SuperSport Schools Plus

Calitz se terugkeer ‘n hupstoot vir Wessies teen Oosies

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-22 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Hoërskool Wesvalia op Facebook.

Hoërskool Wesvalia se veelsydige Fafa Calitz keer Saterdag terug na die beginspan vir die Wessies se groot uitdaging teen Hoërskool Oos-Moot in die SDC Noordvaal se Plaat-afdeling in Klerksdorp.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Calitz het vanjaar al in bykans elke posisie in die agterlyn uitgedraf. Hierdie slag neem hy egter weer sy gunstelingposisie in op linkervleuel, waar hy straks op sy gevaarlikste is.

Daar wag ook ‘n kolossale stryd tussen die twee spanne se losskakels.

Dewron Aford, een van Oosies se vernaamste aanvalswapens, sê vir die tuisspan se Eduard Dreyer die stryd aan. Dreyer se sterkpunt is sy geoefende skopskoen, waarmee hy die besoekers uit die Moot in hul halfgebied sal probeer vaspen.

Old School

Die onlangse Blou Bul-skoleproewe het Oos-Moot se breier, Braam Pretorius, laat asem ophou weens die moontlikheid van beserings op die vooraand van hierdie kritieke kragmeting. Pretorius maak vanjaar deel uit van die Blou Bulle se Cravenweekbestuur, wat die Oosies se sterk aanspraak op vanjaar se Plaat-titel verklaar.

‘n Hoogs gemotiveerde Hoërskool Marais Viljoen sal Saterdag tuis uitdraf wanneer Ligbron Akademie vanaf Ermelo besoek aflê.

Die span van Alberton se agsteman, Rio Tshimbalanga, ‘n uitblinker van die Goue Leeus se Akademiespan verlede jaar, het weer die span gehaal, maar as reserwe, en sal dus ‘n punt hê om te bewys. Derhalwe kan dié ekstra oemf in Tshimbalanga se tenk moeilikheid beteken vir Liggies se verdedigers.

Hoërskool Zwartkop hou ewe veel gevaar in vir die gekweste Hoërskool Kempton Park.

Die Zwarries het nie slegs verlede naweek hul jaarlikse derby teen Hoërskool Eldoraigne gewen nie, maar dit vermag met ‘n oorweldigende sege van 59-10. Dit was die span van Centurion se 11de agtereenvolgende oorwinning van die jaar en, met haker, Regan Blignaut, en buitesenter, Luan Williams, stewig op dreef, sal hulle oorgehaal wees vir nr. 12.

Die nuus uit ‘n groen Middelburg is dat Hoërskool Middelburg sy jaarlikse derby teen HTS Middelburg ongeskonde deurgemaak het. Die Middies pak hul tog na Noordwes, waar Hoërskool Klerksdorp op hul wag, aan met ‘n onveranderde span.

In antwoord hierop het die Klerksdorpers slegs een verandering aangebring. Brendin Mathyse keer terug van ‘n besering om vir Jayden Turner op heelagter te vervang, wat beteken dat Dorian Isaacs sy plek op losskakel behou na ‘n uitmuntende vertoning in sy span se sege oor Hoërskool Lichtenburg verlede week.

Die spanne: 

Wesvalia t. Oos-Moot om 12:30 in Klerksdorp: 

Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Drew Williams, 13 Royston Arendse, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughn, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.

Marais Viljoen t. Ligbron Akademie om 12:30 in Alberton: 

Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Cayden Scheepers, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Cotto, 9 Ethan Wiedeman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Munga Mwengehya, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 Dean Scheepers, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

Ligbron Akademie: 15 Bandile Thanjekwayo, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Ndumiso Dlamini, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Ian Booysen, 4 Henco Scheepers, 3 Devan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

Zwartkop t. Hoërskool Kempton Park om 12:30 in Centurion: 

Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 AJ Hendriks, 2 Regan Blignaut, 1 Christiaan de Vries.

Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Ethan Botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Ruan Mostert, 7 Marco van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Dihan Keeve, 2 Matthew Swannevelder, 1 Piet van den Heever.

Hoërskool Klerksdorp t. Hoërskool Middelburg om 12:20 in Klerksdorp: 

Klerksdorp: 15 Brendin Mathyse, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 SG de Klerk, 3 Hanro Nel, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.

Middelburg: 15 Katlego Baloyi, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Rakale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Jane van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Khensani Buthelezi, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.