Bulties besielend, Hoopstad hoop 75 punte op

Hoërskool Bultfontein het vergoed vir verlede week se nederlaag teen Hoërskool Hoopstad met ‘n begeesterde vertoning waarmee hulle vir Bothaville met 18-12 kon troef.
Gideon Labuschagne het 13 van sy span se punte aangeteken, met ‘n doel en twee strafdoele, om die Bulties tot ‘n besielende sege te lei.
Hoopstad het nóg ‘n windmaker-vertoning gelewer om vir HTS Welkom met 75-0 te oorrompel.
Hennie Barnard was weer aan die spits van Hoopstad se aanslag met ‘n briljante driekuns, terwyl Marko Wolfaard en Jakes Human elk ook twee keer agter die doellyn gaan kuier het.
Wilgerivier het op hul momentum voortgebou met ‘n eensydige sege van 50-7 oor Wessel Maree. Die vurige Wilgie-flank, JD van den Berg, het twee keer bresse in die verdediging geslaan om sy span tot dié spogsege te dryf.
Henneman en Riebeeckstad het in ‘n klipharde sandveld-riller meegeding, met Hennies se staatmaker op losskakel, Travis van Wyk, wat die enigste punte van die kragmeting, met ‘n strafdoel, kon aanteken vir ‘n naelbytsege van 3-0.
Puntemakers:
Bultfontein 18 – Drieë: Gideon Labuschagne, Eddie Buys. Doelskop: Labuschagne. Strafdoele: Labuschagne (2). Bothaville 12.
Hoopstad 75 – Drieë: Hennie Barnard (3), Marko Wolfaard (2), Jakes Human (2), Adam Barnard, Barend Breyling, Sunny Singh, AP Meyer, FP Graham, AJ Brink. Doelskoppe: Busi Mfebe (4), Adam Barnard. HTS Welkom 0.
Wilgerivier 50 – Drieë: JD van den Berg (2), Louis de Villiers, Gerhardu Lourens, Eduardu Muller, Paseka Motsoeneng, Marnus Swart, Thlompo Motsapi. Doelskoppe: Wian Muller (4). Wessel Maree 7 – Drie: Kabelo Oliphant. Doelskop: Junior Moroke.
Henneman 3 – Strafdoel: Travis van Wyk. Riebeeckstad 0.
Ander tellings
o.19 – Wessel Maree II 27, Wilgerivier II 12; Bultfontein II 17, Bothaville II 0;
o.16 – Bothaville 35, Bultfontein 12.
o.15 0- Wilgerivier 53, Wessel Maree 0; Bothaville 24, Bultfontein 7.