
Die verloorspan het hard probeer en soos valke op Suidoos se
foute geteer. Sy beste spelers was Malcolm Hazelhurst (losskakel)
en Guy Joyce (senter).
Jannie Venter (2) en Peet van Aardt het Suidoos se drieë
gedruk. Marius Prinsloo het met twee doelskoppe en twee strafskoppe
geslaag.
Vir die WP het Jaco van Zyl (regtervleuel, 2) en Gerald
Steenkamp (slot) drieë gedruk. Malcolm Hazelhurst het twee
doelskoppe en ‘n strafdoel behaal.
Stellaland 17 (10)
NTvl-streekspan 12 (12)
STELLALAND moes, soos in sy eerste wedstryd, hard vir sy oorwinning
werk. Die wenspan kon die vooortou eers in die twaalfde minuut van
die tweede helfte neem. Hoewel die verloorspan weer goeie
rekenskap van homself gegee het, het Stellaland sy kanse beter
gebruik en meer korrekte rugby gespeel.
Die hoogtepunt was die pragdrie wat Stephan Zaayman, senter
van Stellaland, in die tweede helfte gedruk het.
Zaayman en Stefan Snyders (losskakel) was die twee groot
uitblinkers in die wenspan se agterlyn. Voorlangs het die lostrio,
Koos Venter, Danie Swart en Wam Oberholzer, uitstekende spel gelewer.
Vir die Noorde het Adrian de Guisti (loskopstut), Pedri van
der Linde (haker), Ian Murray (vaskopstut), Werner Volschenk
(slot), Jaco Visagie (flank) en Michael Hart (skrumskakel) goed
gespeel.
Danie Swart en Stephan Zaayman het die wenspan se drieë gedruk.
Hanro Rall (heelagter) het met albei doelskoppe en ‘n strafskop
geslaag.
Jaco Visagie het twee drieë vir die Noorde gedruk en Francois
Swanepoel (senter) het met ‘n doelskop geslaag.
Natal-streekspan 27 (10)
Transkei 5 (5)
DIT was ‘n veel beter vertoning deur Transkei nadat hy Dinsdag met
391 deur die Suidoos-Transvaalse vyftiental afgeransel is. Die
verloorspan se verdediging het bepaald verbeter.
Die wenspan was voor- en agterlangs egter te goed toegerus en
kon verder gewen het as hy beter afgerond het.
Vir Natal het Mike Breetzke (heelagter), Kevin Arenhold
(senter), Marlin Petersen (regtervleuel, 2) en André Nienaber
(loskopstut) drieë gedruk. Breetzke het ‘n doelskop behaal.
Saul Cobbing (agtsteman) het Transkei se drie gedruk.
Laeveld 23 (15)
Noord-Natal 17 (10)
LAEVELD het sy eerste oorwinning sedert die Cravenweek van 1991 in
Oos-Londen behaal. Die wendrie is twee minute voor die einde deur
Marius Goddefroy (heelagter) gedruk.
Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg albei het drie
drieë gedruk en die telling het deurgaans wipplank gery. Laeveld
het sy kanse egter beter gebruik en verdien om te wen.
Vir die wenspan het Rudolf Nitzche (linkervleuel) en Marius
Goddefroy (2) drieë gedruk. Francois Eloff (losskakel) het twee
strafdoele behaal en ‘n doelskop oorgeklits.
Jonathan Gelbert (haker, 2) en Louis Marx (heelagter) het
Noord-Natal se drieë gedruk. Marx het met ‘n doelskop geslaag.
Day 5
SECUNDA. Noord-Transvaal is Saterdag hier as Suid-Afrika se nie-
amptelike provinsiale skolerugby- kampioen gekroon – die tweede
keer in vier jaar.
Die jong Ligbloues het Suidoos- Transvaal, die gasheerunie,
oortuigend in die hoofwedstryd van die laaste dag van Coca-Cola se
30ste Cravenweek vir hoër skole geklop.
Noord-Transvaal is een van net drie spanne wat al drie sy
wedstryde kon wen. Die ander is Oos-Transvaal en Noordwes-Kaap.
