Boland Landbou ploeg voort danksy boulers

Na dit aanvanklik gelyk het asof Boland Landbou in die moeilikheid was teen Helpmekaar op die derde dag van die HJS Krieketfees, was dit Tiaan Ryke (3/4) en Francois Prins (3/18) se boulwerk wat deurslaggewend was vir die boere.
Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools Sport – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Boland Landbou se eerste drie paaltjies het vroeg gekantel, met Henno Steyn wat amok gemaak het onder die aanvangskolwers.
Marius du Plessis kon egter sy ritme vind om ‘n belangrike 50 aan te teken en sy span tot by 134 aan te help. Lyle Lewis het ook gedoen wat nodig was as die laaste Boland kolwer om nog 24 by te las.
Met ‘n lae telling van 134 om te jaag het Helpies die Kaapenaars in hul visier gehad, maar die Boland Landbou boulers het ‘n onvergeetlike wedstryd beleef om die besoekers vir 85 uit te boul.
Met Helpmekaar op ‘n stadium op 3/3 was dit duidelik dat die tuisspan nie sommer in die agter-Paarl die knie sal buig sonder om te veg nie.
Ryke en Prins het uitstekend kombineer om ses paaltjies te laat kantel, en Gunther Schmidt se 2/29 het gehelp om die oorhand vroeg aan Boland Landbou te besorg.
Sondag pak Boland Landbou vir Montana aan in hul laaste wedstryd by die jaar se byeenkoms.
Paarl Gimnasium en Cornwall Hill College was ook Saterdag in ‘n riller betrokke.
Vyftigtalle deur Willem Matthee (62) en Charles King (53) het vir Gim tot by 241 gekry voordat hul tiende paaltjie met die voorlaaste bal in vyftigste boulbeurt geval het.
Met hul teenstanders uit Centurion op die blad was dit Louis Koen wat vir die Gimmies eerste bloed getrek het, maar Amogelang Tshoagong kon kalm bly om Cornwall Hill weer op koers te kry met ‘n onbewoë 64 lopies.
King en De Waal Vivier was aan die voorpunt van die Gimmie aanval, maar Mohammed Rasool het nog een laaste sterk poging aangewend om die besoekers oor die lyn te dryf deur om 77 lopies aan te teken. Dit was egter nie genoeg nie en die Gautengers kon slegs 227/8 in hul kolfbeurt saamslaan, 14 lopies minder was wat Paarl Gim bemagtig het.
Anton Stassen (114*) en Charl Prinsloo (74*) was onstuitbaar vir Centurion en kon binne die 35ste beurt Diamantveld se 233/9 afjaag om oorwinning aan die Woeries te besorg.
Stassen het ‘n uitstekende beurt gespeel en kon 11 sesse klap om sy hondertal in slegs 72 aflewerings te haal.
Marais Viljoen het, met Jayden Govender se 106, ‘n stewige 280/7 teen Curro Durbanville behaal.
Nathan Coleske (4/13) en Raynhard Kruger (3/28) kon toe die tuisspan se kolwers help uitroei binne 30 boulbeurte om die sege vir die manne van Alberton te verseker.
Keenan Shaw het vier Durbies platgetrek in Hans Moore se oorwinning oor Hoërskool Durbanville.
Die Hoërskool Outeniqua het hul eerste wen van die naweek verdien teen Hoërskool Bellville danksy Trent Huisamen se 5/28.
Met 172 om agterna te sit het Joof Enslin 44 lopies bygedra, en Daniel du Plessis 37 lopies, voordat Huisamen hulle oor die lyn kon dryf en klaar te maak wat hy met sy boulwerk begin het.
Sondag word die laaste kragmeting van die jaar se byeenkoms afgehandel, met Boland wat vir Montana aanvat en Hoër Jongenskool Paarl teen St John’s College wat van die hoogtepunte van die naweek kan wees.
Beknopte telkaarte | Dag 3
Boland Landbou 134 (Marius du Plessis 50, Lyle Lewis 24; Henno Steyn 2/10, Anrich Liebenberg 2/24); Helpmekaar 85 (Henricus Meyer 16, Juan Minnaar 16; Tiaan Ryke 3/4, Francois Prins 3/18, Gunther Schmidt 2/29). Boland Landbou wen met 49 lopies.
Paarl Gimnasium 241 (Willem Matthee 62, Charles King 53; Extras 28, De Waal Vivier 23; Oliver Richards 2/18, Trent Hardie 2/26, Obakeng Mokonyane 2/45); Cornwall Hill College 227/8 (Mohammed Rasool 76, Amogelang Tshoagong 64; De Waal Vivier 3/48, Charles King 2/25). Paarl Gimnasium wen met 14 lopies.
Diamantveld 233/9 (Kaiden van Wyk 55, Aiden Jacobs 44, Luhan de la Rey 42, Ekstras 23; Wouter Kielblock 3/37, Rehan Lues 2/37, Charl Prinsloo 2/44); Centurion 239/3 (Anton Stassen 114*, Charl Prinsloo 74; Luhan de la Rey 2/36). Centurion wen met sewe paaltjies.
Hans Moore 166 (Zander Swart 39, Xavier Swart 31, Ekstras 25; Jan Kriel 2/10, Tobie Roelofse 2/12, Divan Bosman 2/35); Hoërskool Durbanville 111 (Perrie du Toit 38, Noah Jansen 25, Jan Kriel 25; Keenan Shaw 4/20, Brenton Francis 3/37, Kyle Wratten 2/15). Hans Moore wen met 55 lopies.
Marais Viljoen 280/7 (Jayden Govender 106, Tristan Thom 41, Aldré Huyzers 35, Nathan Coleske 28*; Caleb Jonkers 2/18); Curro Durbanville 134 (Vaughan Flanigan 25, Daniyaal Klinck 24, Ekstras 23; Nathan Coleske 4/13, Raynhardt Kruger 3/28). Marais Viljoen wen met 146 lopies.
Hoërskool Bellville 172 (Owen Kretschmer 62, Ekstras 30, André Bernhardt 25; Ruald Coetzee 21; Trent Huisamen 5/28, Stefan May 3/25, Nathan Best 2/37); Outeniqua 176/5 (Joof Enslin 44, Daniel du Plessis 37, Extras 36, Trent Huisamen 27*, Wian van den Heever 2/35). Outeniqua won by five wickets.