SuperSport Schools Plus

Bowl-naaswenner voor Jeugland-toets, Gimmies reg om titel te verdedig


FOTO: Brian Callaghan.

Hoërskool Eldoraigne, naaswenner van verlede jaar se Bowl-afdeling, staar ‘n uiters moeilike uitdaging in die gesig met die aanvang van vanjaar se SDC Noordvaal Cup.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.superpsportschools.com) 

Die Drake skop hul veldtog af teen een van die vier nuwelinge in dié afdeling, Hoërskool Jeugland.

Jeugland, wat vir die afgelope paar jaar in die Skild-afdeling geboks het, is einde verlede seisoen na die Bowl gerelegeer, maar is steeds ‘n gedugte opponent. Al het hy nie elke slag gewen nie, het die span van Kempton Park nietemin indrukwekkend vertoon tydens die onlangse NWU Prestige-reeks.

Die Eldos, daarenteen, het bokant hul gewig geboks in die NWU Sportreeks en vir spanne soos Oos-Moot en Hoërskool Middelburg laat sweet.

Old School

Skrumskakel, Darren Bruwer, het deurgaans ‘n kritieke rol gespeel. Sy taktiese skopwerk, een van sy vernaamste wapens, sal egter uiters akkuraat moet wees, andersins kan daar probleme wees wanneer Jeugland se heelagter, Kokets Maphopa, en regtervleuel, Beya Nyathi, daarop antwoord met hul giftige teenaanvalle.

Voorlangs behoort ‘n woeste stryd by die afbreekpunte te woed, met albei oopkantflanke, Cameron Killian (Drake) en Joseph Ngomo-Ngoma (Jeugland) wat bedrewe baljagters is.

Die verdedigende kampioen, Potchefstroom Gimnasium, loods sy titelverdediging teen Hoërskool Ermelo, wat ‘n ietwat onbekende faktor inhou.

Die span van Potch pak die tog na Mpumalanga aan met ‘n jong span, wat belowend is vir die toekoms. Slegs agt van die Gimmies se 23-tal skryf vanjaar matriek. Senter en onderkaptein, Elrich Bosch, is een van die matrieks en was die held in verlede jaar se eindstryd, met sy kragtige lopies en dodelike aanvalslyne.

‘n Ander gunsteling in vanjaar se reeks, Potchefstroom Volkskool, het onder die eerste vier spanne in die NWU Prestige-reeks geëindig en begin sy Bowl-veldtog teen die ewe gevaarlike Bergsig Akademie. Die twee spanne het reeds vanjaar swaarde gekruis in Rustenburg, met die Volkies wat, danksy heelagter, Arno Nel, met een punt koning gekraai het. Nel sal weer fyn dopgehou moet word, vernaam wanneer hy by die agterlyn aansluiting vind.

Hoërskool Randburg verwelkom die laaste nuweling van die Bowl-afdeling, die onvoorspelpare Hoërskool Dinamika. Die Randburgers behoort oor te loop van selfvertroue na hulle onlangs puik vertoon het by sowel die St John’s Easter Festival as die Robday Bergsig-sportfees. Agsteman, Curwin Hill, was tot dusver hul groot uitblinker en behoort weer hierdie naweek die pas aan te gee.

Die spanne: 

Eldoraigne t. Jeugland om 13:30 in Centurion: 

Eldoraigne: 15 MJ Buitendag, 14 Tristan Lee, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Esdee Kotze, Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Jadon van Rooyen, 3 Chase Wessels, 2 Jean de Villiers, 1 Wian White.

Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Hoërskool Ermelo t. Potchefstroom Gimnasium in Ermelo: 

Hoërskool Ermelo: TBC 

Potchefstroom Gimnasium: 15 Joshua Pretorius, 14 MJ Potgieter, 13 Jandré Oosthuizen, 12 Elrich Bosch, 11 Rebaone Moalosi, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Rynel Rautenbach, 6 Reuel Potgieter, 5 AP Muller, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

Potchefstroom Volkskool t. Bergsig Akademie in Potchefstroom: 

Potchefstroom Volkskool: 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink

Bergsig Akdemie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehous, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

Hoërskool Randburg t. Dinamika in Randburg: 

Hoërskool Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Bradley Burcher, 13 Eduan Bakkes, 12 Zander Drake, 11 Josh Wigget, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Curwin Hill, 7 Zander van Tonder, 6 Victor van Blerk, 5 Branden Peterson, 4 Phillip Rykaart, 3 Malan van Heerden, 2 Dietlov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.