Brandfort se Pieter Swanepoel Sportdag beloof weer hope vuurwerk
Die besoekers aan die 20ste jaarlikse Pieter Swanepoel Sportdag op Brandfort kan verwag om vanjaar weer deur plattelandse gasvryheid trakteer te word. Rugbyliefhebbers kan ook hul lippe aflek vir die belofte van opwindende hardlooprugby.
Die dag is na die gasheer, die Hoërskool Staatspresident Swart, se gewese skoolhoof wyle Pieter Swanepoel vernoem. Swanepoel het die dag in 2000 begin.
Die gasheer se eerstespan, die Foxies, spog met ‘n trotse rekord op die dag. Hulle het nog net een keer sedert die ontstaan van dié dag in 2014 teen Bothaville (29-14) die knie gebuig. Brandfort sal vanjaar in die hoofwedstryd van die dag teen die Hoërskool Parys te staan kom. Dit sal die derde keer sedert 2000 wees dat hierdie twee spanne mekaar in die hoofwedstryd op Page-park pak.
Die Foxies was in 2011 (59-0) en 2015 (28-16) baas oor die span van Parys.
Dit is nie net die Hoërskool Staatspresident Swart wie se gunsteling rugbyveld, Page-park, is nie. Grey-kollege van Bloemfontein is bekend vir hoe gedug hy op sy tuisveld is, maar daar is egter een veld waar dié skool se eerstespan met nog ‘n beter rekord mee spog. En dit is Page-park.
Grey het in sy vorige kragmeting op dié sportdag vir Goudveld-Hoërskool in slegs 40 minute met 111-0 afgeslag. Voor die slagting was Grey laas tydens die eerste sportdag hier in aksie en toe het hy vir Fichardtpark met 106-0 verneder. Grey se een hulpafrigter en voormalige skrumskakel van die Cheetahs, Tewis de Bruyn, sal daardie dag goed onthou. Hy het 26 van Grey se punte via 13 doelskoppe aangeteken.
Grey het wel ‘n veel moeiliker taak wat vanjaar op hom wag. Hy kom in die vernaamste voorwedstryd vir die hoofmaal teen Welkom Gimnasium te staan. In die sentrale streek was Gimmies die afgelope paar jaar die enigste span wat Grey-kollege teenstand kon bied. Die wedstryd beloof om vir hope opwinding te sorg.
Die bepalings is:
07:30 – Hoërskool Bloemfontein vs Marquard
08:30 – Sand du Plessis vs Theunissen
09:30 – President Steyn vs Bultfontein
10:30 – Hentie Cilliers II vs Grey College IV
11:30 – Grey College III (Peaches) vs Welkom Gimnasium II
12:30 – Louis Botha vs Hangklip
13:30 – Bothaville vs Aliwal-Noord
14:30 – Hentie Cilliers vs Grey College II (Cherries)
15:30 – Grey College vs Welkom Gimnasium
16:30 – Brandfort vs Parys
Hoofwedstryde van die vorige Pieter Swanepoel Sportdae:
2018 | Brandfort | 24 | Aliwal-Noord | 22 |
2017 | Brandfort | 32 | Hoërskool Kroonstad | 8 |
2016 | Brandfort | 33 | Wessel Maree | 5 |
2015 | Brandfort | 28 | Parys | 16 |
2014 | Bothaville | 29 | Brandfort | 14 |
2013 | Brandfort | 71 | Wessel Maree | 0 |
2012 | Brandfort | 52 | Parys | 7 |
2011 | Brandfort | 59 | Riebeeckstad | 0 |
2010 | Brandfort | 34 | Richardsbaai | 0 |
2009 | Brandfort | 26 | Hennenman | 12 |
2008 | Brandfort | 31 | President Steyn | 24 |
2007 | Brandfort | 31 | Fichardtpark | 15 |
2006 | Brandfort | 33 | Louis Botha | 12 |
2005 | Brandfort | 31 | Hoërskool Bloemfontein | 24 |
2004 | Brandfort | 25 | Zastron | 9 |
2003 | Brandfort | 51 | Ladybrand | 0 |
2002 | Brandfort | 21 | Hoërskool Bloemfontein | 20 |
2001 | Brandfort | ? | ? | ? |
2000 | Brandfort | 60 | Zastron | 0 |
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30