Noord-Transvaal 25 (18)
Suidoos-Transvaal 13 (0)
DIE Noorde het baie goed begin toe sy kookwater-senter, Stephan le
Roux, in die eerste minuut vir ‘n drie oorgegaan het. Robbie Rein
(losskakel) het met die moeilike doelskop geslaag vir ‘n voorsprong
van 7-0.
Die wenspan het hierna nie op sy louere gaan rus en Suidoos
die grootste gedeelte van die eerste helfte met goeie en
doelgerigte vyftienmanrugby op die agtervoet gehou. Die Grystruie
het homself ook gepootjie met swak skopwerk pale toe en die
verkeerde spelpatroon. Met rustyd was die skrif tot ‘n groot mate
aan die muur.
In die tweede helfte het Suidoos die soort rugby begin speel
waarmee hy die hele toernooi soveel welslae behaal het – basiese
negeman-rugby. Die tuisspan het die eerste keer daarin geslaag om
Noord-Transvaal voorlangs te laat kleitrap en die agterstand in ‘n
stadium na 18-10 laat krimp.
Maar Dawie Burger, regtervleuel van die Noorde, het die laaste
spyker in die Suidooos-doodskis geslaan toe hy die bal op sy eie
tienmeter-lyn onderskep en onder die pale gaan druk het.
In die agttal van Noord-Transvaal het Bloues Volschenk
(loskopflank), Stephen Temple (slot) en Lourens Muller (slot)
uitgetroon. Gerhard Gouws (agtsteman) verdien eweneens ‘n pluimpie
vir sy goeie kapteinskap.
Agterlangs het Dawie Muller (skrumskakel) die tuisspan met sy
spel en skopppies om die klein kantjie gepla, Robbie Rein
(losskakel) se skopwerk was ‘n deurslaggewende faktor, Stephan le
Roux (senter) skitterend in die middelveld en Dirkie Strydom
(heelagter) altyd gevaarlik met sy solo-lopies.
Vir Suidoos het Christo Potgieter (agsteman) ‘n uitstekende
vertoning gelewer en Noord-Transvaal by tye laat terugdeins met sy
kraglopies. Hy is baie goed bygestaan deur veral Nickie van der
Walt (loskopflank).
In die agterlyn van die tuisspan het Francois van Rensburg,
die skrumskakel en kaptein, uitgemunt.
Stephan le Roux, Dirkie Strydom en Dawie Burger het die
wenspan se drieë gedruk. Robbie Rein het met twee doelskoppe en
twee strafskoppe geslaag.
Suidoos se enigste drie is deur Nickie van der Walt gedruk.
Chris Liebenberg (heelagter) het dit verdoel en ook twee strafdoele
behaal.
Oostelike Provinsie 29 (10)
Westelike Provinsie 21 (3)
JEAN-PIERRE VAN DER MESCHT, linkervleuel van die wenspan, het met
sy twee drieë in hierdie baie aanskoulike wedstryd ‘n nuwe
Cravenweek-rekord opgestel. Hy is die eerste speler wat sewe drieë
op een toernooi kon druk.
Teen die verwagting in het die OP die WP maklik onder gekry en
12 minute voor die einde nog met 22-3 voorgeloop. Die Streeptruie
het egter mooi teruggeveg en die agterstand na 22-16 laat krimp
voordat die wenspan se regtervleuel, Francois Bruggeman, die
beslissende drie gaan druk het.
Jean-Pierre van der Mescht (2), Gary Ferguson (vaskopstut) en
Francois Bruggeman het die OP se drieëe gedruk. Jacques Jordaan
(losskakel) het drie doelskoppe en ‘n strafdoel behaal.
Vir die WP het David van Hoesslin (skrumskakel) en Werner Hugo
(loskopstut) drieë gedruk. Louis Koen (losskakel) het met ‘n
doelskop en drie strafdoele geslaag.
Oos-Transvaal 27 (8)
Boland 13 (6)
DIE Ooste het een van sy beste Cravenweke nog met dié windmaker-
vertoning afgesluit. Die Rooi Duiwels het veral in die tweede helfte
skitterende rugby gespeel en die Bolanders radeloos met hul
aanvallende spel, goeie ondersteuning en uitstekende balretensie
gehad.
