SuperSport Schools Plus

Bothaville, Hoopstad, Wilgerivier en Hennenman spook sake vir plek in Sandveld-eindstryd uit

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-07-22 Tags: , , , ,

PHOTO: Marnus Prinsloo

Welkom Gimnasium hervat hul seisoen hierdie Saterdag waneer hulle vir Duineveld in Welkom onthaal, terwyl die Sandveld spanne by die Noordwes-stadion meeding vir ‘n plek in die eindstryd.

Vang al die aksie op SuperSport SchoolsRegistreer nou

Welkom Gimnasium beleef ‘n baie indrukwekkende seisoen tot dusver, en kon veral op hul tuisveld al baie sterk vertonings lewer.

In hul laaste agt wedstryde het die Gimmies sewe keer meer as 40 punte teen hul opponente aangeteken, en het slegs die een wedstryd naelskraaps met ‘n enkele punt 17-16 teen Glenwood verloor by die Absa Wildeklawer-toernooi in Kimberley.

Hul losskakel, Renaldo Kiewiet, het as die voorste puntemaker by die Cravenweek in George geeindig, waar die veelsydige spelbreker 48 punte vir die Griffons kon aanteken. Kiewiet kon vyf drieë aanteken, wat ook die tweede meeste drieë vir ‘n speler was.

Welkom Gimnasium is egter sonder van hul senior spelers die week, so Kiewiet begin op heelagter en sy skrumskakel, Julian Samuels, neem oor op losskakel.

Hul Cravenweek slot Jayden Auld, is nog spelers om ‘n oog op te hou hierdie naweek. Hy en die Griffons se Cravenweek kaptein, die haker, Danté Smith, is albei gevaarlik rondom die losgemaal en dit behoort te sorg vir ‘n goeie stryd teen Duineveld se losvoorspelers, wie ook ‘n groot rol in hul span se spel speel.

Die Gimmies vermaak hul ondersteuners nog heel seisoen met opwindende hardloop-rugby en pragdrieë en die besoekers sal hul storie moet ken om te verhoed dat hulle die volgende naam op Welkom Gimnasium se lysie van groot seges hierdie seisoen word.

Duineveld se flank, Alek Andrianatos en slot, Gert-White Grobbelaar was voor die vakansie twee van hul uitblinkers.

Die Velties se voorspelers sal hard moet werk om te keer dat die tuisspan die spel om hul tempo speel.

In hul laaste wedstryd voor die vakansie het Duineveld met 30-15 teen Diamantveld verloor, maar die week voor dit het hulle in ‘n riller teen Noord-Kaap karakter gewys om daardie wedstryd 18-15 wen.

Die Sandveld-Liga se halfeindrondtes vind ook Saterdag plaas by die Noordwes Stadion in Welkom.

Hoopstad speel teen Bothaville vir ‘n plek in die eindstryd, terwyl Wilgerivier en Henneman mekaar ook pak om te bepaal wie aanbeweeg.

Die finale wedstryd van die dag is dan die Sandveld B-Liga eindstryd waar Salomon Senekal van Viljoenskroon vir Winburg die stryd aansê.

Die spanne is:

Welkom Gimnasium t. Duineveld om 12:30

Welkom Gimnasium: 15 Ronaldo Kiewiet, 14 Kamohelo Mokoena, 13 Taschon Meas, 12 Mojalefa Mathoka, 11 Jayden Weideman, 10 Julian Samuels, 9 Bokang Lesenyeho, 8 Ethan Jones, 7 Raylen Kirsten, 6 Lawrence Lamine, 5 Jayden Auld, 4 Ruan Greyling, 3 Keanen August, 2 Danté Smith, 1 Buchle Mxhabai.

Duineveld: 15 Gregon Jansen, 14 Jaqcuin Jasson, 13 Henry Page, 12 DJ Wandrag, 11 Shamaro de Klerk, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Wihan Liebenberg, 7 Alek Andrianatos, 6 Freddie Collen, 5 Gert-White Grobbelaar, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Rayvain Wessels, 1 Chris Honnibal.

Sandveld halfeindrondte bepalings: 11:45 – Hoopstad t. Bothaville; 13:15 – Wilgerivier t. Henneman.

Sandveld B-liga eindstryd: 14:45 – Salomon t. Winburg

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.