SuperSport Schools Plus

Brandfort maak gereed vir 18de Pieter Swanepoel Sportdag

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-03-09 Tags:

BrandfortDie Pieter Swanepoel/Bizhub Sportdag word Saterdag vir die 18de agtereenvolgende jaar deur die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort aangebied. Die gasheer sal in die hoofwedstryd van die dag teen Hoërskool Kroonstad op Page-park te staan kom. 

Brandfort se eerste rugbyspan het ‘n uitstekende rekord op sy sportdag en vanjaar se eerstespan sal op dit wil voortbou. Die gasheer het sy seisoen verlede week met ‘n klinkende sege van 32-6 oor Hennenman afgeskop. Brandfort se leierskorps is in sy lostrio met die kaptein, Kamo Tlale, wat langs die kant van die skrum sak, terwyl die agtsteman, Johan Muller, die onderkaptein is.

Die vernaamste voorwedstryd kan ook nie misgeloop word nie. Die Hoërskool Outeniqua van George se Kwaggas draf in die wedstryd teen Sentraal van Bloemfontein uit. Die Tralies het nou wel verlede Saterdag sy rieme met 7-37 teen Diamantveld in Kimberley styfgeloop, maar kan steeds nie deur die Kwaggas onderskat word nie. 

Die Hoër Landbouskool van Reddersburg sal ook behoorlik getoets word. Die span wat deur Dawie Pretorius en Christie Swarts gebrei word sal teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad kragte meet. Rooiskool het Dinsdag op Schoonspruit se jaarlikse sportdag in Klerksdorp ‘n Wesvalia XV-tal met 45-12 die loef afgesteek. 

Die span van Reddersburg het self op Fichardtpark se Clover Sportdag met ‘n naelskraapse sege van 19-18 oor De Aar gewys wat in hom steek. Rooiskool het op die dag vir Duineveld vir 14-3 verslaan. 

Die bepalings is: 

A-veld

08:05 – Martie du Plessis vs. Bultfontein
09:15 – President Steyn vs. Boshof 
10:25 – Bothaville vs. Parys
11:35 – Hennenman vs. Sand du Plessis
12:45 – AHS Kroonstad vs. Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter
13:55 – Louis Botha vs. Hentie Cilliers
15:05 – Outeniqua vs. Sentraal
16:20 – Brandfort vs. Hoërskool Kroonstad 

B-veld

15:40 – Wessel Maree vs. Theunissen

Hoofwedstryde van die vorige Pieter Swanepoel Sportdae: 

2016Brandfort33Wessel Maree5
2015Brandfort28Parys16
2014Bothaville29Brandfort14
2013Brandfort71Wessel Maree0
2012Brandfort52Parys7
2011Brandfort59Riebeeckstad0
2010Brandfort34Richardsbaai0
2009Brandfort26Hennenman12
2008Brandfort31President Steyn24
2007Brandfort31Fichardtpark15
2006Brandfort33Louis Botha12
2005Brandfort31Hoërskool Bloemfontein24
2004Brandfort25Zastron9
2003Brandfort51Ladybrand0
2002Brandfort21Hoërskool Bloemfontein20
2001Brandfort???
2000Brandfort60Zastron0

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.