Pieter Venter, vaskopflank en kaptein, was die groot uitblinker
in die agttal van die Ooste. Hy het ‘n barshou gespeel. Agterlangs
het Bennie Fouché (skrumskakel), Derick Deysel (senter), Danie van
Schalkwyk (senter) en Danie Kruger (heelagter) baie goeie
vertonings gelewer.
Vir die Boland het Marius Visser (senter) en Nico Heunis
(heelagter) die beste vertoon.
Danie van Schalkwyk, Pieter Venter en Theuns Brits
(regtervleuel) het die wenspan se drieë gedruk. Danie Kruger het met
die drie doelskoppe en twee strafskoppe geslaag.
Eduard Goosen (haker) en Carl-Heinz Hellman (losskakel) het
die Boland se drieë gedruk. Hell man het ook ‘n strafdoel behaal.
Vrystaat 40 (19)
Transvaal 18 (6)
DIE wenspan het sy beste vertoning van die week gelewer. Hy het
Transvaal van meet af in die moeilikheid gehad en ses drieë teenoor
geen gedruk. Die Rooibontes het egter, danksy die skopskoen van
Dawie du Toit (heelagter), goed teruggeveg en was in ‘n stadium
net met 18-19 agter.
Die Vrystaters se vermoë om uit elke posisie op die veld aan
te val, sy goeie ondersteunende samespel, puik balverspreiding en
hantering het oplaas die deurslag gegee.
Voorlangs het Albert Hertzog (loskopflank), Chris Derksen
(haker) en Manie Fourie (agsteman) die beste vir die wenspan
vertoon, terwyl M.J. Smith (losskakel), Thinus Drotské (senter) en
D.J. van der Merwe (heelagter) in die agterlyn uitgeblink het.
Die wenspan se drieë is deur D.J. van der Merwe, Johan Fourie
(regtervleuel), Thinus Drotské, Piet Terblanche (stut), Theo Kruger
(linkervleuel) en Arno Marais (slot) gedruk. M.J. Smith het vyf
daarvan verdoel.
Dawie du Toit het ses strafdoele vir Transvaal behaal.
Noord-Vrystaat 50 (22)
Vaaldriehoek 0
DIT was die Perstruie se grootste oorwinning nog en terselfdertyd
Vaaldriehoek se grootste pak slae sedert hy in 1984 aan die
Cravenweek begin deelneem het.
Die Turkooistruie het tam en lusteloos voorgekom, maar die
wenspan het lus vir rugby gelyk en sy beste vertoning van die week
gelewer. Die feit da
t ses van die Noord- Vrystaat se agt drieë deur
agterspelers gedruk is, is ‘n sprekende bewys van die klassieke
vyftienmanrugby wat gespeel is.
Tobie de Jager (regtervleuel, 2), Wessel Roux (loskopstut),
Jaco Gouws (vaskopflank), Johan Naudé (senter), Willie Kriek
(losskakel, 2) en Gerhard Nortjé (senter) het drieë gedruk. Kriek
(4) en Martin Willemse (linkervleuel) het met doelskoppe geslaag.
Noordwes-Kaap 33 (21)
WP-streekspan 16 (6)
IN een van die min kere wat NWK nog ooit die laaste dag op die
hoofveld gespeel het, het hy sy kans met albei hande aangegryp en
die week op ‘n onoorwonne noot afgesluit. Die wenspan het die pas
van meet af aangegee en die WP-streekspan met goeie en korrekte
rugby uitoorlê. Die wenspan se drieë is almal deur agterspelers
gedruk.
Neil Kruger (senter, 2), Dirkie Kotze (skrumskakel, 2) en Abel
Pienaar (linkervleuel) het NWK se drieë gedruk. Pieter Karsten
(losskakel) het vier daarvan verdoel.
Vir die WP het Frederick Basson (haker) ‘n drie gedruk.
Malcolm Hazelhurst (skrumskakel) het dit verdoel en drie strafdoele
behaal.
Laeveld 24 (7)
Natal-streekspan 15 (10)
LAEVELD se eindpoging het hom van ‘n nederlaag gered, want hy was
12 minute voor die einde nog met 12- 15 agter. Die wenspan het die
eerste keer die voortou geneem nadat sy linkervleuel, Rudolf
Nitzche, met ‘n puik skepskop geslaag het.
Laeveld se drieë is deur Marius Goddefroy (heelagter),
Christiaan Blignaut (senter) en Hannes Viljoen (regtervleuel)
gedruk. Francois Eloff (losskakel) het drie doelskoppe behaal en
Rudolf Nitzche ‘n skepdoel.
Marlin Petersen (regtervleuel) en Mike Eaton (flank) het Natal
se drieë gedruk. Nelson Newell (heelagter) het een verdoel en ook
met ‘n skepskop geslaag.
NTvl-streekspan 17 (3)
Tvl-streekspan 8 (0)
DIT was soete wraak vir die wenspan, want hy het op die Transvaalse
Bondedag teen die Transvaal-streekspan verloor. En die
wedstryde gewen het.
Noord-Transvaal se agttal het die grondslag van die oorwinning
gelê en hier het Adrian de Guisti (loskopstut), Werner Volschenk
(slot) en Henri-Jacques van de Berg (agsteman) geskitter.
Agterlangs het Rudi Kotze (losskakel) ‘n voortreflike vertoning
gelewer.
Die wenspan se drieë is deur Adrian de Guisti en Rudi Kotze
gedruk. Francois Swanepoel (skrumskakel) het albei verdoel en ‘n
strafdoel behaal.
Vir Transvaal het Marius Coetzee (agsteman) ‘n drie gedruk.
Zander de Bruyn (losskakel) het met ‘n strafskop geslaag.
Verre Noord 19 (6)
Suidwestelike Distrikte 16 (13)
DEON KRIEL (losskakel) was die held van die Bosvelders se naelbyt-
sege. Hy het die SWD amper eiehandig geklop deur vyftien punte met
die skoen aan te teken. Verre Noord het in die eerste helfte
gesukkel, maar die bordjies in die tweede helfte begin verhang.
Willem Juriaanse (vaskopflank) het die wenspan se drie gedruk.
Deon Kriel het dit verdoel en ook vier strafdoele bygevoeg.
Vir die SWD het Stefan Strydom (slot) ‘n drie gedruk. Andrie
Marais (heelagter) het met die doelskop en drie strafdoele geslaag.
ANDER UITSLAE:
Grens 15 (drieë deur Raven Wampach en Rod Botha; doelskop,
strafdoel deur Brad McDonagh), Natal 13 (drie deur Robert Skinstad;
doelskop, drie strafdoele
OOVS 21 (drieë deur Hector van Aardt, Hugo van der Wath en
Douglas Crawley; drie doelskoppe deur Wally van Rensburg), SOT
XV-tal 17 (drie deur Cecil Botha; vier strafdoele deur Marius
Prinsloo).
OVS-streekspan 33 (drieë deur Marius Theron, Reginald Pitt,
Christo Vermaak 2, Riaan Koen; doelskop, twee strafdoele deur
Theron), Transkei 0
N-Natal 22 (drieë deur Cade Simpson 2, Orga Beyneveld en Henry
Rheeders; doelskop deur Rheeders), OP-streekspan 15 (drieë deur
Gregory Kanter 2; doelskop, strafdoel deur Jan de Lange).
W-Tvl 19 (drie deur Mark Giles; doelskop en vier strafdoele
deur Chris Theron), NOK 14 (drieë deur Ryno Kruger en Anton
Leonard; doelskoppe deur Aitjie van Wyk).
Griekwas 23 (drieë deur Ampie Coetzee, Jaco van der Merwe en
Werner Struwig; doelskop, strafskop deur Elbie Hanekom, doelskop
deur Louwrens van Staden), Stella 8 (drie deur Danie Swart;
strafdoel deur Stefan Zaayman).




